tierboskatte

Post Reply
Groukat
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm

tierboskatte

Post by Groukat »

Ek roep geweldig baie tierboskatte in en vang baie baie in my hokke.

Ek skiet hul nie en maak my hokke oop as ek hul kry. Ek het al so baie tierboskatte gevang dat ek naderhand begin het om hul met wit spry verf te merk om te sien of ek dieselfdes vang.

Tot op datum het ek 13 gemerk en nog nooit weer een gevang met 'n wit nek nie.

Met die roep tegniek flous jy die kat maklik, ek roep baie in soms 2 op 'n slag, hulle kom baie vinnig in (nie soos 'n rooikat nie) amper soos 'n jakkals. Hulle kom ook baie baie naby aan die caller en bly lank in die omgewing na hul te vrede is dat die caller nie 'n haas is nie, hulle is baie rustig.

volgens my kennis is hul ook bedryg soos die silvervos.

sien julle manne ook so baie soos ek as julle roep?

ek luister graag.

groete
Post Reply