Primos Trigger Stick

Post Reply
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Primos Trigger Stick

Post by Hennie Oelofse »

Hi manne,

Ek wil net gou uitvind of iemand dalk met die Primos Trigger Stick Jag en wat hulle dink van hom?
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by gillie »

Myne afgelope jagtrip gebruik, goed gewerk, behalwe dat hy bietjie kort is vir my, maar neem in ag ek is 6'4''.

Happy met myne, maar ek hou meer steeds van die Bogpod
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Hennie Oelofse »

Ja ek moet se ek besluit nog tussen die BOG en Primos. Jy is so effe langer as ek so hy behoort ok vir my dan te wees?
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Jakes73 »

Gebruik myne nou al vir 2 jaar en hy werk mooi.
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Rudie »

Baie happy met myne ook. Lekker lig en stel vinnig en stil.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Hennie Oelofse »

Wonderlik, ek het n groot Harris Bi-pod. Ek het net die laaste ruk agter gekom dis bietjie moeilik met hom as die gras lank is of as ek nie n sit of le skoot kan vat nie. Dit maak ook vir my die geweer baie swaar...
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by J le Roux »

Ook baie gelukkig met myne, het jy al besltuit of jy twee of driepoot soek? Ek vind vir walk in stalk is 2 poot beter (minder drama om reg te kry vir skiet) en vir voorstit sal ek 3 poot wou gebruik.
Maak ook seker die "sneller" is weggedraai van jou nie-sneller hand. Jy wil nie perongeluk daaraan stamp en die bene "ontsluit" nes jy wil aanle nie (alhowel ek glo dit geld vir al die "trigger" konsep stokke).
Last edited by J le Roux on Wed Oct 29, 2014 7:15 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Hennie Oelofse »

J le Roux wrote:Ook baie gelukkig met myne, het jy al besltuit of jy twee of driepoot soek? Ek vind vir walk in stalk is 2 poot beter (minder drama mo reg te kry) en vir voorstit sal ek 3 poot wou gebruik.
Maak ook seker die "sneller) is weggedraai van jou nie-sneller hand. Jy wil nie perongeluk daaraan stamp en die bene "ontsluit" nes jy wil aanle nie (alhowel ek glo dit geld vir al die "trigger" konsep stokke).
Ek het gedink ek wil die 3 poot kry, sal laat die gids hom dra. Ek is bang die 2 poot gaan onstabiel wees...?
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by VdWalt »

Ek gebruik die drie poot sonder probleme - lekker stewig en vir my lank genoeg (6voet).
Ek dink ek skiet beter van die stokke af as van 'n bakkie af....
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by J le Roux »

Ek het gedink ek wil die 3 poot kry, sal laat die gids hom dra. Ek is bang die 2 poot gaan onstabiel wees...?[/quote]




Dis definitief persoonlike smaak. Ek vind kant to kant sighting is dieselfde op 2/3 poot, maar vir op en af moet jy fisies jou liggaams posisie of stok verstel met die 3 poot, waar jy met die 2 poot kan leun (pivot) om impak punt hoe/laer te verstel.

Dis goed as die gids hom dra, maak net seker hy weet hoe om dit te gebruik. Onderste punte eers op die grond, sneller druk, dan lig jy om te verleng, anders val pote ondertoe met moontlike geluide wat bok kan hoor.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by Dawie Malan »

Dis 'n lekker vinnige manier om te walk en stalk. Dis veral lekker as ek my seun (13) in die veld laat skiet en die geweer is dalk 'n bietjie aan die swaarkant vir hom. Hy skiet mooi daamee.

'n Varmint kolf gaan natuurlik nie daarin pas nie.

Groete

Dawie
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by martinf »

Wat van die vanguard se quest 63 "3 in one" opsie. Dit kan 'n mono, bi en tri pod wees.

Het nie self een nie. Maar dan kan mens kies hoe jy die dag wil uitgaan. Weet Zimbi verkoop hulle
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Hennie Oelofse »

martinf wrote:Wat van die vanguard se quest 63 "3 in one" opsie. Dit kan 'n mono, bi en tri pod wees.

Het nie self een nie. Maar dan kan mens kies hoe jy die dag wil uitgaan. Weet Zimbi verkoop hulle

Ek sal bietjie gaan kyk hoe lyk hy...
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by martinf »

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by tripodmvr »

Primos 3 been is baie lekker en maak skote van 140-160m moontlik uit 'n staanposisie. Ek het 'n 2 been Vanguard wat ook goeie stabiliteit gee, maar verstelling is tydsamig.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Frikkie Coetzee »

Ek het een van die RAM 3 pote gekoop. Ek is moer spyt. Maak nie wyd genoeg oop nie. Ek verstaan die Jim Shockey is beter. Hy maak groot genoeg oop.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Beretta »

Ek het ook n RAM gekoop nadat ek na die Primos gekyk het en baie klagtes gehoor het RAM is vir my net beter
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by VdWalt »

Klagtes oor die Primos? Soos wat, ek persoonlik kan nie aan iets dink om oor te kla nie.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Beretta »

Ek het gehoor hy breek maklik ken een of twee ph wat dit gese het self gaan toets vir my is sy bene baie mank as ek dit so kan stel
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by MichielC »

Ek het self n Primos Trigger Stick, Tripod, en baie gelukkig met die.

Ek stel myne voor ek begin loop,
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by Piet Pille »

Hallo Hennie,

Ek jag met my .375 meestal van skietstokke af en dit werk baie lekker. Vat kort rukkie om gewoond te raak en dan loop hulle mooi. Ek gebruik 'n 3 poot en dit is 'n lekker stabiele platvorm. Meer stabiel as 2-poot, maar soms bietjie moeiliker om op te stel in ruig bos omdat die pote 'n wyer area beslaan en daar dalk bosse/takke in die pad kan wees wat kan belemmer dat jy die voete mooi wyd kan oopmaak.

Ek het so rukkie gelede die advertensie op S&O se webblad gesien van die "Accurate Concepts Shooting sticks" gesien en besluit om hulle te probeer. Hulle is effens meer tricky om op te stel maar BAIE stabiel. Pel van my het hulle geleen op 'n onlangse jag saam met my en onmiddelik vir hom 'n stel gaan koop in Pta by Stefan hulle (S&O) toe hy terug by die huis was, so beindruk was hy. Ek sal voorstel dat jy al die tipes eers so bietjie toets daar by die winkel met 'n geweer en dan besluit watter een werk die mooiste.

Hier is die link vir die Accurate Concepts Shooting Sticks":
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... ticks_long
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by 30-06 »

More manne ek is nou in die mark vir 'n skietstok.
Moet besluit tussen Ram en Primos se produk.
Ek kan 'n Ram kry vir 60% van die Primos prys, maar dit laat my twyfel.

Kan julle wat die Ram produk het 'n bietjie help asb.
Hoeveel manne het al die nuwe "4 been een" in vorige post getoets.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Primos Trigger Stick

Post by JohanvB »

Ek het die Primos Jim Shockey model...sy bene maak lekker wyd oop...

Die Ram Stok se bene kan amper nie oop nie nie..nee, hulle maak baie "nou " oop...jy kan bv nie op jou agterent gaan sit en skiet nie...

Maar het ook die BOG POD CAMO DEVIL TRIPOD....hy is nou te koop...R800...posgeld vir die koper
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Primos Trigger Stick

Post by Boesman10 »

Ek gebruik die Primos 3 been en is baie gelukkig. Moes wel my vorige een terugneem na so 6 maande se gebruik want die 1 been wou nie meer staan nie. Winkel ruil hom toe maklik om. Alhoewel die RAM goedkoper is het ek meer klagtes gehoor van mense as wat ek van die Primos gehoor het. Het hom wel nie self gebruik nie.

Na jy jou skietstok gekoop het moet jy hom skietbaan toe neem sodat julle twee bietjie vrinne kan raak. Dit is baie moeiliker om daardie 200 - 300 meter skote te neem van 'n stok af as van die bench af.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Post Reply