Page 1 of 1

Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 5:24 pm
by Cobus(Cobb)
Ek wil die ander howa sneller draad nie belemmer nie, so gaan maar hier aan.

Ek het my howa HACT sneller kon stel, en hy is pragtig lig (nie gemeet nie), en breek mooi crisp.
Ander aand op Jakkals jag, skiet ek oudergewoonte 'n check skoot op 100mm gong, 100m, gong lui maar toe Dewie terugbring, sien ek hy is so duim en half regs...dog toe maar dis ouderdom en steur my nie daaraan nie.
Eerste jak verloor sy gesig op 40m, kannie sê en onthou waar ek gekorrel het nie...."my Lady"....(no individual recallection my Lady)....maar ek glo nie ek sou kopskoot wou vat nie.
Tweede jak vat Dewie op die kuiltjie van voor en jakkie word 'n tripod, sy linker been/skouer/blad is kas toe.
Derde jak vat Dewie op die blad, was ook effe regs......

Wat sê julle manne...het die nuwe sneller werk verrigting tov jou menswees en skiet bewegings dalk 'n effek om dalk na 'n rigting te beweeg??Moet 'n ou net die nuwe sneller leer ken?? Of eerder weer gaan oor inskiet??

Ek luister

Cheers

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 5:48 pm
by PWV
Cobus, ek kan nie dink dat dit nou die sneller se skuld is nie.
Skiet maar eers weer 'n paar skote van die tafel af.
Lekker as die sneller so bietjie ligter en krisp is, né?
Groetnis

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 6:18 pm
by Cobus(Cobb)
Yes Oom Piet, ek het maar net die spring gesny, wou nie te veel aan die oppervlaktes polish nie, ander sit ek weer met ander issues...sal die week gou weer oor 'n sak loop lê en kyk wat gebeur.
Cheers

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 6:34 pm
by tripodmvr
Vind nou na ek my sneller op die Howa af het na 2.2 lb dat ek die skoot laat loop voor ek heltemal op teiken is. Dit kos nou meer konsentrasie om groepe te skiet.

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 7:00 pm
by Pvdw
Koos oor die algemeen verander die POI elke keer as jy die geweer uit die kolf uithaal en weer terug sit.

Ek sou nie vreeslik daaroor worry nie. Stel net gou daai 4 klieks in op die baan en los dan die geweer in die kolf!!

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 8:10 pm
by PWV
tripodmvr wrote:Vind nou na ek my sneller op die Howa af het na 2.2 lb dat ek die skoot laat loop voor ek heltemal op teiken is. Dit kos nou meer konsentrasie om groepe te skiet.
Marius, jy gaan gou daaraan gewoond raak en sommer baie beter skiet!
Myne is af na 1 lb. Hy loop soos stroop.

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 8:16 pm
by Cobus(Cobb)
Sonder 'n trekskaalthie, is daar 'n jippo manier om die ponde te meet??

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 8:28 pm
by PWV
Cobus(Cobb) wrote:Sonder 'n trekskaalthie, is daar 'n jippo manier om die ponde te meet??
Hang 'n plastiekbottel aan die sneller en gooi water in tot hy breek. Weeg dan die bottel met alles wat aan die sneller gehang het.

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 9:10 pm
by Cobus(Cobb)
Gaan so probeer....

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 9:36 pm
by Cobus(Cobb)
Lyk soos 1/2 liter bottel water, nie heeltemal vol nie, so ek rond maar af na 500g in totaal....1,1 pd....not bad.

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 9:38 pm
by douw
Pieter Willem Vorster wrote:
Cobus(Cobb) wrote:Sonder 'n trekskaalthie, is daar 'n jippo manier om die ponde te meet??
Hang 'n plastiekbottel aan die sneller en gooi water in tot hy breek. Weeg dan die bottel met alles wat aan die sneller gehang het.

Daai klink na 'n blink plan!

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 11:00 pm
by Louis Kriel
Dis net n baie slim oom wat sulke blink planne maak!

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Mon Apr 21, 2014 11:16 pm
by Frikkie Coetzee
Cobus

Ek het n Rifle Basics sneller op my Savage gesit. Was ingestel voor tyd. Moes daarna omtrent 7 klieks regs en so 3 op op 100m. Dink dis eerder die uithaal uit kolf as die sneller self.

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Thu Jan 15, 2015 11:27 am
by Cobus(Cobb)
Vandag gou my sneller loop meet by gunsmith met trek skaaltjie. 450g dan breek hy, maar nog steeds veilig, stamp, slot toe klap, safety werk mooi.....

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Thu Jan 15, 2015 6:51 pm
by Pvdw
450g.?? Dis so sag soos jy daai sneller kan kry. Myne staan op 600g en ek los hom net so.

Re: Howa sneller....vervolg

Posted: Thu Jan 15, 2015 10:07 pm
by PWV
Cobus(Cobb) wrote:Vandag gou my sneller loop meet by gunsmith met trek skaaltjie. 450g dan breek hy, maar nog steeds veilig, stamp, slot toe klap, safety werk mooi.....
Kan jou amper waarborg dat jou groepe op die teiken nou gaan krimp. Laat hoor!