Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post Reply
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post by Joe308 »

Goeiemiddag Manne,

Wat sal julle reken is 'n aanvaarbare groepering met 'n 9,3x62 oor 100m vir Bosveld Jag doeleindes?

Met die ammunisie en komponente tekort kon ek net 'n paar Barnes TSX 250 gr punte in die hande kry. Die het ek gelaai in my nuwe 9,3x62 met 57gr S355 en magnum primers vir n spoed van so ongeveer 2400 fps. (nie verwant aan die onderwerp maar ek kom agter die kruit brand skoner met die magnum primers met minder residue op die dop nek sigbaar)

Met die lading het ek 'n 30mm groepering gekry oor 100m. Gewoonlik sal ek 'n "ladder-test" doen en die mees akkuraaste lading gaan uitwerk maar met die komponente tekort vra ek myself af of dit prakties die moeite werd gaan wees om my laaste paar punte uit te skiet opsoek na 'n sub-30mm lading as jy die volgende in ag neem:
- Die wild se lewensbelangrike organe is nie veel groter.
- Afstande in die Bosveld is sub-150m.
- Ek moet genoeg punte oorhou dat ek kan oefen voor die jag want om op te daag in die jagveld sonder 'n deegelike kennis van jou wapen se hantering en koel trajek is nie eties.

Julle opinies word waardeur.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post by PWV »

Joe308
Waarvoor wag jy? Gaan skiet die goed!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post by Johan Nel »

Joe, sowat 60 tot 90mm groepe op 100m is goed heel aanvaarbaar vir bosveldjag. 30mm is mos nie 'n kwessie nie, gaan roer die wild. Ek jag vir die afgelope paar jaar feitlik uitsluitlik met Barnes-X koeels. Elke keer as mens wel 'n koeel herwin kry, en mens sien daardie x-blom en die koeeltjie weeg amper presies wat hy geweeg het as toe jy gelaai het, dan gee dit net daai gemoedsrus... 8)
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post by Louis Kriel »

In n artikel in Magnum van baie lank terug "The Lee Enfield no4, Is it worth sporterising?" het die skrywer die stelling gemaak dat die gemiddelde 303 met sy gepitte loop tussen drie en vier duim groepeer. Dit was, aldus die skrywer, heeltemal aanvaarbaar vir Bosveld jag!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post by Pvdw »

As ek haastig is en 2" groep kan skiet sonder flyers dan is ek reg vir bladskote in die bos. Niks meer as dit nodig nie. 30mm is kopskote in die bos,
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post by Ratel »

Ek glo jy kan met 'n geruste hart jag met so 'n groepering, veral met daai kaliber.
Maak 'n verskil
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Aanvaarbare Groepering vir Bosveld Jag?

Post by win270 »

Jy kan maar gaan skiet met daardie groepering. Sorg maar net dat 'n bewerasie jou nie op die dag kortwiek nie. Mik vir long/hartskote. Dis maar die veiligste en beste kans om doodskoot te gee vir die manne wat nou nie elke dag op die skietbaan kan wees en dus vir nek- of kopskote kan mik nie.
Post Reply