Bron /kerriebron resep gesoek?

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Bron /kerriebron resep gesoek?

Post by andre007 »

Hallo almal. Het iemand dalk n reseppie vir die bg.?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Bron /kerriebron resep gesoek?

Post by Louis Kriel »

Ek gaan hom dop hou want ek soek self so resep. Hoop jy kom reg!
User avatar
boogman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Thu Jan 03, 2013 10:13 am

Re: Bron /kerriebron resep gesoek?

Post by boogman »

Ek het al die een 'n paar keer gedoen wat heel gaaf uitkom

2 Groot uie, gekap
2 Knoffelhuisies, gekap
Ongeveer 3 kg wildskenkels (Meng gewoonlik 1kg Vlakvark met 2kg Wild )
1/2 koppie bruin asyn
1/2 koppie water (Gooi nog by terwyl kook as dit nie bene toemaak)

Kook bogenoemde saam tot die vleis van die bene afgeval het (Meer as 8 ure) . Laat dit effens afkoel en haal al die bene uit. (Onthou om murg uit te krap en terug te gooi)

1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 teelepel koljander, fyn
1 teelepel gemmer, fyn
1 teelepel kaneel, fyn
1 teelepel wit peper
1 suurlemoen se sap
6 eetlepels fyn appelkooskonfyt
sout na smaak

Braai hierdie speserye in 'n bietjie olie vir omtrent 1 minuut in 'n groterige kastrol, gooi dan die vleis en sous by. Gooi nog so 250ml kookwater by.

Verhit tot kookpunt, roer deur. Haal van stoof af, gooi in 'n gesmeerde vlak pan en sit in yskas om te stol.

Geniet
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Bron /kerriebron resep gesoek?

Post by andre007 »

Dankie boogman. Iemand het ook vir my hierdie skakel gestuur: http://lekkerreseptevirdiejongergeslag. ... brawn.html

Hulle sê resep 2 op die blaai werk lekker!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Post Reply