Hulp met lading vir Howa .243 87gn V-Max koeel

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Beaghle
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Jun 06, 2010 7:47 pm

Hulp met lading vir Howa .243 87gn V-Max koeel

Post by Beaghle »

Hallo aan almal wat so hulpvaardig is op die forum.
Lees graag die inligting wat gegee word asook terugoer. Vind dit baie leersaam. Dankie aan die manne wat die inligting deel oor die verskillende lotte se brandspoed.Dit help geweldig baie om lotte te probeer koop waarvan die spoed redelik ooreenstem. Kan dit slegs doen met die hulp van julle wat hier so vrylik inligting beskikbaar maak. Lees al baie lank maar is een van die wat verkies om nie baie te skryf nie. Ek laai al vir byna 40 jaar en leer nog steeds.

Ek sal dit waardeer indien iemand sy weg oop sien om my te help met 'n lading vir my Howa bull barrel 243.

Het al verskeie lading en lengtes geskiet en dit is duidelik dat die geweer van 'n klein sprong na die lande hou. Beste groepe gekry met .3 geseat vanaf lande.Ek sal net graag wou seker maak dat ek so na as moontlik aan 'n node is.

Inligting is soos volg: Howa 243.
Looplengte : 24 Duim gemeet vanaf toe slot se gesig tot punt van loop.
Doppe:Lapua. Nekke gesny en fire formed. Daarna uit gegloei, neck sized en getrim.
Water kapasiteit. gemiddeld van gevuurvormde doppe.5 doppe = 53.35 gn
Koeels: 87gn Hornady v-Max
Kruit : 365 LOT 72
Slagdop: CCI 200
Maks TPL: 87.2 mm gemeet op ogief
Gelaaide lengte: 86.9 mm gemeet op ogief. (.3mm jump)
Gemiddelde spoed :42 gn S365 3034 f/sec Chrony 5 m vanaf geweer.
42.5 gn S365 3078 f/sec
43 gn S365 3118 f/sec
Temperatuur : 22 grade C

Dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met lading vir Howa .243 87gn V-Max koeel

Post by tripodmvr »

Jy was bykans op die node met die 42gr lading. Die boonste node is op maksimum druk en jy sal moet kyk vir druktekens. Wees maar versigtig, maar dit behoort bruikbaar te wees.
Beaghle 243 Win 87Vmax Lot 72 Node 5.JPG
Beaghle 243 Win 87Vmax Lot 72 Node 4.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Beaghle
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Jun 06, 2010 7:47 pm

Re: Hulp met lading vir Howa .243 87gn V-Max koeel

Post by Beaghle »

Baie dankie tripod vir die help.Word waardeer. Die geweer groepeer baie goed met die 42gn lading. Ek het die beste groepe gekry terwyl ek doppe gefire form het met die koeels wat .5mm in lande in was. Die spoed was gemiddeld 3238.Dit was met lot 71. Baie warm dag gewees. 36 grade C. Geen tekens van druk op dop gehad nie,maar wel party gehad wat die slot begin liggies vryf het op dop.
Gaan die 42.2 lading 'n bietjie karring .Die groepe is mooi by 42. Gaan ook weer 'n keer opwerk na die boonste node en kyk wat hy doen.

Groete
Post Reply