So het ek vandag gou gaan kyk wat die spoed is met die lading waarmee ek nou
die dag gejag het. Volgens my 'n mild load in die middel van Somchem se ladings
vir 165gr in die 300WM. (73gr S385)
Wat ek verwag het moet so by die 2850fps draai kom toe uit op 2970fps. Dit is 120fps vinniger
as die boekkie se ladings. Ek glo dit het te doen met die feit dat dit GMX koeels is. Met die
selfde lading het 165gr SSTs op die merk ingekom met 2850fps. (74gr het 2910fps gegee)
So ek glo nie Hornady is heeltemal reg met die stelling dat mens die selfde lading tussen die
2 kan gebruik nie. Wel die doppe kom maklik uit en die primers lyk goed en my geweer hou
van di elading so ek gaan hom net so los. Ek het wel besluit om die 73.5gr en 74gr ladings
nie te skiet nie!
Om te meet is om te weet!
-
Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: Om te meet is om te weet!
Goeie idee om bietjie af te kom, want as jy op 'n warmer dag skiet moet dit nie pla met druk nie.