Page 1 of 1

Eland koei

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:13 pm
by sako 30-06
Ek het die kans om n Eland koei te skiet wat al bietjie oud is,haar kondisie is ook bietjie af maar sy is darem nie sieklik nie.

Nou is die vraag hoe sal dit die vleis affekteer en is dit die moeite werd om so koei te skiet teen n goedkoper prys?

Re: Eland koei

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:30 pm
by FCLoretz
die vleis van ouer diere is oor die algemeen bietjie taaier as wat hulle jonger eweknie sal wees. So dink eers mooi wat jy met daai vleis gaan maak voor jy skiet. As die prys reg is skiet haar, maak biltong en droee wors en verkoop dit.

Re: Eland koei

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
by sako 30-06
FCLoretz wrote:die vleis van ouer diere is oor die algemeen bietjie taaier as wat hulle jonger eweknie sal wees. So dink eers mooi wat jy met daai vleis gaan maak voor jy skiet. As die prys reg is skiet haar, maak biltong en droee wors en verkoop dit.
Dis die probleem ek sal haar graag wil opsny vir tafel vleis ook en dan naturrlik mince ens.
Sal maar seker moet besluit as ek volgende week op die plaas is.

Re: Eland koei

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:53 pm
by FCLoretz
teen watse prys kry jy en hoe "oud" is sy

Re: Eland koei

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:58 pm
by sako 30-06
FCLoretz wrote:teen watse prys kry jy en hoe "oud" is sy
Sy kos R4000 en sy loop glo nog saam die trop,maar nie seker hoe oud nie.

Re: Eland koei

Posted: Tue Apr 29, 2014 4:09 pm
by Hein22
Vir biltong en droe wors is jou beste opsie sou ek sĂȘ.

Re: Eland koei

Posted: Tue Apr 29, 2014 7:49 pm
by Carl
Ek het laasjaar 'n ou koeie geskiet. Sy was 6 jaar op die plaas en as volw afgelaai. Ek kon haar laat hang vir 7 dae. Die fillets en rump het ek vakuum verpak heerlike vleis. Die res wors en kook vleis. Die wors maker ken sy saak en almal het dit geniet wat gekry het. Syt nog mooi tande gehad en brisket was vet. Ek weet nie wat is jou koei se kondisie nie maar hoop sy lyk soos myne dan gaan jy lekker eet.

Re: Eland koei

Posted: Wed Apr 30, 2014 5:37 am
by sako 30-06
Carl wrote:Ek het laasjaar 'n ou koeie geskiet. Sy was 6 jaar op die plaas en as volw afgelaai. Ek kon haar laat hang vir 7 dae. Die fillets en rump het ek vakuum verpak heerlike vleis. Die res wors en kook vleis. Die wors maker ken sy saak en almal het dit geniet wat gekry het. Syt nog mooi tande gehad en brisket was vet. Ek weet nie wat is jou koei se kondisie nie maar hoop sy lyk soos myne dan gaan jy lekker eet.
Dis goeie nuus,ek kan nie sien dat die vleis sleg sal wees nie.
Dink ook dalk die vleis sal reg wees as ek dit lank genoeg laat ryp word.