Slag messe

Post Reply
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Slag messe

Post by Shindzela (Pierre) »

Goeie dag.

Ek sal graag almal se opinies wil hoor oor ordentlike slag mes of mes stelle. Het so bietjie op die net rond gekyk, en lyk my daar is nie veel behalwe die Shibazi se 2 stelle nie?

P
Life's a journey, enjoy the ride!
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Slag messe

Post by Drenalinjunkie »

Shindzela wrote: Goeie dag.

Ek sal graag almal se opinies wil hoor oor ordentlike slag mes of mes stelle. Het so bietjie op die net rond gekyk, en lyk my daar is nie veel behalwe die Shibazi se 2 stelle nie?

P
Kontak vir Steve Mackrill en laat hy vir jou n custom stel messe maak. As jy na hulle kyk sal hulle jou n leeftyd hou! Google hom net
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Slag messe

Post by iceman1982 »

P,
Probeer maar gerus Brusletto. Hule word gemaak in Norwie, maar ek kan hulle in die hande kry. Dis maar nou n mes vir n leeftyd en hou sy lem regtig goed. Soek hulle op die net. Hulle het verskillende messe vir verskillende doeleindes. Ek gebruik die "Trol"

Groete
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Slag messe

Post by Christo »

Shindzela wrote: Goeie dag.

Ek sal graag almal se opinies wil hoor oor ordentlike slag mes of mes stelle. Het so bietjie op die net rond gekyk, en lyk my daar is nie veel behalwe die Shibazi se 2 stelle nie?

P
Klink dalk snaaks maar ek het so paar jaar terug 3 of vier stelle messe gekoop in so grys plastiek tassie by Pepstores vir R 29.00 elk. Gedink as ek een elke jaar gebruik sal dit 'n bargain wees. So GOEDKOOP dat dit ook nie saakmaak as iemand anders daarmee slag nie, en die skerpmaak is ook sommer met een van die Crown trek slypers/skermakers. Wel, daai eerste stel is nog in gebruik en ek het laas jaar nog een oopgemaak om meer messe te h? as die vrou en kinders ook help en hulle hou steeds.

Dit is lekker om 'n mooi, goeie, duur mes te h? om mee self te slag, maar die cheapies doen die ding net so goed en jy hoof nie die hele tyd polisieman te speel dat hulle "wegraak" nie.

Ek het vir my wel 2 goeie fillet messe gekoop waarmee net ek werk. Dit is nodig dat 'n filletmes persoonlik bly, sy lem is darem net te dun dat iemand anders hom gaan opfoeter.

En vir die veld is my JARACAL handgemaakte, unieke, besonderse, enig in sy soort,.....ek kan aan en aangaan, mes iets soos 'n verlenging van my persoonlikheid. Hy is soos 'n stukkie van my hart.  :angel:
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Slag messe

Post by Francois Marais »

Christo

Sit met n kas vol messe, maar die beteres is net soos jy se.......
mes iets soos 'n verlenging van my persoonlikheid. Hy is soos 'n stukkie van my hart.
Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Slag messe

Post by Andy »

Christo,

Die beste is maar 'n plek soos sharp edge in Sandton City. HUlle het iets van alles en hulle pryse is redelik. By hulle kan jy ook 'n goei idee kry van hoe die mes moet wees wat jy soek as jy 'n custom een wil laat maak.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Slag messe

Post by Shindzela (Pierre) »

My alie brand vir die Shibazi. Lyk soos n nuttige stel, in sy eie oprol sakkie als. Daar is 2 opsies, 4 en 6 messe met n skerpmaker. Die 6 stel is net oor die R5oo.oo. Ongelukkig jag ek nie gereeld genoeg nie (na my sin!).

Het iemand dalk ervaring met die maak?
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Slag messe

Post by Christo »

Shindzela wrote: My alie brand vir die Shibazi. Lyk soos n nuttige stel, in sy eie oprol sakkie als. Daar is 2 opsies, 4 en 6 messe met n skerpmaker. Die 6 stel is net oor die R5oo.oo. Ongelukkig jag ek nie gereeld genoeg nie (na my sin!).

Het iemand dalk ervaring met die maak?
Ons het nie 'n rede nodig vir iets soos die messe stel nie. Koop hom net!!!! Dit sal lank na jy dit gekoop het steeds voel soos 'n bargain. Dis manwees op sy beste.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply