Natani?l se braai-etiket!

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Eras
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 88
Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am

Natani?l se braai-etiket!

Post by Eras »

Natani?l se braai-etiket!
(gesensor waar nodig)

FOKUS MENSE, FOKUS!

1. Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. 'n Braai is 'n ernstige ding,
benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom
immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik.
Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor
wat nou eintlik goeie vleis is. As 'n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te
braai. So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter.

2. Daar is nie 'n ding soos 'n te warm vuur nie. Dikker snitte vir braai! Dun steak is altyd
taai en proe ..sleg.

3. Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis 'well-done' hou -
gebruik 'n blowtorch en hou jou vleis van 'n braaier af. Hardloop dan ook sommer in 'n
muur vas. Herhaaldelik! Rare is net vir persone wat die smaak van vleis opreg waardeer!

4. 'n Steak sonder vet is nie 'n steak nie. (Fillet het geen vet nie). Fillet is vir bejaarde
mense met valstande. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se steakrolls. Nie op 'n
vuur nie!

5. Wors moet nog kan buig as dit afgehaal word - dit moet nie breek nie. Wors word ook
nie vol gate gesteek nie.

6. As jy nie kan braai nie, moenie! Jy mors net met jou gaste se tyd.

7. Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep - nie uit 'n lou-oond uit nie.

8. Uitpass voor die ete is uit! Dit is moerse ongeskik en 'n aanduiding dat jy
slegte gewoontes het.

9. As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier nie, of as jy net
doodeenvoudig vol draadwerk is, praat voor die tyd of shut up!

10. As jy 'n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer.

11. As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg
vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte. Baie hitte. Die rook van
'n sukkelende vuur is 'n steurnis. 'Smokey Robinson' word nie hier geduld nie. As jy kan
braai en nie 'n ordentlike vuur kan maak nie, dan lieg jy.

12. Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, s? so! Hoe anders
moet hy leer?

13. Een slaai by 'n braai is meer as genoeg.

14. Hou jou stompies uit 'n braaivuur uit! Jou swak gewoontes hoort by jou huis! As jy die
behoefte kry om agter die braaier te gaan water afslaan, was tog net jou hande voor jy testers vir
die gaste gee om aan te proe!

15. Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan.

16. Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met 'n mes en vurk.

17. As jy jou pap saam met 'n braai met melk en suiker eet, is jy wanaangepas en skreeu
jy seker vir die Leeus. Vra almal by die braai om jou teen jou kop te klap, maar dit sal
seker ook nie eers help nie.

18. Politiek, die rentekoers en babapraatjies is uit om 'n braaivleisvuur. Rugby, jag, 4x4
bakkies en die buurvrou se tan-lyne is die norm. Visvangstories word eers gepraat as
almal gesuip is, want dan kan die wat nie visvang nie saam kan praat.

19. Vleis moet gereeld omgedraai word, nie halfpad aan die eenkant gaar gebrand word en
dan omgedraai word nie. Draai kort-kort jou vleis. Sout word oorgegooi net voordat die
vleis van die rooster afgehaal word. As dit jou idee is om die vleis uit te droog voor jy dit
eet, gaan kry vir jou ?n stuk volstruisbiltong om jou eetlus te demp!

20. Vleisbraai is nie net 'n geleentheid om te staan en drink nie. Ek weet nie hoekom nie,
maar baie moeite word gedoen met die voorbereiding en die gaste wil graag 'n lekker
stukkie vleis geniet.

21. ....... en so terloops, almal wat 8-uur die aand wil eet, moet eerder by hulle eie huis
bly, daar is nie 'n tyd om te eet vir 'n braaivleis nie, eet as die vleis gaar is!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Natani?l se braai-etiket!

Post by Raven »

Ek dink die reels moet opkom by my braai  ;D  ;D

R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Post Reply