Page 1 of 1

Springbok jag

Posted: Wed Jul 02, 2014 6:38 am
by sako 30-06
More manne

Ek is opsoek na springbok jagplek naby Johannesburg.

Ek weet daar is een of twee plekke om die vaaldam maar my geweer het ongelukkig nie n silencer nie.

Sal graag n paar wil skiet vir vleis en dan dalk een mooi ram vir my muur.

Re: Springbok jag

Posted: Wed Jul 02, 2014 1:52 pm
by win270
Ek vermoed springbokke is nogal skaars in Gauteng. Ry Vrystaat toe en dan is jou kanse beter. Gebruik iets soos www.ibookdirect.com om idees te kry waar jy hul moontlik kan gaan jag. Omdat dit laat in die jagseisoen is, gaan jy dalk sukkel om nou nog plek te kry.

Re: Springbok jag

Posted: Wed Jul 02, 2014 2:38 pm
by FCLoretz
Probeer Pienaarshof buite potchefstroom.

Maar teen die prys ry ek eerder vrystaat toe. Sover ek onthou is hulle springbok pryse nie goedkoop nie

Re: Springbok jag

Posted: Wed Jul 02, 2014 2:41 pm
by sako 30-06
FCLoretz wrote:Probeer Pienaarshof buite potchefstroom.

Maar teen die prys ry ek eerder vrystaat toe. Sover ek onthou is hulle springbok pryse nie goedkoop nie
Ek gee nie om om te ry nie,ek wil net nie 500km ry vir n kort jag nie.

So enige opsies kan oorweeg word.

Re: Springbok jag

Posted: Fri Jul 04, 2014 7:58 am
by sako 30-06
Ek het reg gekom met n plek dankie julle.

Gaan hopelik einde van die maand as alles uitwerk.

Re: Springbok jag

Posted: Wed Jul 16, 2014 7:46 am
by bush hat
Ek reken die enigste Springbokke naby aan Johannesburg is te kry op Ellispark of Loftus, maar die vleis is bietjie taai ! LOL

Re: Springbok jag

Posted: Mon Jul 21, 2014 10:45 pm
by Gerharddb
Sako, deel asb bietjie info rakende die plek wat jy gekry het? Ekself is opsoek na n lekker springbokkie of 3.