Impi !!!!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Impi !!!!
Jitte manne het gisteraand begin oefen doen 19 Oktober die CPT Impi. Het iemand dit al gedoen (GP of CPT)? My bene is bietjie styf vanoggend. EK was nog nooit so onfiks of dik nie 100kg se waggelende boerseun 
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Impi !!!!
Ek het laasjaar die CPT een gedoen. Dit was verskriklik lekker! Maar ja jy moet n bietjie fiks wees.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Impi !!!!
Paar van ons forum manne het die Warrior Race gedoen so maand of 2 terug. Dit was vrek lekker!
Hier is 'n album:
https://www.facebook.com/geno308/media_ ... 993&type=3
https://scontent-a-mxp.xx.fbcdn.net/hphotos-xaf1/t1.0-9/1610109_10152066785406994_4155545248916420134_n.jpg
Katefbessie en De Beer
https://scontent-b-mxp.xx.fbcdn.net/hphotos-xpf1/t1.0-9/10325670_10152066784556994_8717260553618541688_n.jpg
G-Force
https://fbcdn-sphotos-f-a.akamaihd.net/hphotos-ak-xpa1/t1.0-9/1017743_10152066784721994_4033843584715323944_n.jpg
Ek
https://scontent-a-mxp.xx.fbcdn.net/hphotos-xpa1/t1.0-9/10320500_10152066784761994_3586505356682161434_n.jpg

Goed, beter, 6millimeter!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Hoe rof is die obsticles? Meot ek begin ysters pomp????????
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Impi !!!!
Ek en Katefbessie het niks geoefen voor die tyd nie.
Die manne in ons span wat fiks was het baie beter as ons gedoen. Ek glo as jy cardio doen sal jy fine wees. Die ligte manne het baie beter gevaar as die spiertiere.
Die manne in ons span wat fiks was het baie beter as ons gedoen. Ek glo as jy cardio doen sal jy fine wees. Die ligte manne het baie beter gevaar as die spiertiere.
Goed, beter, 6millimeter!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Impi !!!!
Dit lyk soos die Adventure races van so paar jaar terug Bergfiets hardloop swem (het eenkeer deur die Vaal rivier geswem in die middel van die winter daar by Hakuna in die Dome) lekker maar tough en leer jou van spanwerk
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Ek is so styf vandag ek dink ek gaan my vrou moet vra om my veters vanaand los te maak......oja gelukkig dra ek JR's sonder vetersGeno wrote:Ek en Katefbessie het niks geoefen voor die tyd nie.
Die manne in ons span wat fiks was het baie beter as ons gedoen. Ek glo as jy cardio doen sal jy fine wees. Die ligte manne het baie beter gevaar as die spiertiere.
Nees ek kan nie in 'n Gym in nie(nie dat ons een het op Tulbagh nie), maar geniet hol so ek sal maar hol en so nou en dan MTB ry.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Impi !!!!
Ai ek is bly ek het nog nie die pad byster geraak nie? Seker maar om ek te oud is vir sulkel mannevales!?he he! In die army was dit gaga hoe kan dit nou lekker wees?Oe ja julle was nooit in die army nie!!!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Impi !!!!
ek het gister aand 10 keer om die blok gedraf
gelukkig is dit nog die klein blokkie so ek kon hom nog onder die bed in skop

gelukkig is dit nog die klein blokkie so ek kon hom nog onder die bed in skop
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Nee Oom ek was in privaat Avontuur program vir 12 maande. Elke oggend 5 uur PT en baie hindernis en avontuur wedrenne tydens die jaar. Ek is nie vreeslik oorgewig nie, maar mens moet dadelik reg wees om 'n Kudud in die berge te kan jag of daai brand in die somer te kan pakgee teen die hange. Tans is ek moeg as ek vinnig opstaan. Die mesnlike liggaam moet so nou en dan suffer dat jy weer kan voel jy is in meer tot staat as wat jy dink.mariusr wrote:Ai ek is bly ek het nog nie die pad byster geraak nie? Seker maar om ek te oud is vir sulkel mannevales!?he he! In die army was dit gaga hoe kan dit nou lekker wees?Oe ja julle was nooit in die army nie!!!
My sussie het sopas die Comrades gedoen en voor dit die Vol Iron Man ek is nou nie so laf nie, maar ek wil darem nog met my kinders gaan balskop en surf ens.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Faas
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sat Aug 31, 2013 1:45 pm
Re: Impi !!!!
Ek doen ook die Impi
Het na gister middag se afval pot en bottel wyn besluit ek begin vanaand oefen!!!!
Sterkte met die training Tau! hoop om jou daar te sien!
Faas
Het na gister middag se afval pot en bottel wyn besluit ek begin vanaand oefen!!!!
Sterkte met die training Tau! hoop om jou daar te sien!
Faas
Francois Coetzer
.22 cz
.22stevans
303 lee enfield
.303 mauser
6.5x57 BRNO
308 voere
243 tikka,
300WM howa
.22 cz
.22stevans
303 lee enfield
.303 mauser
6.5x57 BRNO
308 voere
243 tikka,
300WM howa
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Lekker Faas. Voorspoed met jou voorbereiding.
Na twee weke se goed begin het ek 'n tipe brongitus bors gekry wat my al 14 dae beet het. My vrou stap tans die Vis rivier staproete so ek is bang sy gaan my weghol op die Impi.
My hardloop skoene staan hier by die werk en die plan is om van die werkaf terug te hol huistoe vir die volgende paar weke. Ek is net vrek bang vir die monkeybars etc. Het Saterdag gekyk hoeveel pull ups ek kan doen en dit is maar sad 'n hele 8 toe is ek pap arms. Skande!!! Moet byvoeg my eet en bier drink gewoontes sal vinnig moet verander.
Na twee weke se goed begin het ek 'n tipe brongitus bors gekry wat my al 14 dae beet het. My vrou stap tans die Vis rivier staproete so ek is bang sy gaan my weghol op die Impi.
My hardloop skoene staan hier by die werk en die plan is om van die werkaf terug te hol huistoe vir die volgende paar weke. Ek is net vrek bang vir die monkeybars etc. Het Saterdag gekyk hoeveel pull ups ek kan doen en dit is maar sad 'n hele 8 toe is ek pap arms. Skande!!! Moet byvoeg my eet en bier drink gewoontes sal vinnig moet verander.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Ek kan vandag darem voel ek het Sondag 13.5km gehol en hindernisse gedoen!!!! Mense dit was lekker. As jy kan doen die Impi of Warrior. Ek gaan volgendekeer meer as 4 keer in 2 maande gaan draf. Ons het 2:45 geneem om die 13.5km te doen. Die hindernisse was maklik vir my aangesien ek die meeste gereeld gedoen het toe ek jonger was en highrope kursusse en adventure racing gedoen het.
Ek moet DADELIk gewig verloor.
Ek moet DADELIk gewig verloor.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Impi !!!!
Mooi man.tau wrote:Ek kan vandag darem voel ek het Sondag 13.5km gehol en hindernisse gedoen!!!! Mense dit was lekker. As jy kan doen die Impi of Warrior. Ek gaan volgendekeer meer as 4 keer in 2 maande gaan draf. Ons het 2:45 geneem om die 13.5km te doen. Die hindernisse was maklik vir my aangesien ek die meeste gereeld gedoen het toe ek jonger was en highrope kursusse en adventure racing gedoen het.
Ek moet DADELIk gewig verloor.
Banting, hier kom ons.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Haha hoe weet jy ek het dit gegoogle terwyl ek op jaracl was!!!!!Gawie(7mm) wrote:Mooi man.tau wrote:Ek kan vandag darem voel ek het Sondag 13.5km gehol en hindernisse gedoen!!!! Mense dit was lekker. As jy kan doen die Impi of Warrior. Ek gaan volgendekeer meer as 4 keer in 2 maande gaan draf. Ons het 2:45 geneem om die 13.5km te doen. Die hindernisse was maklik vir my aangesien ek die meeste gereeld gedoen het toe ek jonger was en highrope kursusse en adventure racing gedoen het.
Ek moet DADELIk gewig verloor.
Banting, hier kom ons.
Pel was 148kg en nou 12 maande later 100kg. My probleem is ek is verslaaf aan chips en brood.EK het gister begin.
106kg!!!!!! EK wil so by 88kg draai dan sal my bene en enkels minder pyn.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Impi !!!!
Tau, jy kan my niks vertel nie.
Ek is maar 'n maargat wat die skaal laas jaar op 77kg laat "kreun" het. Ek het egter met my knieë begin sukkel. My vrou se galblaas is verwyder en enige stysel gee haar erge sooibrand. Sy het alle stysel uitgesny en Tim Noakes se navorsing begin bestudeer. Hy kan nou kom klas draf by haar.
Ek het maar my trots gesluk en alle stysel en suiker uitgesny. Dit is hel vir twee weke, maar gelukkig het vroulief elke dag vir my biltong ingepak om aan te peusel.
Verwyder alle lekkergoed en Chips uit jou huis en peusel aan biltong of volroom yoghurt.
Ek staan nou op 66kg en dra nou weer die selfde groote broek as in die weermag. Al my Sniper klere is te groot, maar my browns pas weer

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Impi !!!!
Gawie is dit hoekom jy 7mm skiet? Ruk die 30 kalibers jou bietjie rond? 
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Impi !!!!
Nee maat, alles wat jy met 'n 30 kaliber kan doen, kan ek beter doen met my 7mil
.
O-ja, ek skiet my wapens, ek ry hul nie.
O-ja, ek skiet my wapens, ek ry hul nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Dinsdag was dit twee weke van 100 % Banting en 3 x per week draf. Ek is 5kg af en het Maandagaand my "toets 5km in 27:10min gehardloop. Ek kon twee weke terug nie eens 4km doen sonder om iewers te stop en die hemel poorte te sien nie. My probleem is ek is gebou soos 'n haker en ongelukkig kan ek myself maklik flous ek is kort en kompak en nie dik nie, net stewig......Gawie(7mm) wrote:Tau, jy kan my niks vertel nie.
Ek is maar 'n maargat wat die skaal laas jaar op 77kg laat "kreun" het. Ek het egter met my knieë begin sukkel. My vrou se galblaas is verwyder en enige stysel gee haar erge sooibrand. Sy het alle stysel uitgesny en Tim Noakes se navorsing begin bestudeer. Hy kan nou kom klas draf by haar.![]()
Ek het maar my trots gesluk en alle stysel en suiker uitgesny. Dit is hel vir twee weke, maar gelukkig het vroulief elke dag vir my biltong ingepak om aan te peusel.
Verwyder alle lekkergoed en Chips uit jou huis en peusel aan biltong of volroom yoghurt.
Ek staan nou op 66kg en dra nou weer die selfde groote broek as in die weermag. Al my Sniper klere is te groot, maar my browns pas weer
Toe raak ek 30 en al my spiere wat natuurlik was verdwyn iewers in die winter onder warm klere. Ek het by Impi my vrek geskrik. Ek was nog altyd die vinnige vet seun, maar nou was ek net sleg. Snaaks hoe net 5kg later het ek gisteraand 7km in 39min doen oor koring lande en deur die veld met klein bietjie teer. My "probleem been" is nie meer 'n probleem nie, want die gewig op hom is minder. Ek is nog ver van waar ek moet wees. EK het gaan draai op 106kg!!!!! Is nou op 100kg. Ek was in matriek op my fikste 94kg en het toe 'n 8min 2.4 km gehol op 'n kol so ek sal graag hier by 90 kg wil kom. EK is nie gebou vir hol nie, maar ek geniet dit om in die veld te hardloop en deur die landerye etc. ek is gelukkig ek hol net die eerste 200m vanaf my huis dan slaan ek grondpaaie en bees paaitjies.Ongelukkig vlieg ek more oggend Brazil toe vir 'n week en gaan swaar 100% Bant. EK wil darem nie die hele kultuur en kos ding mis agv. van my eet styl.
Ek is 'n Suidwester so bier drink is vir my deel van die lewe. Ek het die dag voor Impi my laaste Weiss bier geproe en tot nou nog geen bier of koeldrank of suiker of brood of enige stysels gebruik nie.
Vriend van my is vanaf 148kg na 105kg met Banting. As mens so groot is kan jy nie begin oefen voor jy nie eers gewig begin afskud het nie. Ek was nog nooit honger nie, net cravings vir slap chips, Simba chips en pizza!!!!!!!!
Elk geval 14 April 2015 wil ek Impi Elite doen en nie net oorleef nie, ek wil hom dreun. My vrou het vroeer vanjaar al begin oefen en nou doen ons iets wat ons albei mekaar motiveer.
So ja Mnr. Banting en Prof. Noakes kry my thumbs up!!!!! As jy nie wil dieet nie, maar jy wil gewig verloor probeer dit. die eerste 8 dae was vrek erg met cravings, maar hulle het ek met proteine dood gemaak en koue melk
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Impi !!!!
Jy is nie oorgewig nie jy is net te kort vir jou gewig
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Impi !!!!
Tau, jou yster. Ek en vroulief begin ook more weer met ons oefen program nadat ons 'n maand lank laat slap lê het.
Dit gaan weer knor die eerste paar dae, maar daar is niks lekkerder as om te gaan swem tydens die kers-vakansie en nie te blaas soos 'n walvis nie.
Geniet die trippie!
Dit gaan weer knor die eerste paar dae, maar daar is niks lekkerder as om te gaan swem tydens die kers-vakansie en nie te blaas soos 'n walvis nie.
Geniet die trippie!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Ok manne dit gaan beter.
EK verloor nou nie meer kilo's vinnig nie, maar cm val weg my belt is op sy laaste en my broeke val af. EK het Vrydagaand 7 uit 30 gekom by 'n MTB night race, wat nou nie wonderlik is nie, maar ek toon vordering. EK het Laasweek ingeskryf vir Xterra lite (500m swem,12km MTB en 5km draf), maar as ek teen 22 Feb 2015 fikser is gaan ek dalk die vol Xterra doen wat 1.3km swem, 28 km MTB en 12km draf is.
12 April 2015 is dit ek en my krank Impi weer, maar die keer doen ek die 20km, 25 hindernis Elite baan.
So manne as jy wil gewig verloor of net beter voel, begin net. Hou op suiker eet en braad en los die bier. EK is verslaaf aan lekker eet en drink, maar nou konsentreer ek op goeie vleise en vis en was Sondag sommer in die stad by Giovanni's Deli om van die Italiaanse en Spaanse Parma's te proe. EK eet nog lekker biltong en vleis en groente. Ja ek mis daai koue bier en Simba chips saam met Rugby, maar die Bells en BAIE water is darem OK. So as jy iets eet dink of dit energie vir jou lyk is en of dit net 'n gat vol maak.
Ek was vir 6 dae in Brazil by die F1 en het toe bietjie bier gedrink en verkeerd geet en binne 48 uur het ek sooibrand en maagpyn gehad. My energie vlakke is beter en ek is minder geirreteerd as ek bietjie gaan hol het. Ek moet nog VREK VER gaan om te kom waar ek wil wees, maar as ek kan kan enige iemand dit doen.

Manne die van julle wat in GP bly julle het nog twee weke voor Impi GP. Die WP manne ons gaan die 11en 12 April bietjie sweet. Ek is baie erg oor die tipe geleenthede, want dit iswaar mens somer weer lus kry vir oefen.
http://www.impichallenge.co.za/
En as jy die naweek by Warrior gaan deelneem sterkte!!
http://www.warrior.co.za/
EK doen die 12 April Impi ELite in Stellenbosch, so sal nog so bietjie moet tekkie klap voor dan. Julle manne wat hou van 'n avontuur en om daai maargat mannetjies bietjie te dreun hier is julle kans as daai maer superatleet by die krag hindernisse kom dan kan die boerseuns vinnig tyd inhaal terwyl daai derm kreun.
http://www.impichallenge.co.za/
En as jy die naweek by Warrior gaan deelneem sterkte!!
http://www.warrior.co.za/
EK doen die 12 April Impi ELite in Stellenbosch, so sal nog so bietjie moet tekkie klap voor dan. Julle manne wat hou van 'n avontuur en om daai maargat mannetjies bietjie te dreun hier is julle kans as daai maer superatleet by die krag hindernisse kom dan kan die boerseuns vinnig tyd inhaal terwyl daai derm kreun.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Impi !!!!
Jis jis enige jaracal manne wat die naweek Impi CT#2 doen? As jy nog altyd wou gryp die kans aan. EK doen Sondag oggend die Elite race. 18km en 30 hindernisse. EK gaan bietjie suffer, maar kan nie wag nie. Die elite klas moet jy sonder enige hulp al die obsticles doen.
Dit is nou mooi 'n jaar terug wat ek my eerste een gedoen het en gesonder begin lewe het. EK is nog steeds agter n die pak, maar geniet die tipe events baie.