Dokumente

Post Reply
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Dokumente

Post by Beyers »

More manne en maninne
Nuwe vuurwapen aansoeke en aankoop van 2de handse wapens van handelaars

Eerstens die normale dokument SAPS271
Motiverings brief - waarvoor jy die wapen wil gebruik
Fotos van jou waar jy jag of skyf geskiet het. Moeilik as dit jou eerste wapen is.
Endossement van klub of vereniging
Briewe van grond eienaars

AFSKRIF VAN SAPS350a waar die wapen waarvoor jy aansoek doen gelys is met die datum gestuur aan CFR. (ek moes self bel om uit te vind waarom my aansoek so lank neem - nou reeds 18 mnde. Dit hou 'n daaropvolgende aansoek terug.) As daar op jou aansoek navraag staan CORRESPONDENCE LICENCING is dit moontlik die fout.

Mens kan gerus die algemne SAPS nommer bel 012 3536111 hulle was baie hulpvaardig. Ek het met Riaan Buys gepraat.
Die ander nommer is moeilik om enigiemand in die hande te kry 0123536510 en die faks 0123536574 'n Sers de Buys en AO Lourens

Sterkte met die aansoeke
Beyers
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Dokumente

Post by Andy »

Die ander nommer is moeilik om enigiemand in die hande te kry 0123536510 en die faks 0123536574 'n Sers de Buys en AO Lourens
Beyers,

Jy is nie net reg nie maar heeltemal reg. Ek het per ongeluk die 13 de Januarie met Sers. Du Buys gepraat omtrent my aansoek wat by hom is. Sedertien is daar nog nie weer aan my aansoek gevat nie en as ek hom in die hande probeer kry is hy net nie by die werk nie.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Dokumente

Post by MEERKAT »

Hallo Beyers

Die inligting kom nou baie handig te pas het nuwe geweertjie gekoop. Sien die manne praat vreeslik baie van 243 op die forum glo baie goeie geweer. Gelukkig verskil smaak anders het ons almal se vrouens eerder vir Taffles gevat.

Dink nog steeds 243 is van die swakste gewere wat ooit gebou is, kan maar eerder klip gooi.

Knou goggas af
MEERKAT
jmb

Re: Dokumente

Post by jmb »

Eish!! ;D
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Dokumente

Post by Hein M. »

MEERKAT wrote: Hallo Beyers

Die inligting kom nou baie handig te pas het nuwe geweertjie gekoop. Sien die manne praat vreeslik baie van 243 op die forum glo baie goeie geweer. Gelukkig verskil smaak anders het ons almal se vrouens eerder vir Taffles gevat.

Dink nog steeds 243 is van die swakste gewere wat ooit gebou is, kan maar eerder klip gooi.

Knou goggas af
MEERKAT
;D

Meerkat,

Jy kan nie hierdie opmerkinkie hier wegsteek nie...
Begin 'n gesprek met hierdie topic onder "gewere" en toets die ouens se reaksie hieroor.  En kry solank maar die feite agtermekaar...

Dit is dalk nou die geleentheid om goggas af te knou...

Hein M
Last edited by Hein M. on Fri Feb 11, 2011 10:48 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Dokumente

Post by fanie17 »

Dat n 243 tempremanteel is, is so maar swakste!!! hoekom se jy dit.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Dokumente

Post by JOHANNIC »

Ek kry solank die POPCORN
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dokumente

Post by Christo »

Het julle al gesien wat doen 'n meerkat as hy skrik ???

Het julle al gesien wat doen 'n 55gr. Bal tip uit 'n 243 met 'n meerkat ???

Maar gelukkig verskil smaak.  ;) Die stir is al tot vervellens gestir. Try liewers die .308 manne, hulle vat die bait makliker. Die .308 is in elk geval net 'n meer senior Suid-Afrikaanse weergawe van die 243 ---------- net bietjie dikker.  :D

Op 'n ernstiger noot, die dokumente dinge krap lankal waar dit nie jeuk nie. Die laaste gedeelte van SAPD is mos vir diens. Iets wat 'n klomp van die DFO's gerieflikheidshalwe, of is dit aspris, vergeet.

Maar nou ja, as die lisensie in jou hand is vergeet jy sommer gou van al die "shlep", of hoe.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply