betroubare en goeie geweersmit

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Frans E
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Jul 15, 2014 10:04 am

betroubare en goeie geweersmit

Post by Frans E »

Het iemand enige iemand n goeie en betroubare geweersmit se naam en nommer virmy asb. Ek al n paar slegter ondervindings gehad met bekende manne. Sal nooit weer terug gaan na hulle n man se roer is deel van jou mens wees en die manne moet perfek werk met jou roer
Dis soos n hart specialist mens gaan tog nie na enige ou toe nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by tripodmvr »

Welkom Frans E en jy klink omgekrap. Jy moet darem verklaar van waar jy is sodat die regte manne kan reageer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Tampie »

Bly net in hemelsnaam weg van Paul Nothnagel in Kroonstad. Sterkte.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Frikkie Coetzee »

Tampie. Hoekom se jy so? Ek het al baie goeie dinge van hom gehoor en my handelinge met hom was altyd bevredegind.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by spekieries »

Paul Notnagel het vir my RSA aksie 'n loop opgesit en die geweer "getrue". Die geweer skiet baie akurater as wat ek kan skiet. Ek het lank gewag maar sy werk volgens my was van hoogstaande gehalte.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Ralph Badenhorst »

Frans E wrote:Het iemand enige iemand n goeie en betroubare geweersmit se naam en nommer virmy asb. Ek al n paar slegter ondervindings gehad met bekende manne. Sal nooit weer terug gaan na hulle n man se roer is deel van jou mens wees en die manne moet perfek werk met jou roer
Dis soos n hart specialist mens gaan tog nie na enige ou toe nie.
Frans

Vertel meer oor jou geweer se probleem/e. Baie wapensmede wat spesialiseer op verskillende wapens en gebiede in SA. DAn sal ons jou na die regte man toe verwys.

Groete

Ralph jr.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by BRNO (Pierre) »

Manne, Frans was Dinsdag laas hier op die forum toe hierdie sy eerste post was. Hier is geen meer inligting van waar hy is, of wat sy probleem is nie, en ek reken ook nie hy gaan kom se met wie hy n probleem het nie, of dalk is ek verkeerd.
Veiligheid eerste manne!
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Tampie »

Gromit, Paul het vir my 223 sako 'n Krieger loop opgesit na die oorspronklike loop uitgeskiet was en ook 'n halfgat poging aangewend tot n gelamineerde thumbhole kolf. Sy werk was laaaaaat, slordig en oor die algemeen net power! Die kolf het soos 'n laerskool seuntjie se houtwerk projek gelyk en die aksie was skeef in die kolf gebed. Die knaldemper se skroefdraad was los gesny, die sneller wat ek gevra het op 1 pond gestel moes wees was op vier pond en opgedonner en so kan ek aangaan... Vir die swak diens het hy my R15k laat betaal VOOR ek die geweer kon gaan haal en hy was geriefliksheidhalwe afwesig die dag toe ek dit wel doen. Ek het Paul probeer bel en vir hom n epos gestuur wat hy net geignoreer het. Die geweer is toe twee maande later na Chris van Armtec wat vir my 'n nuwe kolf gebou het, die geweer geceracote het, die sneller reggemaak het en ook die silencer oor gefit het. Chris se werk en diens is van uitstekende gehalte en ek sal Armtec aanbeveel vir enigiemand wat werk gedoen wil he.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Frikkie Coetzee »

Dis jammer om te hoor. As man droog
Aak moet jy Pa staan vir jou foute. Maarelke storie het twee kante en ek sal graag albei wil hoor.
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Tampie »

Sal vir my ook interessant wees om sy kant van die storie te hoor. Steeds redelik GV oor die ekstra R10k wat ek moes uithaal om die geweer reg te laat maak... Groete.
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by CarelG »

Ja nee Tampie daai maak seer, jy kon n splinternuwe Sako gekoop het met daai 25k. Ek moet byvoeg ek het in 2010 vir my n .243 laat bou by Paul en ek is vandag nog baie tevrede met die roer en hy skiet n hond uit n bos! Op my aanbeveling se ek toe vir een van my beste vriende in 2012 hy moet vir hom ook n geweer (6.5x284) laat bou by Paul. Hyt ook baie lank gewag en ons sukkel al vir 300 skote om n groepering te kry...ergste van als is dat Paul nie eintlik wil help as ons hom bel en vra waar kan die fout wees nie. Ons is toe na n ander geweersmid toe met die geweer en hy was geskok toe hy die werk sien....aksie ook skeef gebed...sneller ens. Nou sit ek met eier op my gesig en my vriend is al gatvol vir n roer wat hom n arm en n been gekos het!

Ek weet daar is baie puik geweersmede daar buite maar ek sal nie gou weer iemand verwys nie en het self maar my nuutste geweer (.260 Sako) eerder by S&O van die rak af gekoop, kos dieselfde as bou ;D
Frans E
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Jul 15, 2014 10:04 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Frans E »

Hi Julle ekskuus, ek het gejag en was op plaas met geen syn. My dood geloop en nie my kudu gekry hahaha.
ek het n brno .270Win die ZZK600 dit was my pa se geweer en hy baie met hom geskiet ek self baie met hom al geskiet en geweer kort nou n nuwe loop, ek wil die teleskoop se monteering styl verander, so ek wil laat tap en dril bo op geweer sodat ek die selde tipe base en rings op sit soos die remington en howa gewere. oorsrpronlike base en rings is te duur ,kan dit ok net laat invoer en die van lynx werk nie lekker dit skyf. So tap en dril gaan maar die beter opsie wees glo ek, en met die nuwe teleskoop sukkel ek met eye relief en die spul staan te hoog.
O ja en ek is skoon omgeskik ek is van die Oos Kaap en woon in Queenstown.

Vriendelike

Groete

Frans Erasmus
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Ralph Badenhorst »

Frans E wrote:Hi Julle ekskuus, ek het gejag en was op plaas met geen syn. My dood geloop en nie my kudu gekry hahaha.
ek het n brno .270Win die ZZK600 dit was my pa se geweer en hy baie met hom geskiet ek self baie met hom al geskiet en geweer kort nou n nuwe loop, ek wil die teleskoop se monteering styl verander, so ek wil laat tap en dril bo op geweer sodat ek die selde tipe base en rings op sit soos die remington en howa gewere. oorsrpronlike base en rings is te duur ,kan dit ok net laat invoer en die van lynx werk nie lekker dit skyf. So tap en dril gaan maar die beter opsie wees glo ek, en met die nuwe teleskoop sukkel ek met eye relief en die spul staan te hoog.
O ja en ek is skoon omgeskik ek is van die Oos Kaap en woon in Queenstown.

Vriendelike

Groete

Frans Erasmus
Frans

Plaas n paar fotos van jou ZKK600 as jy kan.

Ek gaan dit nie aanbeveel om daai aksie te probeer boor en tap nie - die aksie se metalugiese eienskappe gaan maak dat jy n goeie kans het om die boor af te breek in die aksie of gladnie eers kan boor nie . Brno/CZ aksies het n recoil stop aan die linkerkant van die agterste aksie brug (klein vierkant gleef in die aksie) - van die beste/betere monteerings vir CZ/Brno is maar Warne Mounts met n recoil stop in. Sien aangehegde fotos.

Groete

Ralph
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Frikkie Coetzee »

Frans. Gaan sien vir Charles by Komani Guns.

Ralph het jou die antwoord. Dis goedkoper ook.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Ralph Badenhorst »

Gromit wrote:Frans. Gaan sien vir Charles by Komani Guns.

Ralph het jou die antwoord. Dis goedkoper ook.
Stem saam en geen kans dat n geweersmid jou mooi Brno gaan skeef boor en tap nie.
Frans E
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Jul 15, 2014 10:04 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Frans E »

Dankie Ralph ek sal vir Charls vra vir die warn mounts. Jy se hulle goed en hulle sal werk. Want ek sit hier met thor en lynx wat nie werk nie. En Die loop vevanging hoe kies ek die regte loop. Ek wil net akuraat bly skiet soos wat die ou kerl kon skiet. Ek sien daar baie lope om van te kies. Oom rolf in die baai altyd my gehelp maar ek hoor hy het sig in een oog vloor so ek weet nie watter geweer smit om nou te kies. Maar baie dankie vir julle raad en advies. Dit help my baie. Dankbaar.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Ralph Badenhorst »

Frans

Daar is deesdae n groot keuse van Premium lope beskikbaar in SA - keuse is joune. Chrom molly lope(swart lope) is daar Truvelo, Walther,Pacnor beskikbaar en pryse wissel maar so shop rond - kry n betroubare wapensmid om hom vir jou in te sit. Jy gaan moet aansoek doen vir n loop vervanging en nuwe lisensie vir die loop. As jy die geweer wil gebruik vir jag sal ek altyd n standaard twist aanbeveel maar as jy die geweer gaan skiet met n spesifieke koeel in gedagte is hier baie manne wat jou goeie herlaai en twist aanbeveelings sal gee en ongelooflik baie ondervinding het.

Standaard twist volgens Triebel is n 1/10.04"

Groete

Ralph
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by andre007 »

Welkom Frans, is dit nou Fransie van die Bloedbank?. Ek kan vir Johan van Rensburg aanbeveel. Hy's so halfpad tussen Cradock en Graaf Reinette. Gaan jou sy nr W app
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Frans E
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Jul 15, 2014 10:04 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Frans E »

Ralph baie dankie vir jou raad, so bly ek met jou gesels ja soek standaard twist en wk sal maar kyk na die loop wat ek kan kry ek het n pacnor in Bloem gesien so sal maar kyk. Hallo Andre ja dis ek
Groete julle en dankie vir goeie raad.
User avatar
GerrieM
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Wed Sep 03, 2014 9:39 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by GerrieM »

Ek het maar op die eina manier uit eindelik goeie geweersmede gevind.

Ek het 2 maande terug my nuwe Tikka T3 Hunter 300WSM by Safari & Outdoor gekoop en sommer direk by Morkel & Crause ingegee vir teleskoop op sit, recoil pad, recoil breaker, glass bedding, pillar bedding en crown. Ek het nie eers 'n gedagte daaraan gegee dat hulle dalk 'n gemors daarvan kan maak nie.

Om 'n lang storie kort te maak, hulle het my nuwe geweer en kolf totaal opgeskroef en my R5490 daarvoor laat betaal. Ek my geweer by 'n hele klompie eksperts gehad en hulle het almal bevestig dis 'n gemors. ARMS het dit vir my probeer regmaak, maar die uiteinde is toe 'n nuwe geweer en kolf.

My profiel foto wys die Thor ringe wat hulle verksaf en ge"lap" het. Hulle het dit so bo en onder ge"lap" dat dit geen houvas op my teleskoop gehad het nie en so met die toets skote wat ek geskiet het het my nuwe teleskoop sleg skade gekry.

Morkel & Crouse neem geen verantwoordelikheid nie.

Wees dus maar uiters versigtig.
.416 Rigby CZ 550
300WSM Tikka T3
300WSM Broughton
.223 Rem Howa
9mmP Sig Sauer P290
12ga Franchi Steel 30"
12ga Protecta
.22LR CZ Evolution
.17 HMR CZ Evolution
.17 Hatsan Galatian
.17 Weihraugh HW40
.17 Zuraki HP-01
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Drenalinjunkie »

GerrieM wrote:Ek het maar op die eina manier uit eindelik goeie geweersmede gevind.

Ek het 2 maande terug my nuwe Tikka T3 Hunter 300WSM by Safari & Outdoor gekoop en sommer direk by Morkel & Crause ingegee vir teleskoop op sit, recoil pad, recoil breaker, glass bedding, pillar bedding en crown. Ek het nie eers 'n gedagte daaraan gegee dat hulle dalk 'n gemors daarvan kan maak nie.

Om 'n lang storie kort te maak, hulle het my nuwe geweer en kolf totaal opgeskroef en my R5490 daarvoor laat betaal. Ek my geweer by 'n hele klompie eksperts gehad en hulle het almal bevestig dis 'n gemors. ARMS het dit vir my probeer regmaak, maar die uiteinde is toe 'n nuwe geweer en kolf.

My profiel foto wys die Thor ringe wat hulle verksaf en ge"lap" het. Hulle het dit so bo en onder ge"lap" dat dit geen houvas op my teleskoop gehad het nie en so met die toets skote wat ek geskiet het het my nuwe teleskoop sleg skade gekry.

Morkel & Crouse neem geen verantwoordelikheid nie.

Wees dus maar uiters versigtig.
My swaer het sy 6.5x55 Tikka by Morkel & Crause ingehandig want ek was uit die land uit en hy was haastig om die geweer aan die skiet te kry. Nodeloos om te se hulle het hom byna R500 gevra om die teleskoop te monteer.

Toe hy my die geweer wys to kraam ek byna n baba! Die ringe was nie eweredig vas getrek nie en die kruis haar was skeef gemonteer. Ek offer toe om hom te help om dit reg te stel. Met die ringe los draai het ek opgelet dat die skroefies nie eweredig styf vas gedraai was nie. Die ergste van alles is toe ek die eerste ring af haal toe sie ek hulle het nie eers die lapping compound afgevee voordat hulle die teleksoop gemonteer het nie! Die binnekant van die ring was swart met heelwat compound op. Sy teleskoop se afwerking was beskadig asgv die.

Ek spandeer baie geld op die regte toerusting om so veel moontlik self te kan doen. Die het weereens net bevestig dat diens in SA net al hoe meer agteruit gaan. Mense is nie meer trots op hulle werk nie en alles gaan oor "turnover".
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Drenalinjunkie »

Jammer, voor eg vergeet. Daar is wel puik geweersmede in RSA. Elke man het sy sterk punte en swak punte. As n voorbeeld sal ek nie n klassieke Engelse geweer laat bou by Terry Harrisson nie maar wel n taktiese lang afstand geweer ens. Vir klassieke gewere sal ek by manne soos Danie Joubert en Steve Fourie bly wat uiters talent vol in die veld is.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by Giepie »

Ek weet nou nie wat se invloed Stephan by Morkel en Crouse het nie, maar ek is ook nie besonders beïndruk met hulle werk nie.

Maar ek kan seker maar dan dieselfde sê van Paul Nothnagel in Kroonstad. Aan die een kant goeie werk, maar dan weer swak met 'n volgende. Een bou die kolf, pragtige kolf, maar is nie meer akkuraat nie. Die ander een bed dit, maar is steeds nie sou akkuraat nie. Ek vat dit toe na 'n vriend, Gerrie van Sudami, hy haal dadelik die kolf af en wys waar druk dit nog waar dit nie moet nie. Ek vat toe net so paar plekke hout weg, net so mm, en skielik is dit 'n ander geweer, skiet nou klein groepies.

Ek wil nou 'n Silent Hunter op die 270 sit, maar is versigtig waar ek dit sal laat doen. Dalk maar Arms toe vat.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by 470rigby »

'n Goeie vriend van my het die swakste moontlike werk en diens by Arms gekry. Toe hy daaroor gaan kla, wou die een groot ou hom sommer regsien met die vuiste. Dis 'n waar storie!
User avatar
dsmerrills
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm

Re: betroubare en goeie geweersmit

Post by dsmerrills »

470rigby wrote:'n Goeie vriend van my het die swakste moontlike werk en diens by Arms gekry. Toe hy daaroor gaan kla, wou die een groot ou hom sommer regsien met die vuiste. Dis 'n waar storie!
I had the same problems, there work used to be good until they became so busy! If it's still like that I'm not sure?
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
Post Reply