sportskut status

johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

sportskut status

Post by johans »

naand manne,ekt vandag my sportskut status gedoen.ek hoor toe vandag dat met sportskut status dit jou nie regtig gaan help met n motivering vir n alternatiewe haelgeweer of handwapen lisensie nie.is dit so?soos ek dit het is jy redelik "gewax" met die status
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: sportskut status

Post by Nickvn »

Ek stem nie saam nie. Solank jy dit kan motiveer kan jy n tweede haelgeweer en handwapen kry.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: sportskut status

Post by Fanta300 »

Sportskut status help beslis. Ek het drie handwapen lisensies. Kry net endossement van die Jagters vereeniging waaraan jy behoort.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: sportskut status

Post by James Wilson »

Jy kan netnie jou handwapen wat vit sportskiet gelys is, dra vir selfverdediging nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: sportskut status

Post by Armand Steenkamp »

James, jong dis vir jou n ding. Ek het gemeen jy kan hom maar dra?? Ek het verstaan dat as daar moeilikhyd is kan jy enige iets gebruik om jouself te verdedig??? Hahaha so ek sal nou nog n handwapen moet kry!

Groetnis
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: sportskut status

Post by johans »

Armand Steenkamp wrote:James, jong dis vir jou n ding. Ek het gemeen jy kan hom maar dra?? Ek het verstaan dat as daar moeilikhyd is kan jy enige iets gebruik om jouself te verdedig??? Hahaha so ek sal nou nog n handwapen moet kry!

Groetnis
armand ek dink as jy in jou huis aangeval word kan jy seker met die eerste beste wapen jouself verdedig,jyt tog nie tyd om deur jou wapens te gaan en te kyk watter is vir sportskiet en watter vir jag nie,maar as jy jou sportskiet pistool by jou dra en jy sou iemand daarmee skiet gaan hulle jou seker kap in die hof.dis maar wat ek dink
User avatar
BennieO
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am

Re: sportskut status

Post by BennieO »

Is ek reg as ek sê dat net wapens wat vir selfverdediging gelisensieer is gelaai gelos kan word en sport en jag wapens moet ontlaai wees?
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: sportskut status

Post by Armand Steenkamp »

BennieO wrote:Is ek reg as ek sê dat net wapens wat vir selfverdediging gelisensieer is gelaai gelos kan word en sport en jag wapens moet ontlaai wees?
Ek weet nie so mooi van daai een nie....

So ek sal nou MOET vir my nog n handwapen aanskaf. Aan die een kand seker nie n slegte ding nie. Of die Handwapen wat ek nou het oor lisensieer vir self verdediging...

Jammer vir die Hijack
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: sportskut status

Post by Nickvn »

BennieO wrote:Is ek reg as ek sê dat net wapens wat vir selfverdediging gelisensieer is gelaai gelos kan word en sport en jag wapens moet ontlaai wees?

Ek het nog nooit hiervan gehoor nie. Het jy dalk n verwysing na iets wat dit se?
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: sportskut status

Post by RV »

Help my reg as ek verkeerd is.Ek sien nerens in Art16 van Wet 60 van 2000(of in die vuurwapen in geheel) dat ek nie n wapen wat gelisensieheer is vir toegewyde sportskiet by my mag dra vir selfverdeiging nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: sportskut status

Post by Arnold »

Riaan, jy is reg.

Jy mag ook net n wapen wat as SD gelisensieer is gelaai stoor.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: sportskut status

Post by Armand Steenkamp »

Leer ek weer iets.

Groetnis
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: sportskut status

Post by Fanta300 »

James Wilson wrote:Jy kan netnie jou handwapen wat vit sportskiet gelys is, dra vir selfverdediging nie.
James, waar lees jy dit? Mag ek my selfverdediging pistool gebruik vir sport skiet?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: sportskut status

Post by Alwin »

Dit sal nogal help as ons almal 'n slag die wet (Wet op beheer van vuurwapens, wet 60 van 2000) gaan deurlees. En die regulasies ook! Veral die gedeeltes wat op ons van toepassing is.

Van Sec 13 tot sec 17 staan dit baie duidelik: "...jy mag enige wettige vuurwapen vir enige wettige doel gebruik..." (Vry vertaal uit die engelse weergawe.) Dus mag jy enige wettige wapen (gelaai) dra vir sefverdediging.

Die wet bepaal wel, dat jy slegs jou S13 (sefverdedigings-wapen) gelaai mag stoor. Ontlaai word gedefinieer as geen patrone in kamer, silinder of magasyn aan wapen nie. Dus, kan verwyderbare magasyne wel vol wees.

Die laaste wysigingswet het wel ekstra stoor-regulasies in vir versamelaars. Kortweg bepaal dit dat hulle alle "beperkte" en "verbode" wapens tydelik moet de-aktiveer en toesluit. Maar, hulle mag 1 wapen per kluis, gelaai hou vir selfverdediging.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: sportskut status

Post by James Wilson »

Ek het so drie weke terug die sportskut kursus gedoen. Daar was n vraag in, mag jou sportskiet wapen gelaai wees as dit vervoer word of gestoor word. Die antwoord is nee. Maw sy nut as n selfverdegings wapen het perke. Dus nie die idiaal nie. Sou jy egter daardie wapen gebruik vir selfverdeging, sal die staat die situasie meet asof dit n selfverdeging wapen is. Maw, sou dit blyk dat jy geregtig was om te skiet, sal dit nie saak maak of dit sport of selfverdeging wapen is nie.

Dit maak nie saak hoe goed ken ons die wet of hoeveel keer ons dit deurlees nie. Die feit van die saak is die gemiddelde polisieman wat jou vannag by n padblokade voorkeer, ken die wet waarskeinlik gladnie. Daar wil ek dan nie met hom in woordewisselomg betrokke raak, omdat ek my sporskiet pistool aan my dra nie. Hy is verkeerd en ek is reg, maar in die land, gaan ek waarskeinlik vannaand in die tronk slaap.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: sportskut status

Post by Fanta300 »

Dankie 338
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: sportskut status

Post by ZKK »

As ek asb ook n spanner in die werke kan gooi.
Wat van n handwapen wat as n jaggeweer geregistreer is?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: sportskut status

Post by Armand Steenkamp »

ZKK wrote:As ek asb ook n spanner in die werke kan gooi.
Wat van n handwapen wat as n jaggeweer geregistreer is?
ZKK, Dan mag jy daai handwapen net gebruik as n jaggeweer en gladnie as n handwapen nie :laugh: ;) ;)

Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: sportskut status

Post by Arnold »

Ek dog jy wou iemand met n spanner gooi ... onthou jy mag dit net doen as hy vir SD gelisensieer is ;)
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: sportskut status

Post by ZKK »

So ek neem aan dat my Rewolver ook dan nie gelaai in die kluis mag wees as hy as n jagwapen geregistreer is nie?

As ek dan nou oppad na n jagplaas toe is, en ek dra my rewolver op my, mag hy dan ook nie gelaai wees nie?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: sportskut status

Post by Capt. Yoda »

Kan iemand vir my asb wys waar dit in die wet staan? So ver ek weet (en ek het dit al met n klomp kenners bespreek) mag jy jou sport wapen by jou dra
Wat die algemene poliesman van die wet weet is nie my probleem nie.Die wet is die wet en as hy jou toesluit omdat jy n geweer reg volgens die wet gebruik sal daar perde wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: sportskut status

Post by Alwin »

Die poliesman mag SY EIE DIENSWAPEN nie gelaai dra nie. (Kamer leeg.) En hy sal baie maklik vir jou vertel, dat dit op jou ook van toepassing is. Dit staan nie in die wet of regulasies nie, maar is interne SAPS regulasies. Die wet en regulasies verskil ook tussen polisie en siviele persone, wat betref skede (holster) spesifikasies. Polisie ens moet 'n knip op hê.

Jy mag vir seker nie jou jag- of sportwapen gelaai stoor nie. Geen partone in kamer of magasyn op wapen.

Vervoer is 'n ander saak, en word o.a. beheer deur die wet op wilddiefstal en provinsiale ordonansies. In die 3 provinsies, wat deel van die "ou" Transvaal was, mag jy nie enige wapen, wat se loop langer as 105mm is, gelaai dra of vervoer nie, op of naby enige plaas waar daar moontlik wild mag wees nie. As die loop langer is, moet die kamer leeg wees en dit moet in 'n sak of houer wees.

Maar, behalwe vir bg. staan daar absoluut niks in wet 60 van 2000 oor DRA nie, behalwe dat jy die wapen moet verberg, as jy dit dra, en die tipe houer waarin jy dit mag dra. Daar staan wel by elke hoofstuk (Sec 13 tot Sec 17), dat jy enige wettige gelisensieerde wapen mag gebruik vir enige wettige doel, waar dit veilig is.) Dra vir selfverdediging is, sover bekend, darem nog wettig en veilig.

Ons kan gerus leer om te onderskei, tussen die bepalings van die wet, en die onkundige menings van oningeligte mense. Onkunde oor die wet, is geen verskoning in die hof nie. Dit geld vir my, jou en enige poliesman. Maar teen die tempo wat die SAPS begroot vir geregtelike eise teen hulle, lyk dit nie of hulle baie moeite gaan doen om hulle lede volledig op te lei nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: sportskut status

Post by Capt. Yoda »

Dankie 338 dit is soos ek dit ook het.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: sportskut status

Post by NicoSmit »

My pistool se lisensie kaartjie verval erens hierdie jaar maar my geweer lisensies verval eers na my leeftyd moet ek nou weer deur die trauma gaan om my pistool te hernu wat behels dit nou
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: sportskut status

Post by James Wilson »

Die punt is, daar is perke op n sport wapen, wat nie geld op n selfverdedigins wapen nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply