Lekker jag trippie beplan!!
-
Frikadel
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am
Lekker jag trippie beplan!!
Manne, net so n lusmaker.
Ek en n vriend is geboek vir n jagtog die einde van Mei in die Steynsburg omgewing en daar loop huidiglik 10 mooi vet Blesbokkies daar rond wat ons name ophet.
lekker man, kannie wag nie.

Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
-
Frikadel
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Wil net se, ons ry more oggend vroeg op ons jagtog, Whoop, Whoop!!!!!
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Lekker jag trippie beplan!!
... Vryf dit nou in .....!!
Geniet dit!
Geniet dit!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Geniet dit. PM aan jou gestuur, Frikadel.
-
OMarais
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Thu Feb 20, 2014 7:16 am
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Myne... T-28 dae...
Geniet dit baie!
Onthou die kamera en deel na die naweek.
Geniet dit baie!
Onthou die kamera en deel na die naweek.
-
Frikadel
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Rite, hier kom die storie.
Donderdag vroeg ry ons 3 manne eers gou Braamfontein toe in want een pel het gou n meeting daar aan.
So teen 10 uur slaan ons die pad na Ventersburg, koop gou vleisie ens en gaan drink n lekker bier by die Ventersburg hotel waarna ons die laaste 13 kilos aanpak na die plaas waar ons gaan jag vir die naweek. Daar aangekom is ons aangenaam verras met die verblyf en geriewe oor die algemeen. Ons pak uit en maak onsself tuis want ons gaan eers jag die Vrydagoggend.
Uit die aard van die saak word die res van die Dondedag n lekker kuier en braaidag tussen 3 vrinne.
Vrydag, dou voor dag kom haal ons PH ons, Louw van Niekerk van Louws Hunting Safaris ons met sy olyf groen monster Nissan Safari. Veiligheid is eerste, slotte oopens voor ons op daai trok klim, dis moerkoud!
By die jagveld aangekom verduidelik Louw al die biki reels. veiligheid, geen drank in die veld nie, jou eie doodsakker of skiet gebied moet eerbiedig word ens. Elke man kry n walkie talkie en word op drie plekke afgelaai op die plaas. Ek ry n bos met n helske stuk plat Vrystaat grasveld voor my en maak myself en my geleende 30-06 (onder toesig van my swaer) gemaklik op die grond sodat ek die veld kan bespied. (My 30-06 se lisensie hoor ek gister is die 30ste Mei goedgekeur, maw op my eerste jag dag!!, wag al wie weet hoe lank vir die lisensie)
Ek le seker so 10 munite toe daai radio langs my afgaan, maar ek kan boggerol hoor en sit die ding af. Volgende oomblik is die trop Blesbokke voor my, so 160 meter, heel rustig die dat ek hulle nie gesien het nie. Ek le daar met net drie patrone (ek is so deurmekaar van opgewonden heid dat ek die oggend n pak 303 patrone laai in plaas van 30-06)
Skrik toe so groot vir my eerste jagtog en die adrenalien vloei mooi. In die haas om aante le brand ek my vlees baadjie met die sigaret en my vingers, gooi my water om, koek die patrone in die loop (voel of al drie wou ingaan toe ek traai laai).
Helaas is die patroon in die loop maar ek skiet n wilde skrikskoot, hoog bo-oor die bokke.
Ek kry myself onder beheer, laai en raak rustig.
Ek kry my bokke in die vissier en neem beheer, so op 150 meter toe draf hulle senuagtig gelukkig in my riting en besef dat hulle nie weet waar die skoot vandaan gekom het nie.
Trek die eerste een plat, deur die vitals haal oor en trek die 2de een plat ook deur die vitals, alles binne omtrent 8 sekondes. Daar sit ek met n senuagtige trop met geen patrone nie. Twee mooi groot Blessies le op die grasveld, morsdood.
Word vervolg.........

Frikadel, die dorpie aangrensend aan Steynsburg distrik in die Oos-Kaap is Venterstad en nie Ventersburg nie. Lg. is in die Noord-Vrystaat.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Wat is die plaaseienaar se beleid rondom misskote? Moes jy opdok? Ek verwys na jou "skrikskoot" soos jy dit noem.
-
Frikadel
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Net so Win270, die dorp net anderkant Kroonstad.
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
-
Frikadel
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Baie geldige vraag Win270.win270 wrote:Wat is die plaaseienaar se beleid rondom misskote? Moes jy opdok? Ek verwys na jou "skrikskoot" soos jy dit noem.
Die baas en sy PH'shes glo nie aan misskote nie, jy sal jou bok kry ongeag wat gebeur.
Ons met 2 kwesbokke gehad en al twee was opgespoor binne n halfuur en afgehaal.
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
-
Rysmier
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Fri Feb 10, 2012 1:16 pm
Re: Lekker jag trippie beplan!!
Mmmm, Steynrus en nie Steynburg nie.
Ek het maar Google maps ingespan, want ek kom van die area rondom Gariep Dam, en Ventersburg is nie so naby Steynsburg nie.

Christiaan
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii