Jammer kerels, ek maak nou maar n topic oop. Het onder QL vir 243 ook gepost maar nog nie reaksie gekry nie.
Dagse kerels, kan iemand asb vir my op QL kyk.
Ek het vir my n reedelike klomp Hornady Z-Max 58gr gokoop. Het ook S321 en S355 gekoop. Het my verbeel ek het iewers gelees iemand se 355 sal die beste werk.
Ek gaan skiet toe gister namiddag en laai toe 1 patroon 43.5gr S355 en die ander drie 44gr
Dit was al bietjie te donker en die Chrony wou niks opvang nie. Eerste skoot loop mooi, so ook die eerste 1 van 44gr. Tweede skoot met 44gr en die dop sit in my kamer vas , so dat ek hom met die skoonmaak stok moet uit haal! Ek gaan toe vandag trug en skiet 3 skote met 43.2gr S355 oor die chrony. Hulle meet 3541fps,3543 en 3579. Bietjie te laag vir my. Lyk nie of S355 sal werk nie.
Ek skiet toe 1 skoot met 41.2gr S321 en kry n spoed van 3692fps. Ek laai toe op na 42.2gr toe en skiet 3 skote hulle het gemeet 3879,3878 en 3792. Die ES is reedelik groot maar die gropering is onder n half duim! Ek is reedelik tevrede met die lading.
Wat ek nou eintlik wil weet. Wat was my druk by die lading van 44gr S355?
En dan hoe ver is ek van n node af by 42.2gr S321?
Hier is my besonderhede
Howa 1500 Varmint 243
24duim loop
1in 10 twist
PMP Doppe
Dop kapassityd is 53,1gr water
Dop lengte is 51,70mm
Oja en die TPL op al die ladings was 66.06mm
Sal julle hulp wardeer
Groetnis
243 met 58gr Z-Max
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: 243 met 58gr Z-Max
Aai manne , ek weet dis lastig maar kan iemand nie maar dalk kyk nie?
Groetnis
Groetnis
- william007
- Hero Member

- Posts: 775
- Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Re: 243 met 58gr Z-Max
goeie more Armand ek skiet al n jaar lank met die 58gr zombies of z max soos hulle genoem word ,ek jag springbokke met hulle wind stil dae
my lading is as volg met super groeperings van 3 skote 7mm
S335 40GR 3500FPS
en ek het al hoer gelaai maar is tevrede met 40gr op daai spoed want is ook bang vir die warm dae laat die druk te hoog raak en met die lading is ek veilig en jag lekker daar op kliprant met hulle
my lading is as volg met super groeperings van 3 skote 7mm
S335 40GR 3500FPS
en ek het al hoer gelaai maar is tevrede met 40gr op daai spoed want is ook bang vir die warm dae laat die druk te hoog raak en met die lading is ek veilig en jag lekker daar op kliprant met hulle
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: 243 met 58gr Z-Max
William, hoe maak hulle in die wind? Hulle is goedkoop en bleddie akkuraat. Het met 321 n gropering van 11.4mm geskiet! Ek dink hy sal n springbok se kop omdop!
Groetnis
Groetnis
- william007
- Hero Member

- Posts: 775
- Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Re: 243 met 58gr Z-Max
Armand hulle is maar wind sensitief maar skiet baie lekker springbok ja nee hy mors hom redelik,maar wind is maar die negatiewe en ja hulle is lekker goed koop en n mens koop hulle in balk dit is wat so lekker is