Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My naam is Uwe en ek lewe in Oudtshoorn waar my pa in die weermag was. Ek het soos meeste geweer lovers op n jong ouderdom n geweer ontvang. Myne was n BSA meteor. Met daai gun het ek my skiet kuns geoefen in die basis op n daaglike basis . Ek kon ongelooflik goed skiet met hom en het later n teleskoop opgesit en begin dinge doen wat ek nie met my tanse Weihrauch HW 50 doen.
My eerste regte gewere het ek n paar jaar terug ontvang vanaf my ouma. Ek het ongelooflik baie begin skiet met hulle en baie verskonings gekry om die honde uittevat ,by die skietbaan te braai ens ens agv hulle.
Tans is ek besig om by n klub aan te sluit en wil graag tussen mense wees wat dieslfde uitkyk het sodat ek nog baie meer kan leer.
Dankie dat julle my ding gelees het
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Welkom Meteor jy sal baie dinge leer op die forum waar baie kennis is en baie goeie en behulpsaam forum lede is en waar almal dieselfde belangstelling deel.