speer koels

Post Reply
reggie
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Mon Dec 10, 2012 10:37 pm

speer koels

Post by reggie »

Middag ek het nou my howa 308 bull barrel 1in10 twist gekry.
My plan was om met sierra gameking 150gr te begin maar kan dit nie kry nie.
Wat ek wel kon kry is speer hot-cor 150gr. Vir nou gaan ek meer op die baan skiet
maar sal wil jag ook en graag met selfde aminusie beide wil doen. Hulle beweer dat
die speer beter doen as die game kings in die jagveld. Het van julle dalk ondevinding van die
Koels? Al nadeel vir my is die speer hot-cor nie boat tail het nie.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: speer koels

Post by VdWalt »

Ek het al n hand vol rooibokke met 140gr Hot-Core koeels in die 6.5 geskiet.
Spoed was nooit baie vinnig - so hier by die 2550 fps rond en hulle het my nooit
in die steek gelaat nie. Nooit n bok verloor en nooit meer as een skoot gevat nie
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: speer koels

Post by mariusr »

Ons het nou net op ander topic gepraat oor Sierras.Alhoewel speer hot core ook nie premuim punt is nie, hulle maak wel die speer grand slam reeks wat as premuim beskou word.Ek het met alby speers al gejag en dink ook hulle "performe" beter in die jagveld. Alhoewel sierras vir my beter groepe gee op papier!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: speer koels

Post by Pvdw »

Reggie watse afstande gaan jy jag? Waarom die kommer oot die boorstert??
reggie
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Mon Dec 10, 2012 10:37 pm

Re: speer koels

Post by reggie »

sal seker nie verders as gemiddeld 200m jag nie, maar wil 350m op die baan kan skiet met hulle.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: speer koels

Post by tripodmvr »

Bootstert het eers effek van verder as 350 meter af.

Wou net noem dat ek altyd 90gr Speer in my 243 teen 2950vps geskiet het en dit gebruik het om dassies en ander ongediertes te klits. Daar is maar baie skade selfs op 200m.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply