243 Howa maak mooi

Post Reply
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

243 Howa maak mooi

Post by Dwight375 »

More manne

Lang storie kort, ek het die geweertjie onderskat maar na die aksie gepak is en die loop gefloat is het Oom Kassie vir my n lading uitgewerk op QL en my pa het my gehelp om my doppe mooi voor te berei - al die ladings wat ek getoets het op 100m het onder 15mm ge groep maar ek dink ek het nou my lading gekry.

Ek dink ek het nou my springbok lading.

Barnes TTSX 80 Grein
PMP doppe
Howa hunter 243 win
AOL 69MM
45 Grein S365

Ek geniet my howa baie en kan nie wag om my eerste springbok te gaan skiet nie.

Jammer oor die kwaliteit van die foto, moes n manier kry om die foto kleiner te kry.



Lekker naweek en groete.
Dwight
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by Capt. Yoda »

Baie mooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by tripodmvr »

Jy gee nie spoed nie, maar hoop dit is nie 45gr van die warmer Lotte 71 en 74 nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by vriell »

Mooi man !
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 243 Howa maak mooi

Post by Dawie Malan »

Nice and tight. Baie geluk, Dwight.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by Capt. Yoda »

tripodmvr wrote:Jy gee nie spoed nie, maar hoop dit is nie 45gr van die warmer Lotte 71 en 74 nie?
Ja ek wou ook vra watse lot 365 jy gebruik het.Self met 45gr van lot 72 dink ek gaan jy klaar in die rooi wees.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by Hein (Haan) »

Dwight
Met my 243 skiet ek die 80gr TTSX teen 3310 vps met 41.5gr S365 Lot 66.
Met 43gr was my spoed gem 3420 vps gewees,oom Tripod het hom vir my op QL gesit
en die druk was baie hoog.
Ek stel ook voor jy meet jou spoed en vra dat een van die manne jou help met QL as die druk te hoog is.
(ek wag nou self vir my QL program en sal jou kan help as ek meer vertroud met die program is)
Groete
Hein
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by Reggie Gerber »

Baie mooi groepe.

Maar ek stem saam jy is oor max pressure. Gaan check maar weer jou data of laat een van die forum manne vir jou n lading uitwerk.

Wees maar versigtig.
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by Dwight375 »

Dankie vir die hulp manne.

Oom Kassie van SAF & OUTDOOR het die lading vir my gegee en toe dit groepeer toe los ek dit so. ( Hy het ook QL gebruik )

Ek sal bietjie later bevestig wat die lot nommer is.

Dankie vir julle insette.

Groete
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: 243 Howa maak mooi

Post by Ratel »

Netjies geskiet.
Maak 'n verskil
Post Reply