CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
-
Hein Funck

Ek het dit goed gedink om hier vir ons 'n plek te maak om inligting uit te ruil of sommer net te chat. As jy vrae het stuur dit deur en dan kan die wat weet help. Ons sit nou in 'n situasie waar Cape Nature Wes-Kaap Roep, slagysters en honde wil verban in die gebruik teen probleemdiere. Hier kan jy jou mond daaroor uitspoel of se as jy saamstem, hou dit skoon asb. Geen persoonlike aanvalle nie.
Volg die skrywes hier op die forum en praat saam.
Ek sal ook hulle (CapeNature) se stelling by Wetgewing insit.
Julle is ook welkom om in Engels te antwoord of te vra. Ons sal dit so antwoord.
Heinrich

Last edited by Hein Funck on Fri Dec 05, 2008 9:30 pm, edited 1 time in total.
-
Hein Funck
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
CapeNature, the nature conservation authority in the Western Cape, hereby wishes to make the following statement.
Historically, various methods, such as gin traps, night hunting, etc., were listed in the annual Provincial Notice as a method to manage certain damage-causing animals in the Western Cape Province, such as caracal and black-backed jackal.
However, these methods, particularly gin traps, are unselective and inhumane, and the use thereof has resulted in the capture and often the subsequent death of many non-target species, such as honey badgers, black eagles and leopards. Furthermore, the unselective killing of damage-causing animals, including the use of spotlights and call devices, has never been a long term solution to counter the losses of livestock attributed to them. More often than not the wanton removal of damage-causing animals simply contributes to further loss in biodiversity and, in many instances, results in increased livestock or crop losses. This is due to the fact that animals dispersing from adjacent areas will fill the vacuum created by the unselective removal of damage-causing animals.
CapeNature will only support methods which are:
? humane,
? selective,
? ecologically acceptable, and
? legal in terms of current conservation legislation.
It is a fact that there are many methods available to farmers which conform to the above-mentioned criteria. When these methods are applied correctly, in conjunction with proper habitat or veld management, losses are greatly reduced.
CapeNature, in supporting and promoting an holistic approach to the management of damage-causing animals, can no longer condone any methods that do not conform to the above-mentioned criteria. CapeNature has therefore decided not to list any method which does not conform to said criteria in any future annual Provincial Notice. This effectively means that certain methods, such as gin traps and night-hunting, may no longer be used as methods to manage damage-causing animals in the Western Cape Province.
CapeNature remains committed to assisting producers/farmers through the provision of training, information, support and advice regarding the management of damage-causing animals.
-
Lammie
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Ek dink dit is 'n goeie forum vir almal wat propleme het met ongediertes , die propleem eskaleer daagliks en dan moet Boere nog die armsalige oningeligtes wat in lugreelaar kantore sit , wat ook nog oortuig moet word van onosel besluite wat hulle maak.
Ek dink dit is redelik om te s? dat dit nog 'n patetiese wet , deur ewe patetiese mense ingestel , wat nie polisieer kan word nie.
Kom ons gebruik hierdie forum om ons jagtegnieke verder te verfyn ten bate van ons Boere en laat die GROENES hul eie holistiese benadering onderdeur die ko?ls beoefen .
Beste

Last edited by Lammie on Fri Dec 05, 2008 12:53 pm, edited 1 time in total.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Daar's interresante leestof by die volgende links http://www.jackal.co.za/deat_comments.html
en http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1 ... 869C600765
Landbougrond is daar om kos te produseer!!! Die hele Weskaap kan nie gelos word om in 'n Natuurreservaat te verander nie. Ek as bestaansveeboer kan nie als laat los en oorgelaat word aan duur onbeproefde metodes om probleemdiere te beheer nie. Daar is nog nie beproefde alternatiewe wat gaan oorbly om aleen toe te pas nie en ek's van mening dat Capenature heeltemal te gou was met die nuwe verbod. Dis vir my so oulik hoe die wette soos bv. Vuurwapenwet en Gronbelasting sommer net afgedwing word en daar nie na rede geluister was nie. Deels omdat die meeste mense te bang is om iets te s?. Ons sal baie meer geraas moet maak en dit met feite en kan staaf.
Ongelukkig is die veeboer op landbougrond in direkte konflik met probleemdiere en daar om die kunsmatige biodiversiteit te handhaaf met BEMARKING en goeie veld en weidings bestuur.
Cheers

Last edited by Dawie on Fri Dec 05, 2008 12:51 pm, edited 1 time in total.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Nog links om te sien hoe die teenstand dink!!!
http://www.iol.co.za/index.php?click_id ... 162C943501
Lees veral die laaste paar paragrawe van die een.....
http://www.africanconservation.org/cont ... /1016/409/
Het vannaand 'n nuwe woord geleer...."Green Washing" Dis nou wanneer jy 'n slagyster 'n legholding device noem.

Last edited by Dawie on Fri Dec 05, 2008 12:50 pm, edited 1 time in total.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Dawie
dankie vir die links. Veral die link na Thys de Wet se website. Baie goeie inligting wat gelees kan word.
Die vergadering met CapeNature het vandag blykbaar nie te veel opgelewer nie, hulle gaan darem nou 'n konsepbrief aan boerevereenigings en boere unies stuur. Ons sal sien wat daar uitbroei. Dit is nog steeds eensydig en nie samewerkend.
Groete
Hein

Last edited by jaracal on Fri Dec 05, 2008 12:56 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Weet iemand al wat Dept Landbou se siening is? My Landbou Voorligter wag nog vir antwoorde op my vrae aan hulle Dept vir meer as 'n week.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Dawie
Ek weet nie of jy dink ons moet Nasionaal 'n antwoord kry nie, maar die huidige Norms and Standards is nog nie eers uit nie en word in Maart 2009 verwag vir verdere kommentaar. Ons moet ons net gereed hou as dit uitkom om sorgvuldig kommentaar te lewer. Ek dink Dept landbou sal ook nie voor daardie tyd antwoord nie. Ons moet ons feite en skietgoed begin regkry en boere sal ook sekuur vee verliese moet aanteken. Die ander ding wat belangrik is, is om fotos te neem. Julle kan dit hier plaas soos ek verduidelik onder plasing van fotos en dan het ons 'n tipe van 'n databasis van waar ons dit kan aftrerk.

Last edited by jaracal on Fri Dec 05, 2008 8:53 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Ons landbou vereniging se probleemdierforum het vraelyste oor verliese al uitgestuur en ingekry wat ek dink Bloemfontein toe is na 'n Proffessor daar, en daar's ook al redelik fotos hier geneem van skade. Miskien moet 'n mens probeer om met natuurbewaring 'n memorandum van verstandhouding laat onderteken tot tyd en wyl hulle kursusse in plek het vir permitte as die verbod deurgevoer word. Die inhoud van so 'n memo kan bv. wees dat ons die verbode metodes voorlopig kan gebruik op diskressie in uiterste gevalle. Of hoe?
In Ligter Luim...........maar hoe dit werk!!!
Hoe maklik ondersteuning gewerf kan word?vergelyking
Ek weet Dokters check nou deesdae ?n ou se prostaat met ?n bloedtoets maar vir die storie se ontwil maak ons dit maar nog soos die ou manier is.
Juffrou van ?n graad 4 klas vert?l vir die klas wat die dokter die oom aandoen om sy prostaat te check sonder om te s? wat kan gebeur as dit nie gedoen word nie. Geskok steek klein Jannie prokureer sy handjie op. ?Juffrou dis barbaars, dit moet verbied word, en daai dokter moet aangekla word vir sodomie en seksuele aanranding? Sannie wat ook al Dr Phil gekyk het beaam en voeg by ?Die arme Oomie, hy sal nou moet vir duur sielkundige behandeling gaan?
Al wat Juffrou dan vra is ?dink julle dit moet verban word?? Natuurlik sal almal in die klas eenparig s? Ja!!! . En sy?t nou klaar haar oningeligte emosionele magsbasis
Al wat Juffrou verder doen wanneer die teenstand ?n vragie vra is om met wanopvattings te antwoord.
Mens kan dit nog verder vat, maar dis basies hoe dit werk.
Propaganda werk so? As jy ?n leun genoeg kere vert?l word dit later vir die waarheid aangesien.
?Moral of the story?? sekere noodsaaklike goed, wat ongelukkig gedoen moet word, as ons met oogklappe daarna kyk, lyk wreed en onmenslik.
Volgens my is dit verkeerd en onverantwoordelik om Jan Alleman se emosies op te jaag oor noodsaaklikke praktyke in boerdery sonder om hulle te vertel dat daar eendag geen skaapvleis of kleinvee boere oor sal wees as jakkalse onbeheerd toegelaat word om aan te teel nie. Ons boere is ook mense en dit ontsel my ook om enige dier te sien ly ongeag watter dier dit is en veral as dit nog skape of lammers is wat jakkalse nie dood byt en van agter af vreet agv sekere voorsorgmaatreels.
Voorstel om kwaaddoeners selektief te verwyder
Wat benodig word is ?n Tranquilizer geweer, wat ?n Rooikat of Jakkals tot op ten minste 250m op die boud kan dart. ?n Operasietafeltjie wat in die veld kan oopvou met sy tools.
Wanneer daar nou ?n paar l? en slaap, wat gedart is, kan hulle een vir een sorgvuldig oopgemaak word om te kyk na maaginhoud. Die skuldiges met vee-reste in die maag kan kopafges?e...ek bedoel ge-leathal inject word en begrawe word. Die res kan met sorg toegewerk word en losgelaat word.
Sorg sal deur die owerhede geneem moet word om te keer dat boere en jagters onskuldige diere ?frame? deur ?n skaaptjoppie te kou, op te braak en in die maaginhoud te plaas.
Enige ander voorstelle???
Die muise in die Kaasfabriek?.weereens ?n vergelyking
Eendag was daar ?n Kaasfbriek, hulle het vreeslik probleme gehad met muise.
Hulle het muisva?e..ek bedoel ?muis body holding devices? en muisgif gebruik om die muise te beheer.
Die CEO van die kaasfabriek se vrou was baie lief vir muise, sy was van daai tannies wat boom gerook het en nie haar onderarm hare geskeer het nie. Sy het die beheer van muise as barbaars en wreed beskou. Raad op en emosioneel s? sy vir haar man ?As julle nie ophou om die muise so te vermoor nie gaan ek jou begin eros liefde weier? Dit was vir hom verskriklik want hy was ?n gesonde oom. Om haar tevrede te stel probeer hy aan haar verduidelik ?my ou Bitterjasriviertjie hulle gaan ons bankrot vreet!! Dan is ons uit ons fabriek en baie mense gaan sonder werk sit?
? JA MAAR!!? s? sy ? Omdat julle so baie van hulle doodmaak raak hulle net al meer bronstig en teel meer, wat van al die kakkerlakke en krieke wat hulle opvreet om die ekologiese balans in die fabriek te behou? As ons hulle los om hulle normale muis kultuur uit te leef sal hulle getalle stabiliseer? Van al die gekerm van die tannie en haar onvermo? om rede in te sien het die CEO ingegee.
Na twee maande het die getalle van die muise gestabiliseer, want die Kaasfabriek kon net soveel kaas maak as wat die muise gevreet het. Daar was wel pogings van die tannie se vriende om net die kaasvreter muise uit te vang en in die veld te gaan los maar dit het te duur geraak, want die CEO kon dit nie meer bekostig nie want hy?t niks kaas gehad om te verkoop nie.
Die kaas fabriek is tot niet, kon nie verkoop word nie, en nou sit die oom en tannie iewers in ?n shack op die Kaapse Vlakte met geen kaas fabriek, kaas of muis in sig. Is dit waar hulle ons boere wil sien????
Fluit-Fluit

Last edited by Dawie on Fri Dec 05, 2008 10:38 pm, edited 1 time in total.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Redes vir CapeNature se besluit:
From: Jaco van deventer
To: DJ van der Vyver
Sent: Thursday, November 27, 2008 3:56 PM
Subject: Re: Permitte vir Slagysters en Nagjag van Rooikatte en Rooijakalse?
Hallo Dawie
Dankie vir jou navrae. Julle sal seker wonder hoe die dinge so vinnig verander het nadat ek laas by julle was.
CapeNature is onder geweldig baie druk as 'n verantwoordelike bewaringsowerheid, om beheermetodes wat nie selektiief en menslik is nie, te verwyder. Ons is in die moeilike situasie waar ons 'n groot verantwoordelikheid het teenoor die omgewing om verlies aan biodiversiteit te bestuur, sowel as 'n verantwoordelikheid teenoor grondeienaars om toe te sien dat hulle nog beheer kan toepas en 'n bestaan voer.
Die oormatige doodmaak van groot getalle rooijakkalse en rooikatte deur veral nagskiet, het 'n groot impak op hierdie diere se sosiale gedrag en veroorsaak dat hulle getalle toeneem om hierdie vakuum te vul. Verder word hulle verhoed om normale territoriale gedrag uit te voer en territoriums af te baken. Dit veroorsaak oormatige aanteel en gepaardgaande veeverliese.
Die oomblik as hierdie diere se sosiale gedrag toegelaat word om in werking te tree, dryf hulle vreemdes van hul gebiede weg en onderdruk aanteel. Kleiner getalle roofdiere kom dan op eiendomme voor en gepaardgaande is die veeverliese minder.
Ons moes drastiese stappe in plek stel om die oormatige doodmaak van hierdie diere te reguleer. Dit is ons morele plig as bewaringsliggaam. Daarom sal daar nou moet aansoek gedoen word vir permitte om hierdie aksies uit te voer.
Ek besef dat die suksesvolste beheermetode waarskynlik die roep en skiet van hierdie diere is. Met dit inaggenome, het ek het 'n voorstel aan my mense gerig wat wat hopelik julle ondersteuning sal kry. Ek het voorgestel dat ons die mense wat tans nagskiet op 'n professinele wyse beoefen, akkrediteer deur 'n vorm van 'n kursus. Hierdie persone moet dan 'n sertifikaat van CapeNature ontvang wat hom as 'n professionele tipe jagter uitwys. Die holistiese beginsels van roofdierbestuur sal sterk in die kursus na vore kom. Indien grondeienaars dan hierdie beginsels implimenteer en steeds skade deur enkele indiwidue ondervind, moet hierdie opgeleide ouens uitgaan en die enkele kwaaddoeners selektief verwyder deur roep en skiet. Hierdie persone moet ook met 'n jaarpermit of 6 maande permit uitgereik word.
Trugvoering moet deurlopend aan CapeNature gegee word oor hoeveel diere vankant gemaak is en of dit die gewensde uitwerking het. Dit is ook vir my belangrik dat karkasdata van die kwaaddoeners versamel word, veral maaginhoud. Op hierdie wyse sal die rompslomp van permitte uitgeskakel word en die veeboer 'n professionele diens ontvang waarvoor hy, soos tans die geval is, die jagter vergoed. Wat ons wil uitskakel is die ouens wat so veel moontlik roofdiere in 'n nag probeer skiet vir die geld. Dit is die ouens wat skade aan die omgewing aanrig en veroorsaak dat veeverliese eskaleer.
Ek wil weereens my lojale ondersteuning aan alle veeboere bevestig en dat ons van CapeNature se kant alles in ons vermoe sal doen om te help waar ons kan met inligting, opleiding ens. Hierdie stappe is nie in plek gestel met die doel om veeboere te benadeel nie, maar om toestande daar buite te probeer stabiliseer sodat veeboere minder verliese sal ondervind en ekologiese prosesse nie verder skade sal ly.
Groete.
Jaco van Deventer

My (Heinrich Funck) se reaksie op die redes aangegee vir die besluit: (verkort)
Geagte Mnr Van Deventer
Ek skryf graag aan u alhoewel ek vermoed dat die skrywe nie juis iets kan verander nie, maar is daar by my ?n paar kwelvrae en punte wat ek graag wil uitgelig. Ek jag nie meer in die Wes-Kaap nie, het al voorheen daar gejag en het ook verskeie boere daar opgelei in die beheer van probleem diere. So die wetgewing sal my as persoon nie werklik beinvloed nie maar dra ek die boere en jagters se belange op die hart.
Ek is dankbaar vir u stelling ?ons 'n groot verantwoordelikheid het teenoor die omgewing om verlies aan biodiversiteit te bestuur, sowel as 'n verantwoordelikheid teenoor grondeienaars om toe te sien dat hulle nog beheer kan toepas en 'n bestaan voer.?
U maak die volgende stellings: 1) om beheermetodes wat nie selektief en menslik is nie, te verwyder. 2) Die oormatige doodmaak van groot getalle rooijakkalse en rooikatte deur veral nagskiet, het 'n groot impak op hierdie diere se sosiale gedrag en veroorsaak dat hulle getalle toeneem om hierdie vakuum te vul. 3) Verder word hulle verhoed om normale territoriale gedrag uit te voer en territoriums af te baken. 4) Dit veroorsaak oormatige aanteel en gepaardgaande vee verliese. 5) Die oomblik as hierdie diere se sosiale gedrag toegelaat word om in werking te tree, dryf hulle vreemdes van hul gebiede weg en onder druk aanteel. Kleiner getalle roofdiere kom dan op eiendomme voor en gepaardgaande is die veeverliese minder. 6) Ons moes drastiese stappe in plek stel om die oormatige doodmaak van hierdie diere te reguleer. Dit is ons morele plig as bewaringsliggaam.
Ek wil graag my ondervinding met u deel ivm die spesifieke punte soos deur u genoem:
Punt 1: ) om beheermetodes wat nie selektief en menslik is nie, te verwyder.
Hierdie punt is seker al tot vervelens toe geopper en aangehaal en word daar gewoonlik na slagysters en honde verwys wat nou onverklaarbaar ook roep en skiet insluit. Slagysters kan met die regte opleiding en lok-aas spesie spesifiek gemaak word veral as daar met urine en mis gestel word. Dit is menslik aanvaarbaar dat muisvalletjies in huise gestel kan word maar dit mag nie deur boere gebruik word om jakkalse en rooikatte te vang nie. Praat van dubbele standaarde. Slagysters kan met ?n klein bietjie moeite verander word in ?n ?leghold device? met ?n ?offset and laminated jaw?. Opgeleide pak honde vang ook nie nie-teiken diere nie. Daar word gefokus op gewoonlik twee spesies nl. die rooijakkals en rooikat.
Die mees selektiefste metode roep en skiet word deur u geklasifiseer as eerstens onselektief en dan seker ook as nie menslik. Dit is werklik onverstaanbaar. Elke persoon wat dit professioneel doen het van die beste teleskope om te verseker dat die dier eers ge?dentifiseer word voor die sneller gedruk word. ?n Meer selektiewe metode kan ek nie beskryf nie. Onmenslik kan ek ook nie insien nie. Jag is ?n aanvaarde praktyk w?reldwyd en gemeet aan daardie standaard kan dit geensins as onmenslik beskryf word nie.
Punt 2: ?Die oormatige doodmaak van groot getalle rooijakkalse en rooikatte deur veral nagskiet, het 'n groot impak op hierdie diere se sosiale gedrag en veroorsaak dat hulle getalle toeneem om hierdie vakuum te vul.?
Kleinvee boere het van die vroegste tyd reeds jakkalse en rooikatte doodgemaak en was dit ook geproklameerde probleemdiere. Op daardie stadium was die vakuum reeds geskep en teel die jakkals sedert daardie tyd om die vakuum te vul. Met die tot stand koming van wildplase en natuurreservate, waar geen beheer toegepas word nie het die jakkals en rooikat ?n goeie vastrap plek gekry waar hulle in veiligheid kan aanteel en dan na die vakuum gebiede versprei. Professionele persone (prokureurs, dokters besigheids persone en buitelanders) het plase aangeskaf , en waar geen beheer toegepas word nie het dit ook ?n veilige hawe vir die diere gebied waar hulle kon aanteel en verder versprei.
Ek het dit in die 13 jaar herhaaldelik gesien dat waar ?n wildplaas of ?naweek-boer? nuut gevestig word en geen beheer op die plaas vir ?n tydperk van 2 jaar of langer gedoen is nie die gebied wemel van veral rooijakkalse. Ek het op vele sulke plase gejag. Nasionale Reservate soos byvoorbeld die Tankwa Natuur Reservaat is ook ?n baie goeie voorbeeld hiervan. Met verskeie besoeke aan boere in die Ceres Karoo het ons gevind dat die grootste saamtrek of plek waar jakkalse voorkom gewoonlik om die reservaat of soortgelyke gebied is. ?n Ander goeie voorbeeld is Alkan Pan in die Prieska area wat deur die staat as missiel toetsbaan gebruik word. Dit is werklik skrikwekkend om te sien hoeveel jakkalse in so ?n gebied voorkom. Ek het dit ook gevind by boere om die Willem Pretorius Wildtuin naby Windburg/Ventersburg.
Die mooiste voorbeeld daarvan op die stadium is in Philippolis waar ek woonagtig is. Die ?Save the South China Tiger Foundation? het ongeveer 8 jaar gelede in Philippolis ?n aantal plase uitgekoop ongeveer 22 000 ha in die Vrystaat kant en ongeveer 15 000ha in die Noord ? Kaap kant, van die Gariep rivier. Daar was geen jag op die plase toegelaat nie. Die situasie het so ondraaglik vir die omliggende boere geword weens die lam verliese dat daar ?n ooreenkoms met die eienaars aangegaan is dat ek kon ingaan net om die getalle te verlaag. Voorheen was dit kleinvee boerdery area en het ek die verskillende boere bedien. Baie min jakkalse is daar geskiet en was die getalle intoom gehou, hetsy deur roep en skiet of slagyster.
Ek het byvoorbeeld binne 4 ure in Maart 2008 op twee staanplekke 12 jakkalse geskiet waarvan daar 10 kleintjies was en slegs twee grotes. Op die een plek was 7 kleintjies en op die ander plek 3 kleintjies. Ek het verder na die binnekant van die reservaat, nog jakkalse gehoor wat daarop dui dat daar nog ?n aantal families voorkom. Die personeel van die reservaat het ook aan my bevestig dat hulle verskeie kere jakkalse in die dag sien rond hardloop, wat selde of ooit gesien was voor die oorskakeling. Dan is die ewige lewenslange probleem daar waar sekere boere beheer toepas en van hulle bure dit glad nie doen nie.
Die vraag wat ek dan graag wil vra is, wat se druk word op die jakkalse in die parke of gebiede geplaas dat hulle so aanteel, op hulle word nie gejag nie, behalwe op die paar individue wat dit op die boere se grond waag? Om u stelling te ondersteun moet ons dan meer jakkalse vind op plase waar gejag word as op plekke waar nie gejag word nie!
Die verklaring wat ek het is heel eenvoudig: Indien daar gebiede is waar jakkalse voorkom en gebiede waar geen jakkalse voorkom nie sal die jakkalse aanteel en versprei om die gebiede te vul. Solank daar genoegsame kos en water is, is dit tot voordeel van die jakkals. Die aantal kleintjies wat gebore word is groter aangesien meer voedsel voorkom en hulle makliker kan oorleef en die feit dat die jakkalse geen natuurlike vyande het in kleinvee gebiede nie, is slegs tot voordeel van die jakkals.
Dus is dit my beskeie mening dat dit nie die jag van jakkalse is wat die aanwas van jakkalse laat vermeerder nie, die vakuum bestaan reeds van die vroegste tye af en is dit die gebrek aan jag in sekere gebiede wat die drastiese toename in jakkals getalle veroorsaak. ?n Vinnige berekening van 4 jakkalse in ?n gebied kan gedoen word:
? Jaar 1: 2 pare x 5 kleintjies = 10 kleintjies + 4 = 14 in totaal.
? Jaar 2: 7 pare x 5 kleintjies = 35 + 14 = 49.
? Jaar 3: 24 pare x 5 kleintjies = 120 + 49 = 169 in totaal en dit van slegs 4 jakkalse.
Die argument word gewoonlik geopper dat jakkalse nie van so ?n vroe? ouderdom sal teel nie en dat hulle nie soveel kleintjies kry nie. Ek kan aan u foto?s stuur wat bg kan bewys en sien ek dit jaarliks, waar tefies jonger as ?n jaar dragtig is en dat werpsel grootte gemiddeld 5-6 is. Daarvoor het ek ook ?n verduideliking. Met vakuum gebiede (onthou asb. dit bestaan reeds en word nie nou gevorm deur jag op jakkalse nie) is daar gewoonlik geen ouer jakkalse nie en die jong jakkalse vorm van vroeg af pare en kom die jong tefies op hitte wat dan deur die reuns gedek word. Met genoegsame kos (lammers) en water is die kondisie van die tewe goed en kry hulle van nature meer kleintjies en is dit nie moeilik om die kleintjies groot te maak nie.
Punt 3: ?Verder word hulle verhoed om normale territoriale gedrag uit te voer en territoriums af te baken.?Dit is interresant dat u so ?n stelling maak. Die eerste ding wat ?n jakkals doen is om ?n gebied te soek en dan sy merk daar te los. Veral as hy of sy geen tekens van jakkalse of ander jakkalse in die gebied vind nie. Dit is die basiese en normale territoriale gedrag van ?n jakkals. Die moeilikste jakkals om in ?n gebied te dood is gewoonlik ?n nie territoriale jakkals. Hy reageer glad nie positief op enige jakkals klanke nie en beweeg gewoonlik weg.
Word ?n territoriale jakkals of jakkals paar gedood is daar gewoonlik ?n volgende jakkals of jakkals paar op die lys wat daar sal inbeweeg, veral as die gebied ?n uitstekende kenmerkende jakkals gebied is. Vra maar enige van die ouer boere. Hulle sal s? waar die laaste jakkals gedood is en waar die eertse een weer ingetrek het. Jakkalse het voorkeur gebiede en word jaar na jaar in daardie gebied gevind. Al word die jakkals paar gedood, trek daar maar net weer ?n nuwe paar in die voorkeur gebied in.
Ek werk sedert 1999 met ?n GPS en is dit werklik insiggewend om te sien in watter areas jakkalse jaar na jaar voorkom. Hoe minder die jakkalse is hoe groter is die territoriums en hoe meer die jakkalse hoe kleiner en hier praat ek spesifiek van die kern gebiede. Ek het in 1999-2000 by ?n boer tussen Britstown en Strydenburg begin jag. Die plaas is ongeveer 50 000 ha groot. Ek het langs die Brak rivier, wat deur sy plaas loop, elke 1.5 km ?n stel jakkalse gevind. Na amper 8 jaar word jakkalse nou ongeveer elke 6 km gevind. Die kli?nt se verliese het dramaties afgeneem en die aantal jakkalse per jaar gedood het ook dramaties afgeneem. Ongelukkig het die boer ?professionele? bure wat geen beheer toepas nie en is daar jaarliks ?n toevloei van jakkalse oud en jonk na sy grond. Ek het al by een van die bure ?n rooikat wyfie met twee kleintjies bo-op ?n lam gevind maar stel hulle nie belang in enige beheer nie. Vir boere wat ander inkomste het, waarvan hulle leef, is die bonus inkomste van selfs 50% lammers genoeg maar kan geen bona fide boer sulke verliese bekostig nie.
Punt 4) ?Dit veroorsaak oormatige aanteel en gepaardgaande veeverliese.?
Ek aanvaar dat die verduideliking van die oormatige aanteel breedvoerig genoeg in die vorige punte behandel is. Oor veeverliese word daar baie geredeneer en dan word ook ges? dat boere die kleinwild uitwis en dit die rede is hoekom jakkalse hulle dan na lammers wend.
Op die genoemde plaas van 50 000 ha het Mnr Rob Harrison-White, wat tans te Madikwe Natuur Reservaat navorsing op jakkalse doen, my vergesel en het ons die
jakkalse wat daar gedood is ongeveer 21 jakkalse in totaal, se maaginhoude ondersoek. Daar is gevind dat 85% maw. (18) skaapvleis gevreet het, 10% (2) het steenbok en haas gevreet (maw natuurlike prooi) en 1 het niks in gehad nie. Die betrokke boer jag self nie, laat nie kleinwild of hase op sy plaas jag nie en laat hy geen werker toe om ?n hond te besit nie. Die betrokke plaas het ook meer as 1500 springbokke. ?n Meer gebalanseerde deel kan mens nie voor vra nie maar bly die bogenoemde feite staan van die maaginhoude. Afleidings sonder feite en op emosie gegrond word gou gemaak en word beskuldigings sonder reg na veral boere en jagters gegooi.
Volgens navorsing deur Furguson WJH in 1978 gedoen is die volgende jag resultate gevind: Tabel 21: Jag-doeltreffendheid van rooijakkalse in die Kalahari Gemsbok Park
Prooidiere Aantal pogings Getal suksesvol % Sukses
Springhase 54 24 44
Rotte en Muise 88 49 56(gelys as 64)
Vo?ls 25 5 20
In bogenoemde wetenskaplike studie is bevind dat die rooijakkals minder as 1 uit elke twee keer, springhase vang en ongeveer 1 uit elke twee keer, muise of rotte vang. Dit is ?n baie lae sukses ratio. Met lammers in oorvloed en die minste energie wat uitgel? word om die jakkals se honger te stil of die kleintjies te voer is dit vanselfspreekend dat hulle op lammers sal jagmaak. Die sukses ratio is 100%.
Dit is my beskeie mening dat bogenoemde bevinding van die jag-doeltreffendheid ons bevinding net bevestig dat die jakkalse lammers sal verkies bo die sogenaamde natuurlike prooi.
5) ?Die oomblik as hierdie diere se sosiale gedrag toegelaat word om in werking te tree, dryf hulle vreemdes van hul gebiede weg en onderdruk aanteel. Kleiner getalle roofdiere kom dan op eiendomme voor en gepaardgaande is die veeverliese minder.?
Indien u redenasie water hou, sal dit net die spesifieke dominante paar wees wat skade in ?n area veroorsaak want hulle dryf dan die ander weg. So behoort ons geen onskuldige roofdiere te dood nie. Boere kry oor die algemeen nie ?n professionele jagter net om jakkalse dood te maak nie. Hulle het oor die algemeen wesenlike skade voor hulle die jagter inkry.
Ongelukkig kan ek nie met u saamstem nie en is dit seker een van die grootste leuens wat deur sogenaamde geleerde mense as feite versprei word. Ek verwys graag weer na die Furguson navorsing en wel na die oorvleulende gebiede en sluit dit hierby in ter insae. Die deel van die navorsing is gedoen te Suikerbos Natuur Reservaat.
Hier word duidelik getoon dat verskeie jong jakkalse oor die gebiede van ander dominante jakkalse beweeg. In die geval van jakkals nommer 23, beweeg die spesifieke jakkals oor die gebiede van dominante jakkals gebiede nr 24, 16 en 18. Dit kan nie ?n jonge van al drie pare wees nie en moet dan ?n vreemde wees van ten minste twee pare.
Alle jakkalse in die gebied is ook nie gemonitor nie en behoort daar nog veel meer sulke oorvleuelings te wees. In ?n interresante program deur Wolhuter genaamd ?Black Jack High Stakes? wys dit wat gebeur as dominante jakkalse wel jong jakkalse raakloop. Die jonger jakkalse neem onmiddelik ?n onderdanige houding in en die groot jakkalse aanvaar dit en laat dit staan of karnuffel die onderdanige jakkals om hom te laat wie baas is. Die eenvoudige rede - te veel energie sal spandeer word om al wat ?n jakkals is weg te probeer drywe en dit sonder sukses. Daar bly ook nog van die vorige jaar se werpsel agter om te help met die grootmaak van die nuwe span kleintjies wat nog ?n groter kans op oorlewing bied. Die helpers kom wel nie op hitte nie. So uit die wetenskaplike navorsing wil dit voorkom of daar meer as net die dominante paar in ?n gebied sal wees wat dan radikaal van u stelling verskil en behoort veeverliese nie sodanig minder te wees soos wat deur u beweer word nie.
6) ?Ons moes drastiese stappe in plek stel om die oormatige doodmaak van hierdie diere te reguleer. Dit is ons morele plig as bewaringsliggaam. Daarom sal daar nou moet aansoek gedoen word vir permitte om hierdie aksies uit te voer.?
Die eerste vraag is of dit die oormatige doodmaak van diere is of is dit die oormatige aanteel van diere in gebiede waar nie beheer toegepas word nie wat nou sulke groot afmetings aanneem dat daar sulke groot getalle gedood word.? Graag wil ek ook die sogenaamde groot getalle in perspektief plaas. Eerstens sal u merk dat die getalle in veral Oktober begin toeneem tot einde Maart. Dit is wanneer die kleintjies by teelgate is en wanneer hulle begin rondloop en versprei.
Ek wil weer die 50 000 ha plaas as voorbeeld gebruik. Ek het op een aand 19 jakkalse geskiet gedurende Maart. Dit was drie stelle, van die eerste stel het ek die reun, teef en 8 jonges geskiet. Die tweede stel het ek die teef en vier jonges geskiet en die derde stel kon ek slegs die 4 jonges. Indien dit voor Oktober was sou ek slegs 6 jakkalse maksimum kon skiet. Weereens was hierdie deel teen bure wat geen beheer toepas nie. Die grootste satisfaksie van die spesifieke jag was dat, waar die kli?nt vervangings ooitjies verloor het, hy vir ?n hele jaar nie een lam in die spesifieke area verloor het nie.
Ek het by ?n ander kli?nt gedurende Augustus maand 5 tewe en 2 reuns geskiet. Die tewe was dragtig met 21 kleintjies. In effek het ek 28 jakkalse gedood en het die vee verliese drasties verlaag en so ook die aanteel van die jakkalse. Die groot hoeveelhede wat geskiet word is slegs seisonaal en word dit nie jaarliks herhaal nie. Indien in die winter, maw paartyd gejag word is die aanteel soveel minder. Ek het byvoorbeeld in Junie 2008 by ?n kli?nt gejag en 10 jakkalse gedood. Dit was ?n astronomiese aantal vir daardie tyd van die jaar. Ses was op sy grond geskiet en 4 het van sy bure gekom. Met my besoek verlede week is slegs twee jakkalse gevind en albei het van sy een buurman se kant gekom. Indien daar nie gedurende die winter gejag was nie kon ek maklik 5 pare elk met 5 kleintjies geskiet het. Dit sou die getal weer op 35 te staan laat kom het. Is dit dan nou die jag wat hulle so laat aanteel of is dit die nie-jag.
Indien hierdie aksies nie tot voordeel van die boere gestrek het nie, sou hulle nie die geweldige kostes aangaan om sodoende hulle lammer-oes te beskerm nie. Die vraag is nou of dit ten nadeel is van die jakkals. Die jakkals is hier om te bly weens verskeie redes waarvan die doodmaak van hulle nie een is nie. Meer en meer dele word in privaat natuur reservate omskep en so ook in wildplase. Dit laat nog meer dele oop waar die jakkalse aanteel en versprei wat weer die getalle wat doodgemaak word gaan verhoog. Indien die aanteel op sulke plekke nie beheer word nie gaan die aanwas van so ?n aard wees dat ons met ?n on-omkeerbare situasie gaan sit van waar jakkalse in sulke groot getalle voorkom dat kleinvee boerdery totaal onekonomies gaan wees. Jakkalse sal in sulke groot getalle voorkom dat hulle die aaklige dood van brandsiek sal sterf. Gegewens van brandsiek onder die coyotes in Amerika het almal een oorsaak. Te veel aanteel en te min natuurlike vyande om die aanteling in toom te hou.
Hierby wil ek aansny die holistiese benadering. Soos ek dit verstaan is dit om met sekere diere soos jakkalse ensovoorts saam te leef as hulle nie skade veroorsaak nie. Die probleem is egter dat as jakkalse by jou bly en nie by jou skade veroorsaak nie is dit nie te s? hulle vang nie by die buurman nie. Tweedens is dit om omgewingsvriendelike metodes ipv dodelike metodes te gebruik om skade te beperk of te voorkom. As daar na die verskeie artikels in die verskillende landbou tydskrifte gekyk word is daar van die vroegste tyd al probeer om sulke metodes te vind sonder werklike volhoubare suksesse.
Die vervaardigers van die klokkies en ander voorsorg maatre?ls waarsku self dat dit nie te lank gebruik moet word nie want die roofdiere leer dit aan. Ek het dit op al die plase gesien waar die verskillende voorsorg maatre?ls gebruik word, en het ek verskeie fotos om dit te staaf. My beskeie mening is dat dit ?n tydelike middel is om in die tyd van voorkoming, die betrokke probleemdier van kant te maak. Indien ons kyk na die nuwe manier wat so ?n paar jaar gelede posgevat het naamlik Anatoliese Herders honde het ek ongelukkig my bedenkinge. Daar is werklik baie min boere waarmee ek in aanraking kom, wat sukses met die honde behaal.
Die eerste klagte is dat die hond meer by die buurman se skape loop as by die eienaar se eie. Die honde loop verskriklik rond en is daar baie gevalle waar die hond selfs skape en bokke vang. Dit het persoonlik met ons gebeur. ?n Studiestuk ?An analysis of the economic impact Black-backed jackals are having on sheep farms in select areas of the Eastern Cape? deur Geoffrey Wilmot in September 2008 is bevind deur navraag aan boere, dat hulle dink honde werk die beste. Met die vraag wat hulle dan sal doen as geld nie ?n opsie was nie het hulle nie soos verwag honde gekies nie maar jakkals werende heinings.
Daar is dus blykbaar ?n persepsie dat die honde werk maar is dit my beskeie mening dat dit wetenskaplik nagevors moet word. Ek is van mening dat verskeie honde met sateliet senders gemonitor kan word en dat die bevindinge ons beter sal kan toelig. Die grootste suksesse blyk by die telers te wees. Hoe meer ek oor die honde oplees hoe meer word ek oortuig dat dit soos in Turkye, in samewerking met ?n skaapwagter gebruik moet word.
Verskeie stories word versprei dat die honde jakkalse se spore volg en dan die jakkalse daar doodbyt en dit is hoekom die honde vol bloed is. Ek kon op geen van die oorspronklike inligting stukke sulke bewerings opspoor nie en word spesifiek vermeld dat die diere nie die vee sal verlaat nie maar die gevaar daar verjaag of deur aggresief te blaf of die dier te verwilder indien dit korrek opgelei is soos bv in samewerking met ?n wagter. Dit is al soveel keer bewys dat jakkalse van die mees aanpasbare diere is en dat enige nie dodelike metode slegs die skade vir ?n tydperk uitstel.
7) ?Die holistiese beginsels van roofdierbestuur sal sterk in die kursus na vore kom. Indien grondeienaars dan hierdie beginsels implimenteer en steeds skade deur enkele indiwidue ondervind, moet hierdie opgeleide ouens uitgaan en die enkele kwaaddoeners selektief verwyder deur roep en skiet.?
Implimentering van die holistiese beginsels word as voorwaarde gestel vir boere om gehelp te word. Eerstens is daar nie wetenskaplike data waarvan ek bewus is wat die beginsels se sukses kan verifieer nie en indien daar is sal ek werklik dit in die hande wil kry om dit as deel van my probleemdier beheer kursus in te sluit. Tweedens indien 500 veeboere nou byvoorbeeld honde moet kry vir 5 kampe elk is dit ?n totaal van 2500 honde, wat vir ?n tydperk van ongeveer 8-18 maande opgelei moet word. Waar gaan die hoeveelheid honde so vinnig verkry word en wat van die skade wat in daardie tyd voorkom.
Die jakkalswerende drade is tans op die einde van hulle leeftyd en is die koste van draad en pale so hoog dat dit finansieel onmoontlik is om die drade weer jakkalswerend te maak. Indien elektrifisering bygevoeg word is dit nog bykomende kostes. Ek wil nie eers dink aan die totale aantal onskuldige skilpaaie wat deur so ?n elektrifiseringsaksie doodgeskok sal word nie, of sal dit as gevolg daarvan nie kwalifiseer as holisties nie? Met groot dele van die Wes-Kaap nog steeds in droogte of nou net uit ?n droogte kan dit boere finansieel ruineer.
As ons kyk na die aantal dodelike metodes vir die bestryding van probleemdiere en veral jakkalse is dit slegs die volgende:
? Enkele dodelike dosis gif (EDD) waarmee ek nie saamstem nie aangesien dit onskuldige diere uitwis.
? Gifskieters wat nou deur die nuwe wetgewing moontlik verban gaan word.
? Slagysters (nou uit).
? Gif Halsbande.
? Roep en skiet (nou uit).
? Teelgat hantering. (nou uit)
? Pak opgeleide Honde (nou uit).
? Voorsit en aanjaag.(onbekend of dit gedoen kan word.)
? Helikopters en vliegtuie (te duur ongeveer R6500-R7500 per probleemdier gedood en onbekend of dit gedoen kan word)
Dit wil voorkom of u die boere nie met veel keuses laat nie behalwe moontlik die gifhalsbande maar teen R200-00 ?n band en baie arbeid intensief met die daaglikse nagaan is dit prakties onmoontlik. Jakkals leer ook vinnig om van agter te vang.
Ek het ongelukkig baie negatiewe reaksie vanaf die boere jeens Cape Nature se besluit gekry en is die oorgrote meerderheid dit eens dat gifstrooi aan die orde van die dag sal wees om die jakkals ontploffing wat gaan volg te probeer keer met ?n ontsettende negatiewe uitwerking op alle ander kleiner roofdiere, roof vo?ls en die natuur.
?Wat ons wil uitskakel is die ouens wat so veel moontlik roofdiere in 'n nag probeer skiet vir die geld. Dit is die ouens wat skade aan die omgewing aanrig en veroorsaak dat veeverliese eskaleer.?
Alle jagters word tans per dier gedood vergoed. Die jagters jaag nie die geld na nie en as u navraag doen sal u sien dat ?n jagter wat sy sout werd is ?n aantal gevestigde kli?nte het wat hy diens. Ongeag of hy baie of min skiet. Daar is net soveel jag-aande en net soveel kli?nte wat gediens kan word. Boere sien ook gou watter jagters net in die somer maande wil jag om sodoende die groot hoeveelhede kleintjies te skiet en so sorteer die vryemark stelsel hom uit. Die boer verkies ?n professionele jagter wat hom deur die jaar kan help. Dit is vraag en aanbod gekoppel aan sukses. Sukses is oor die algemeen ook nie hoeveel jakkalse geskiet word nie maar of die boer se probleem opgelos word. Ek dink dit is voor die handliggend wat die groot hoeveelheid getalle van jakkalse veroorsaak en is dit beslis nie jag druk nie.
Dit is juis hier waar ek die rooikat as voorbeeld wil gebruik. Die rooikat sal nooit die groot aanwas van jakkalse kan ewenaar nie oor die eenvoudige feit dat die rooikat gewoonlik een, twee of maksimum drie kleintjies het waarvoor sy vir ten minste 10-18 maande moet sorg wat haar dan vir amper twee jaar uit die voortplantings siklus haal. Alhoewel rooikatte ook weens die natuur reservate en ander plase vermeerder is dit nie in sulke groot hoeveelhede nie.
9) ?Hierdie stappe is nie in plek gestel met die doel om veeboere te benadeel nie, maar om toestande daar buite te probeer stabiliseer sodat veeboere minder verliese sal ondervind en ekologiese prosesse nie verder skade sal ly.?Dit is my beskeie mening dat hierdie stappe juis die boere gaan benadeel. Nou het boere wat deur die jare die getalle van jakkalse in toom gehou het geen metode om te gebruik nie en is sy gebied nou die vakuum. Jakkalse sal vinnig intrek en vermeerder dat kleinvee boerdery nie meer lonend sal wees nie.
Professionele jagters wat deur die jare reeds ?n aantal kli?nte opgebou het sit nou ewe skielik sonder werk en met die huidige werkloosheid syfer en ekonomiese toestand van ons land dink ek dit was werklik ?n ondeurdagte besluit. Ek is dankbaar ek het nie d?e families op my gewete nie. Professionele jagters wat kan bewys dat hulle ?n aantal kli?nte het, ?n kursus deurloop het en moontlik deur u of wie ook al ge-evalueer is moet kan voortgaan om sy kli?nte te diens hetsy met ?n permit stelsel of iets dergliks. Ek dink nie daar is ?n jagter wat nie met u sal wil saamwerk nie en data wat so versamel kan word kan van onskatbare waarde wees vir toekomstige besluite.
Ek is verder van mening dat u besluit nie die toets van ?n hofsaak sal deurstaan nie om die volgende redes:
? u die reg van die boer ontneem om sy eiendom te beskerm en sodoende sy voortbestaan in gevaar stel.
? U bepaalde metodes van gevestigde beheer wegneem sonder die daarstelling van alternatiewe metodes.
? u wetgewing in stryd met die ?National Enviromental Management: Biodiversity Act, 2004 (Act 10 of 2004) Threatened or Protected Species Regulations? waaroor daar landwyd insette gekry is en was die voorstel reeds afgewys om die jakkals en rooikat op die beskermde lys te sit wat u nou in effek doen.
? Die nuwe voorgestelde wetgewing van ?Norms and Standards for the management of damage causing animals in South Africa? ook onder die ?Biodiversity Act 10 of 2004 se terugvoer is ongeveer twee maande gelede ingehandig vir verwerking en is die standaarde nog nie vasgestel nie wat u nou wil voorspring.
? U die finansiele voortbestaan van vele jagters sal kelder en nie net blankes met die roep en skiet metodes nie maar vele ander wat ek as voetsool jagters sou beskryf wat op ?n harde, eerlike en eerbare manier met ?n slagyster ?n bestaan maak.
Waar werkloosheid so ?n groot faktor is sal ek eerder ?n aksie van stapel stuur om mense op te lei in die korrekte beheer van probleemdiere om sodoende vir hulle self ?n inkomste te genereer.
? Die jakkalse en rooikatte is nie bedreigde spesies nie en is ?n ?renewable resource?, wat inkomste genereer met jagters ens sonder dat enige van die twee spesies se voorbestaan in gevaar gestel word. Baie meer wild, springbokke ens word jaarliks geskiet as jakkalse.
? Die toelating van die onbeheerde aanteel van die twee spesies meer skade aan die natuur en verlies aan biodiversiteit kan teweegbring soos byvoorbeeld die uitsterf van die Oewer konyn, verlaging in getalle van natuurlike prooi soos die steenbok, duiker ens.
Dit wil voorkom of u alle maniere van beheer waar diere gedood word wil voorkom en dit ten koste van die natuur, boere en jagters en sonder insette van die publiek of net nie agslaan op die insette nie . Sekere besluite word nou afdwing wat nie wetenskaplik gegrond of ondersoek is nie en wat net nie sin maak nie.
Ek hoop werklik om van u te hoor. Ek sal u skrywe asook my antwoord daarop op my webwerf plaas te www.jaracal.com en vra vir insette van die jagters en belanghebbendes. Indien u my sou antwoord sal ek ook daardie skrywe daarop plaas vir algemene insae.
Die uwe
Heinrich Funck

CapeNature se reaksie op my 1ste skrywe:
Geagte Mnr. Funck
Ek verwys na u e-pos gedateer 29 November 2008 insake die bestuur van wilde diere wat skade veroorsaak. Ek neem kennis van die inhoud van u e-pos en u mening rondom CapeNature se holistiese benadering.
Daar bestaan verskeie wanopvattings oor CapeNature se onlangse persvrystellings insake die gebruik van slagysters en nagjag vir die bestuur van wilde diere wat skade veroorsaak. Ek wil graag meer duidelikheid hieroor verskaf.
CapeNature het geensins die Natuurbewaringsordonnansie of die Regulasies gewysig nie. Verder het CapeNature geen jagmetode verban nie. CapeNature het ook nie `n verbod geplaas op die jag van wilde diere wat skade veroorsaak nie.
Wat wel gebeur het is dat die gebruik van sekere verbode jagmetodes ingevolge artikel 29 van die Ordonnansie (o.a. nagjag, slagyster, honde, ens.), wat in die verlede in die jaarlikse Jagkennisgewing opgehef was, verwyder is in die 2009 Jagkennisgewing. Dit beteken dat die gebruik van hierdie metodes vanaf 2009 onderhewig is aan die uitreiking van permitte. Met ander woorde, boere wat in 2009 hierdie metodes wil gebruik om wilde diere wat skade veroorsaak te jag, moet aansoek doen om die nodige permitte.
CapeNature het, met hierdie stap, baie positiewe kommentaar en ondersteuning ontvang van navorsers, grondeienaars en nie-regeringsorganisasies. Ons is oortuig dat die onselektiewe doodmaak van groot hoeveelhede roofdiere moontlik die grootste bydraende faktor is tot die heersende vlakke van veeverliese.
CapeNature volg `n holistiese benadering tot die bestuur van wilde diere wat skade veroorsaak. Dit behels die implementering van verskeie maatre?ls om skade te beperk. Indien skade nog steeds sou voorkom, word die indiwidu wat die skade veroorsaak selektief geteiken en verwyder met die mees gepaste metode.
Nogmaals dankie vir u kommentaar.
Jaco van Deventer
Programbestuurder: Wildlewe
CapeNature

My reaksie op CapeNature se skrywe:
Geagte Mnr Van Deventer.
Ek dank u vir die antwoord op my e-pos. Ek is werklik teleurgesteld in die inhoud van u skrywe. Geen van die sake wat ek aangehaal het is aangespreek, hetsy deur saam te stem of te verskil nie. U verplaas eerder die fokus op die sogenaamde wanopvatting soos ?CapeNature het nie ?n verbod geplaas op die jag van wilde diere wat skade veroorsaak nie.?
Ek haal graag aan uit die persverklaring ?This effectively means that certain methods, such as gin traps and night-hunting, may no longer be used as methods to manage damage-causing animals in the Western Cape Province?
U verklaring lei as volg ?Ek besef dat die suksesvolste beheermetode waarskynlik die roep en skiet van hierdie diere is. Met dit inaggenome, het ek het 'n voorstel aan my mense gerig wat wat hopelik julle ondersteuning sal kry. Ek het voorgestel dat ons die mense wat tans nagskiet op 'n professionele wyse beoefen, akkrediteer deur 'n vorm van 'n kursus ens?.
Ek dink nie daar kan enige misverstand oor die stelling wees nie. U het slegs ?n voorstel ingedien, die vorige besluit staan steeds en indien u voorstel goedgekeur is, is dit met niemand bespreek nie want u hoop dit dra hulle goedkeuring weg. Ek kan u waarborg dit dra nie hulle goedkeuring weg nie. Inteendeel daar is so vinnig soos vandag 04/12/08 ?n ?nood? vergadering bel? om u departement te oorreed om die besluit te verander.
Het u byvoorbeeld gedink wat die werkslas sal wees vir die uitreiking van permitte indien daar, soos wat wel die geval is waar jakkalse veral met lam seisoen groot getalle lammers vang. Honderde boere gaan gelyktydig aansoek doen vir permitte en soos gewoonlik moet iemand seker eers vasstel of dit wel ?n jakkals is wat die skade veroorsaak het. Teen die tyd dat enige persoon van die departement by die gevalle uitkom is der duisende rande se skade reeds gely.
Permitte gaan ook gepaard met getalle. Die uitreiking van ?n permit om een of twee jakkalse in ?n sekere tydperk in ?n sekere area te skiet is onprakties. Mnr Rob Harrison ? White is nou tans met navorsing besig en een van sy bevindings is dat rooijakkalse to 7 km in 45 minute beweeg deur ander jakkalse se gebiede na water en volgens my mening sal dit kos ook insluit. Wat help dit om ?n permit dan vir een jakkals uit te reik.
Indien u departement slegs sekere persone toelaat om te skiet en die boer self verbied, dink ek deur die onus op u te neem kan u aanspreeklik gehou word vir die skade indien dit nie effektief en doeltreffend gedoen word nie. Die vrye mark stelsel werk eintlik wonderlik. Indien jy nie ?n goeie diens lewer nie sal jy nie oorleef nie. Indien jy as boer self droogmaak betaal jy duur daarvoor, want ?n jakkals leer vinnig. Almal wil graag die nie opgeleide jagters uit die veld haal, maar daardeur verhoed u enige iemand wat homself daarin wil oplei. Elke persoon was op ?n stadium on-opgelei. Ek het duisende boere en jagter opgelei, en ek vertel hulle van al die gevare van misskiet en jakkalse slim maak maar nogtans gebeur dit dat mense kanse waag en jakkalse slim maak. ?n Kursus maak jou nie ?n kenner nie net tyd in die veld.
Ek verwys graag na die volgende twee stellings:
1. ?Ons is oortuig dat die onselektiewe doodmaak van groot hoeveelhede roofdiere moontlik die grootste bydraende faktor is tot die heersende vlakke van veeverliese en
2. Furthermore, the unselective killing of damage-causing animals, including the use of spotlights and call devices, has never been a long term solution to counter the losses of livestock attributed to them. More often than not the wanton removal of damage-causing animals simply contributes to further loss in biodiversity and, in many instances, results in increased livestock or crop losses.
Dit is seker die v?rste van die waarheid wat gekry kan word. Ek is bly u gebruik die woord ?moontlik? wat daarop wys dat u nie seker is nie. Ek is seker van my feite na 13 jaar in die veld. Ek sien waar gejag word en ek sien waar nie gejag word nie. Ek sien waar jakkalse onbeheerd aanteel en ek sien waar hulle getalle in toom gehou word. Ek het kli?nte wat ek sedert 1996 drie tot vier keer per jaar besoek as ?n voortgaande probleemdier beheer aksie. Dit is voorkomend en ook wanneer daar spesifieke probleme opduik. Dit is suksesvol deurdat verliese tot die minimum beperk word. Dink u werklik boere sal oor so ?n lang tydperk nie kon vasstel dat dit kwansuis nie werk nie, of dink u boere hou daarvan om geld in die water te gooi?
U stelling ?CapeNature het, met hierdie stap, baie positiewe kommentaar en ondersteuning ontvang van navorsers, grondeienaars en nie-regeringsorganisasies.? is duidelik die oorgrote meerderheid mense wat nie met jakaklse in aanraking kom nie. Elke kleinvee boer wat ek hieroor inlig of mee praat is duidelik ontsteld en die ontevredenheid word hewig te kenne gegee, van die taal wat gebruik word kan mens n?rens herhaal nie. Baie s? eenvoudig hulle sal hulle nie daaraan steur nie. Dit maak ongelukkig kriminele van wetsgehoorsame burgers wat nou onpraktiese en eensydige wetgewing gaan ignoreer.
?CapeNature volg `n holistiese benadering tot die bestuur van wilde diere wat skade veroorsaak. Dit behels die implementering van verskeie maatre?ls om skade te beperk. Indien skade nog steeds sou voorkom, word die indiwidu wat die skade veroorsaak selektief geteiken en verwyder met die mees gepaste metode.?
Met respek ges? wil dit voorkom of daar soos in Engels beskryf word ?Puritans? in u departement voorkom wat glo dat met almal en alles in vrede saamgeleef kan word.
Daar word blykbaar geglo dat die natuur moet word soos voor Jan Van Riebeeck aan die Kaap geland het. Die natuur word versteur die oomblik as daar op geboer word.
Springbokke word minder gemaak om korrekte vee getalle daar te hou om die boer te laat oorleef sonder om die veld te verniel, soos die volgende volgende stelling dit raak aanhaal ?Ongelukkig is die veeboer op landbougrond in direkte konflik met probleemdiere en daar om die kunsmatige biodiversiteit te handhaaf met BEMARKING en goeie veld en weidings bestuur.?
Boerdery is ?n besigheid soos enige ander, verliese moet nie net verminder word nie maar moet so v?r moontlik uitgeskakel word. Ek dink as u enige boer vergoed vir die verliese, hulle sonder voorbehoud u jakkalsies en rooikatjies sal los om te teel en rond te loop soos voorheen. Hulle sal selfs die herdershonde gebruik, halsbande en klokkies ens, aansit. Hierdie is ?n oorlewings stryd, hoekom moet die boer altyd die verlies van sulke aksies dra. Ek dink nie u het ?n idee wat dit is om 35%-40% van u lammer oes aan jakkalse te verloor nie.
Dink daaraan dat 30% van u geld maandeliks gesteel word maar u moet eers ?n hond aanhou, die heining te duurste opsit, indien dit nie werk nie moet u al die deure en vensters diefwering aansit, indien dit nie werk nie moet u ?n alarm laat instaleer voordat u die polisie kan kontak om die dief of diewe te verwyder en dan kry die polisie net ?n week om dit in te doen of daar is te min polisiebeamptes om die werk te doen. Dit is in effek wat u nou doen
Soos ek die wetgewing verstaan, en kan u my reghelp as ek verkeerd is, mag jakkalse en rooikatte glad nie gejag word sonder permitte nie. Dit sluit gewone jagters in. Daar is nie ?n seisoen of tydperk wat ?n gewone jagter, jakkalse kan jag, as ?n stokperdjie nie. Onmiddelik staan almal se hare seker regop. Wat is trofee jag anders as ?n stokperdjie. Daar is ?n ho? mate van uitdaging om jakkalse te jag en ek sou s? meer as by trofee jag. Die diere is onsettend slim en sal nooit uitgeroei raak nie. Dit is ook ?n hernubare bron.
Hoeveel inkomste dink u genereer besighede wat toerusting, gewere, teleskope, klere, ens, verkoop. Dit dra alles by tot stimuleering van die ekonomie. Dit bring klein besighede tot stand wat families dra. Ek dink regtig u departement onderskat die bydrae wat die jagters tot die ekonomie lewer.
Permitte word gebruik om jag en gebiede te reguleer, soos bv beskermde wildsoorte of gebiede.
Hier wil ek graag die Biodiversiteit wet aan:
Protection of threatened or protected species
Listing of species that are threatened or in need of national protection
56. (1j The Minister may, by notice in the Gazette, publish a list of-
(a) critically endangered species, being any indigenous species facing an
extremely high risk of extinction in the wild in the immediate future; 35
(b) endangered species, being any indigenous species facing a high risk of
extinction in the wild in the near future, although they are not a critically
endangered species;
(c) vulnerable species, being any indigenous species facing an extremely high
risk of extinction tihne wild in the medium-term future, although they are not
a critically endangered species or an endangered species; and
(d) protected species, being any species which are of such high conservation
value or national importance that they require national protection, although
they are not listed in terms of paragraph (a), (b) or (c). 5
(2) The Minister must review the lists published in terms of subsection (1) at least
every five years.
Ecosystems that are threatened or in need of protection 30
52. (1) (a) The Minister may, by notice in the Gazette, publish a national list of
ecosystems that are threatened and in need of protection.
(b) An MEC for environmental affairs in a province may, by notice in the Gazette,
publish a provincial lisot f ecosystems in the province that are threatened and in need of
protection. 35
(2) The following categories of ecosystems may be listed in terms of subsection (1):
(a) critically endangered ecosystems, being ecosystems that have undergone
severe degradation of ecological structure, function or composition as a result
of human intervention and are subjetcot an extremely high risokf irreversible
transformation; 40
(b) endangered ecosystems, being ecosystems that have undergone degradation
of ecological structure, function or composition as a result of human
intervention, although they are not critically endangered ecosystems;
(c) vulnerable ecosystems, being ecosystems that have a high risk of undergoing
significant degradation of ecological structure, function or composition as a 45
result of human intervention, although they are not critically endangered
ecosystems or endangered ecosystems; and
(d) protected ecosystems, being ecosystems that are of high conservation value or
of high national or provincial importance, although they arel i sntoedt in terms
of paragraphs (a), (b) or (c).
Ek kan nie insien dat die jakkals, rooikat of enige kleinvee boerdery eenheid in enige van bogenoemde kriterias val nie. As die ?bedreigde? spesies en plekke aan sulke ho? kwalifikasies moet voldoen wat maak die jakkals en rooikat dan so spesiaal. Ek stel dit onomwonde aan u dat u die jag van jakkalse en rooikatte slegs aan bande wil l? oor die ho? getalle wat kwansuis gedood word.
Laat die boer self besluit oor sy ?besigheid? soos u oor u besigheid besluit. Indien daar dan ?n verlies aan biodiversiteit is soos bv plantsoorte, wild ens, kla hom daarvoor aan. Daar is genoegsame wild en roofdiere om die natuurlike balans te handhaaf en hier praat ek van die Bak-Oor Vos, Kaapse Vos, Wilde Kat, Swartpoot gekolde kat en ingesluit jakkalse en rooikatte.
Ons land het wonderlike natuurlike plekke, maar selfs daar moet beheer toegepas word. Moenie in moeilike omstandighede onder druk van mense, wat emosioneel reageer, swig en onsinnige wetgewing, eensydig deurvoer nie ten koste van die boere en jagters van ons land nie.
Ek is jammer dat u nie die werklike redes kon verskaf vir die besluite nie maar is u welkom om dit ter enige tyd te doen. Ek dink u is dit aan die boere verskuldig. U antwoord en my opvolg antwoord sal in die forum http://jaracal.com/index.php onder die hofie wetgewing gepubliseer word. Enige korrespondensie sal daar vir insae wees.
Die forum is nuut begin en glo ek ons sal mettertyd ?n ware beeld kry van hoe die boere en jagters omtrent u beleid voel.

Ek het vanoggend vir Capenature geb?l, daar waar permitte uitgegee word, nadat ek my "application for a permit to hunt wild animals by means of a prohibited hunting method" gelees het.
Dis hoe dit van 2009 af werk en hoe hulle my ges? het...tot my skok!!!!
1) 'n Inspekteur gaan uitkom om vas te stel of dit Jakkals of Rooikat is wat gevang het
2) Jy kan die permit net gebruik op die plaas wat voor aansoek gedoen is vir die tyd wat die permit geldig is.
3) Permit kos R80
Hulle het my ook meegedeel dat dit nie altyd Jakkalse of Rooikatte wat verantwoordelik is vir vee verliese nie.
So jy kan hulle nog volgendejaar skiet in die nag, maar jy moet net eers vir hulle wag terwyl "hulle diere" jou goed vreet en dan betaal.
Ek wou aansoek doen vir die hele 2009 vir die hele Weskaap en was opgewonde omdat ek dit volgens die wet kan doen. My bubbel is nou eers bietjie gebars..@#*!&!!
Dis hoe dit van 2009 af werk en hoe hulle my ges? het...tot my skok!!!!
1) 'n Inspekteur gaan uitkom om vas te stel of dit Jakkals of Rooikat is wat gevang het
2) Jy kan die permit net gebruik op die plaas wat voor aansoek gedoen is vir die tyd wat die permit geldig is.
3) Permit kos R80
Hulle het my ook meegedeel dat dit nie altyd Jakkalse of Rooikatte wat verantwoordelik is vir vee verliese nie.
So jy kan hulle nog volgendejaar skiet in die nag, maar jy moet net eers vir hulle wag terwyl "hulle diere" jou goed vreet en dan betaal.
Ek wou aansoek doen vir die hele 2009 vir die hele Weskaap en was opgewonde omdat ek dit volgens die wet kan doen. My bubbel is nou eers bietjie gebars..@#*!&!!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Dawie
Ek wag vir 'n e-pos vir bevestiging maar blykbaar gaan die permit net vir 2 weke geldig wees.
Ek wil more self vir CapeNature kontak.
Sterkte
H
Ek wag vir 'n e-pos vir bevestiging maar blykbaar gaan die permit net vir 2 weke geldig wees.
Sterkte
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
baasjan
Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT
Moet die Onderwerp nie wees: Capenature statement regarding their damage-causing management.
Het 'n mens werklik lus om te reageer terwyl natuurbewaring se ondeursigtige benadering en kortsigtige hartkoppigheid vir hom beslis nie vriende maak nie -- verwys na hul reaksie op Jaracal se beleefde en baie professionele skrywe. WEIER HULLE OM VOLLEDIG TE ANTWOORD OF KAN HULLE NIE. DAAR WAS NOG NOOIT 'N ANTWOORD VIR GEBREK AAN INSIG EN KOPPIGHEID NIE.
Ek self beroep my op my grondwetlike reg om my reg op voortbetaan in hierdie land te beskerm en te verdedig teen enige bedreiging --- hetsy moordenaars, verkragters, jakkalse en natuurbewaring. Waar natuurbewaring nog altyd 'n medevennoot in my bewaringsboerdery was is hulle van nou af saam met die jakkalse 'n bedreiging en nie welkom op my plaas nie. JAMMER.
Glo hierdie toepassing geld vir alle boere en kontak toe van my opkomende boerevriende in die noorde met die vraag wat hulle van die storie dink? : hul antwoord was: Ons gaan nie daaroor worry nie, het nie tyd vir worry nie -- werk mos nie vir die staat nie. Sal maar weer teruggaan na gif toe soos in die verlede en als vrek maak wat vleis vreet. Jammer vir die onskuldige diertjies wat na jare, vandat ons begin het met skiet in die nag, weer teruggekom het. Verder sal natuurlik alle steenbokke, ystervarke en erdvarke maar weer soos in die verlede vrek gemaak moet word, want dit is al manier om jou lyne dig te hou. Maar dit l? nou nie voor ons deur nie -- dit is oorsaaklik natuurbewaring se keuse en besluit. As hulle dit dan nou so begeer moet dit seker maar so wees. Op die stelling dat ons permitte kan kry was die vinnige antwoord: WAT WIE WANNEER EN TEEN WATSE KOSTE GAAN GEE --- hulle gaan seker die jakkalse leer om net werktyd te vang en naweke honger te ly.
Laat mens dink!!
Natuurbewaring gaan effeftief die oorsaak wees van oneindige skade aan die omgewing -- Selfs die finale vernietiging daarvan. Sonder die boer se samewerking het julle in die verlede nie veel vermag nie. Erken dat die boer jul grootste vennoot in bewaring was --- hoekom nou die boer se grootste vyand word.
Kom ons maak 'n ander eerlike opname: Die boer se finansi?le bydrae aan bewaring op sy eiendom teenoor die ander sogenaamde bewaringsbewustes se bydrae. Welke finansi?le bydrae het natuurbewaring aan die boer gemaak om bewaring op sy plaas te handhaaf? DIE DAG AS DIE BOER SY ONDERSTEUNING TOT BEWARING ONTTREK KAN NATUURBEWARING MAAR SY DEURE SLUIT EN VIR SY AMPTENARE ANDER WERK SOEK.
Julle wil die boer vernietig --- julle vernietig die gans wat die goue eier l?.

Andre het die volgende geplaas:
As Veeboer in die Groot karoo wil ek ook graag my misnoe oor die wetgewing i.v.m. ongediertebeheer te kenne gee. Dankie vir Heinrigh Funck se goeie bydra en moeite!!! Partykeer wonder ek , soos iemand in my omgewing gese het, of dit die slytasie op die tong die moeite werd is!? My gevoel is dat die wetgewing nou net van gewone mense kriminele sal maak, want ons sal nie toesien dat ons diere deur ongedierte verskeur word, dit ter wille van wanpersepsies van "Bunny-huggers" om die duisende Rooijakkalse vrye teels te gee nie! In my omgewing veg ons boere om oorlewing en die Rooijakkalsprobleem veroorsaak groot verliese, ons stuur op 'n ramp af, indien daar nie oplossings kom vir die probleem nie. My motto is: "'n dooie jakkals kan nie vang nie en ook nie teel nie". Daarom probeer ek deur nagjag, 'n inpak op die Rooijakkalsgetalle te maak, sodat ek en my skape kan oorleef. Nagjag is by verre die beste. jy skiet spesie spesefiek en geen onskuldige dier word gedood nie. Dit is gou en veroorsaak die minste pyn. Dit is egter baie duur (my toerusting is R122 000) en tydrowend. Dit kan ook nie die volle oplossing bied nie, en moet ons nog van ander metodes ook gebruik maak. Om jou lammeroes aan die begin (paplam-stadium) te beskerm, gebruik ons die Jakkalsjaers. Dit is 'n elektroniese apperaad met sonpaneel, wat met serene/piezo en FM-Radio die jakkalse uit die lammerkamp met klanke verjaag. (beskikbaar by asco@mtnloaded.co.za). Dan kan jy as die lam groter is, 'n klokkie of halsband aansit. My ondervinding is, klokkies werk vir 'n maand as niemand in omgewing dit gebruik nie, dan lui hy "kos is op die tafel"!! Halsbande werk ook todat die Jakkals leer om van agter te vang. Ek het foto's om dit te bewys. Verder gebruik ons reuk (Jeysfluid en of ou springkaangif) en spuit dit oor die lammers, dit werk net twee weke, maar red darm nog 'n paar lammers.
Dit is duidelik dat net deur die "Holistiese" beheermatrieels jy defnetief van 'n veeboerdery na 'n slim Jakkalsboerdery sal oorgaan, daarom is die doodmaak van die Rooijakkals die eenigste en ook die beste metode. Alhoewel ek nie baie lief is vir slagysters nie, is dit 'n BAIE belangrike en onmisbare metode. In 'n bedrewe slagyster-steller se hande, vang hy jakkalse wat nie inkom in die nag nie, asook plekke onbereikbaar, by teelgate en gereelde deurlope en is dit 'n onontbeerlike beheermetode. Ek stel egter nie onbeheerst slagysters nie, want dit kan onskuldige diere benadeel. Nee , ek dink Cape Nature moet liewer kyk na metodes om die Rooijakkalse vrek te kry as om te beskerm. Anders is ons oor 10 jaar net 'n park in Afrika waar biutelanders kom ongedierte kyk en hulle vleis sal moet saambring, want hier sal dan nie skaap oor wees nie!
Ek maak van alle metodes gebruik om die probleemdier te beheer en sal ten spyte van nuwe wetgewing voortgaan om dit te doen, want ek moet lewe, my skaap moet lewe, my Steenbokkies,duikers ,hase en oewerkonyne, moet lewe, en my kinders kan maar in die vele parke gaan kyk hoe lyk 'n Rooijakkals. Hy was vir 40 jaar nie met ons in die Groot Karoo nie, toe het dit met ons en ons kleinwild goed gegaan, ek hoop daar kom weer 'n dag dat daar nie 'n spoor in my veld van 'n Rooijakkals te vinde is nie! A. Theron Merweville

Opvolg van CapeNature Statement
Ek het die volgende e-pos aan CapeNature gestuur:
Geagte Mnr Hignett
Ek het probeer om die Ordonnansie 19 van 1974 op u webblad op te spoor sonder sukses. Ek het net die bylae gekry van die oop seisoene en daaglikse jagbuit en 'n ander pdf dokument vir die jagter. Is dit moontlik om dit vir my per e-pos aan te stuur in pdf of "Word" formaat.
Graag sal ek wil weet wat die prosedure en voorwaardes is vir die aansoek om 'n permit vir die jag van jakkalse en rooikatte oa.
1) Moet die boer eers skade lei voor hy kan aansoek doen vir 'n permit?
2) Gaan elke voorval ondersoek word deur u departement?
3) Moet die boer eers voorkomende maatreels instel voor hy die permit kan bekom en indien wel wat is die voorwaardes waaraan voldoen moet word, maw is jakkalswerende heinings 'n voorwaarde, is die besit van Anatoliese Herders honde 'n verdere vereiste, is klokkies 'n verdere vereiste ens. (Lys asb al die vereistes waaraan voldoen moet word, voor 'n permit uitgereik sal word)
4) Hoe lank gaan die permit geldig wees.
5) Hoeveel jakkalse en/of rooikatte sal die permit toelaat om gejag te word.
6) Hoe lank behoort u departement te neem om die ondersoeke te doen en hoe lank sal dit neem om die permitte daarna uit te reik.
7) Ons wil graag weet watter tydperk u departement as redelik beskou van aanmelding tot ondersoek tot permit uitreiking?
8.) Mag 'n jagter aansoek doen vir die permit of net die grond eienaar, huurder ens?
'n Verdere vraag wat ek het, is 'n boer of enige jagter geregtig om 'n jakkals of rooikat wat hy in die dag sien, te skiet of mag geen jakkals/rooikat in die dag geskiet word nie?
Volgens die bylae mag rooijakkalse/rooikatte in vanghokke gevang word, is dit volgens u departement 'n doeltreffende metode van beheer van rooijakkalse of slegs 'n doeltreffende metode van beheer by rooikatte of albei?
Daar is tans 'n onsekerheid hoe die prosedure gaan werk en sal ek dit waardeer indien u dit vir ons sal uitklaar.
Ek dank u byvoorbaat

Re: Opvolg van CapeNature Statement
CapeNature se antwoord:
Geagte Mnr. Funck
Ek dink dat dit belangrik is om te noem dat baie van u vrae en die vraagstukke wat deur u ge-opper is, geadresseer sal word nadat ons konsultasie met Agri-Wes Kaap gefinaliseer is. Hieronder is antwoorde op u vrae:
1) Moet die boer eers skade lei voor hy kan aansoek doen vir 'n permit?
Ja. Die permit wat uitgeriek is, is basies 'n oesskade permit.
2) Gaan elke voorval ondersoek word deur u departement?
Nie noodwendig nie. Soos hoerbo genoem is ons in huidiglik in konsultasie met Agri-Wes Kaap om 'n "roep-en-skiet" sisteem waar sekere jagters via hulle landbouvereniging deur Capenature geakkrediteer sal word om (langtermyn)permitte te kry. Sodra ons konsultasie met Agri-Wes Kaap gefinaliseer is, sal ons 'n verdere skrywe aan u en alle ander partye stuur wat die sisteem verduidelik.

Ons sal baie graag wil sien dat boere sekere van hierdie voorkomende maatreels begin implimenteer. Die meeste van hierdie toerusting is deur boere self ontwerp en kan help om verliese te beperk. Hierdie voorkomende maatreels sal nooit totale voorkoming van veeverliese waarborg nie, maar kan wel op die einde van die dag geld vir die grondeienaar spaar, veral indien 'n paar van hierdie metodes in kombinasie gebruik word. Ons het ook ondervind dat een voorkomende maatreel uitstekend in een area werk, maar heeltemal faal in 'n ander gebied. Ons is bewus van 'n hele paar nuwe en uitstekende produkte wat binnekort op die mark gaan verskyn. Die grondeienaar moet kan toon dat daar ten minste 'n poging was dat voorkomende maatreels ingestel is. Die punt is geaddresser in ons konsultasie met Agri-Wes Kaap.
4) Hoe lank gaan die permit geldig wees.
Twee weke. Die punt is geadresseer in ons konsultasie met Agri-Wes Kaap.
5) Hoeveel jakkalse en/of rooikatte sal die permit toelaat om gejag te word.
Dit sal afhanklik wees hoeveel diere verantwoordlik is vir die skade. Die punt is geadresseer in ons konsultasie met Agri-Wes Kaap.
6) Hoe lank behoort u departement te neem om die ondersoeke te doen en hoe lank sal dit neem om die permitte daarna uit te reik.
Die vraag is moeilik om the antwoord. Somige aansoek kan dieselfde dag afgehandel word en somige nie.
7) Ons wil graag weet watter tydperk u departement as redelik beskou van aanmelding tot ondersoek tot permit uitreiking?
Alhoewel ons probeer om binne 24 uur sulke aangeleenthede aftehandel is dit nie altyd moontlik.
8.)Mag 'n jagter aansoek doen vir die permit of net die grond eienaar, huurder ens?
'n Jagter mag aansoek doen. Die punt is geaddresser in ons konsultasie met Agri-Wes Kaap.
9) 'n Verdere vraag wat ek het, is 'n boer of enige jagter geregtig om 'n jakkals of rooikat wat hy in die dag sien, te skiet of mag geen jakkals/rooikat in die dag geskiet word nie?
Ja, jakkels en rooikat mag gedurende die dag gejag word soos per die jagkennisgewing.
10) Volgens die bylae mag rooijakkalse/rooikatte in vanghokke gevang word, is dit volgens u departement 'n doeltreffende metode van beheer van rooijakkalse of slegs 'n doeltreffende metode van beheer by rooikatte of albei?
Vanghokke, soos uself behoort te weet, is hoofsaaklik doeltreffend vir die katte. Rooijakkalse gaan baie selde in 'n vanghok gevang word. Daarom gaan CapeNature en Georganiseerde landbou poog om selektiewe nagskiet te akkrediteer om indiwiduele rooijakkalse(en rooikatte)wat skade aanrig, te beheer. Soos uself weet, is dit steeds die effektiefste metode om hierdie diere te beheer.
Die uwe,
Deon

Ek het die ordinansie en wel art 29 "Prohibited ways of hunting" nagegaan en word roep nie as 'n verbode manier gelys nie maar wel om in die nag of om met 'n lig te jag. Dit beteken dat ons nog in die dag kan roep . Die daaglikse limiet is 10 jakkalse of 10 rooikatte. So skerp maar julle dagroep tegnieke op.
Wat is julle opinie tov die antwoorde.
Good hunting.
Heinrich
Wat is julle opinie tov die antwoorde.
Good hunting.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Opvolg van CapeNature Statement
Dawie het geskryf:
Mag 'n mens "rondloper honde" in die aand skiet? Waar's hulle in artikel 29. Om aangekla te word moet hulle eers 'n dooie jakkals of kat op jou bakkie kry? En kan hulle 'n 22-250 punt wat +4000fps in 'n gedierte gebars het balisties "match"? Wat as iemand anders 'n yster op my grond st?l? By wie l? die bewyslas? Ek's nie bereid om R80.00 te betaal vir 'n permit vir net 2 weke nie en dit eers na my goed vrek gebyt is in elk geval nie. In lamseisoen raak lammetjies eenvoudig weg, moet mens nou eers wag tot jy eendag op 'n kloutjie afkom?
ALMAL wat ek mee praat gaan hulle eenvoudig aan die gevorseerde snert AFVEE!!!!
Dis so goed hulle dwing deur regulasies 'n vrugteboer om organies te boer. Almal weet by die tyd dat jou prys wat jy meer kry vir die "organic" sticker nie jou verliese regverdig nie. Die rakkies met organic goed raak ook al hoe kleiner. Mense gaan nie vir die "holistiese" tjoppie wil meer betaal nie!!!
Dis 'n fasion foefie wat sal uitsterf soos die mullet haarstyl en die Y2K bugg. Dan sit die pappas van hierdie mismaakte monster tjoepstil iewers en wegkruip, as die ding uitdraai op 'n gemors en onnodigge verliese vir boere wil ek sien koppe rol!!!!!

baasjan het geskryf
Ek verwys na die k?rel van natuurbewaring se antwoorde op jou vrae.
Lanklaas het ek die voorreg gehad om onderandere so 'n klomp ondeurdagte en ondeursigtige twak te lees:
Volgens sy antwoorde:
Verskeie van die aangeleenthede moet nog met Agri bespreek word??? --- maar die regulasie is klaar in plek.
Halsbande moet eers probeer word??? --- ek gebruik dit die afgelope maand en die jakkals vang 12 van my lammers --- 11 met halsbande.
By my kom hase, steenbokke, springbokke, ens. in oorvloed voor maar die jakkals vang die skaaplam en l? en vreet hom terwyl die hase en steenbokke nie 100 meter verder wei.
Akkreditasie??? --- wie gaan die opleiding gee en wie gaan die goedkeuring gee???
Wie gaan kom vasstel of die jakkals wat by my vang 'n probleemdier is of nie --- natuurbewaring het nog onlangs nie geld gehad om vir hul voertuie brandstof te koop nie!!!!! Verder het hul ook nie die bevoegde mannekrag om dit met sukses te doen nie!!! Het die kerel 'n idee wat dit gaan kos aan mannekragtyd en fondse wat daar nie is nie.
Die landbou in hierdie land moet eers skade berokken word, voordat sodanige permit uitgereik kan word!!!!! --- Op grond van hierdie stelling kan ek nie sien dat die k?rel die bevoegdheid het of die vermo? het om met die boer saam te werk nie. --- maar nouja as hy nou sy skade suksesvol aan die landbou aangerig het en as sondebok deur die politici in die pad gesteek is sal hy darem by Mugabe werk kan kry want die het dieselfde insig vir die voortbestaan van die boer.
Wonder nou net terwyl daar geen vaste prosedure vir die uitreik van permitte is nie of 'n boud vleis en 'n bottel brandewyn sal help!!!! --- dit het in die verlede nogal baie gehelp in sekere staatsdepartemente.
Ek stel voor dat al die boere gelyk vir permitte aansoek doen en dan eise vir skadevergoeding instel omdat natuurbewaring nie binne redelike tyd aandag kon gee nie!
Hierdie hele storie is te gek om waar te wees en dan nog vir my s? natuurbewaring keur dit goed en vereis dat ek as boer eers moet skade ly.
As die regering soveel aandag aan verkragtings gee as wat hulle aan die beskerming van jakkalse gee mag verkragtings miskien afneem!!!
My hekke is in die toekoms vir natuurbewaring gesluit --- en dit na 18 jaar van noue samewerking en wedersydse insig. Ek kan nie iemand op my grond toelaat wat willens en wetens my skade en ondergang beplan nie.
Ek gaan voort om soos in die verlede jakkalse selektief in die nag te skiet en my kudde en my voortbestaan te beskerm. As dit dan tot konfrontasie moet aanleiding gee laat dit dan so wees --- ons boere moet nou net saamstaan en dan bedoel ek alle boere --- ook my opkomende boerevriende wat glo dat natruurbewaring besig is om van sy varkies te verloor.
Hierdie storie sal nogal 'n lekker verkiesings kwessie kan word!!!
Kan die vriend vir ons s? watter politieke partye hierdie geklikhede goedkeur.
As jy herhaaldelik met 'n lam, waarvan die boude lewendig gate uitgeruk is, in jou hande gestaan het, weet jy dat die jakkals en sy vriende die boer se vyand is.
Dit is nou die tyd om ons voet dwars te sit.

Ek is bly dit is nie net ek wat dit raakgesien het nie. Dit wil dan vir my voorkom dat die verklaring dat hulle "dit met landbou uitgeklaar het' vals was. Hier is 'n besluit deur 'n hoof amptenaar geneem waarvan hy nie die impak besef het nie en ook die reaksie van boere onderskat het. Ek hoop werklik die kleinvee boere in die Wes-Kaap sal hier saamstaan en die saak tot die hoogste gesag neem!!! Dit is duidelik dat die departement nie met landbou of enige van die jagters organisasies in gesprek was nie. dit is duidelik iets wat hulle wil afdwing.

Ek wonder wie van hulle ken jakkalse na aanleiding van die stellings wat hulle gemaak het.
Almal moet slegs rapporteer wanneer hulle skade het, ek wonder net of die rapportering jou tagtig rand gaan kos of eers wanneer jy aansoek doen vir die permit?
Ek gaan voort om soos in die verlede jakkalse selektief in die nag te skiet en my kudde en my voortbestaan te beskerm. As dit dan tot konfrontasie moet aanleiding gee laat dit dan so wees
Ek het juis vir hulle gevra of volgens hulle, hokke 'n doeltreffende metode van beheer is vir jakkalse want hoekom kan die ou wat rooikat probleme het voorkomend optree deur hokke voordurend te stel en rooikatte vang maar die boer wat jakkals probleme het, mag geen dodelike middel gebruik nie vir voorkoming nie. Bly weereens onlogies. Soos ek aan hulle gestel het, hulle het hulle mes in vir die ouens wat deur roep so baie skiet, niks anders. As hulle en ander onge-ergde mense die getalle van jakkalse onder beheer hou sal hulle nie hierdie groot plaag word om geskiet te word nie.
Ek hoop werklik hulle besin oor die besluit.
Sterkte vir die Weskaap boere, die tyd is min.

Ek wil graag 'n paar stellings beaam:
Dis nie met Georganiseerde Landbou op GRONDVLAK of met Dept Landbou uitgeklaar nie,
(1) my Landbou vereniging voorsitter weet van niks en wag nou nog om iets te hoor van Weskaap Agri.
(2)Al wat ek van Dept Landbou oor die verandering in die Ordinansie kon kry was "we were told but not consulted"
Dit wil voorkom of hulle nie Jakkals kenners het nie:
(1)CN se man het in 'n vergadering, en ek het getuies om dit te bevestig, ges? dat sy area van ekspertees meer in luiperde is en dat hulle nie so baie van jakkalse weet nie. En ons lees die heeltyd dit nou in hulle antwoorde.
(2)Die driftige manier wat hulle met jou praat op die telefoon en maak asof jy niks weet nie, en met aannames antwoord soos. "Dis nie net Jakkalse wat vee verliese verantwoordelik is nie" Jaaa...ek stem saam....Rooikatte, droogtes, siektes, veediewe en glipsies in bestuur ook!! (Baasjan moet liewers nie b?l nie!! Dis nie goed vir mens se bloeddruk nie)
Gebeurlikheidsplan
As Agri Weskaap se besprekings nie tot ons bevrediging lei nie
Sal ons Landbou verenigingvoorsitters bv. Laingsburg, Merweville, Prins Albert ens. 'n Kennisgewing aan Capenature per hand by hulle kantoor gaan afgee waarvan 'n getekende kopie, gestempel as ontvang, teruggegee word met die volgende:
(1) Wie ons verteenwoordig, en dat hulle ons ligimiteit erken
(2) Ons hulle wetlikke regte erken tov natuurbewaaring en owerheid
(3) Ons en die lede wat ons verteenwoordig aanvaar nie die Ord van 2009 nie en sal die 2008 ord navolg in 2009.
Redes:
(1)Gebrek aan konsultasie op Grondvlak met Veeboere en Jagters
(2)Gebrek aan genoegsame navorsing en verduidelikings van CN om mees geaffekteerdes te oortuig (Veeboere en Jagters )
(3)Nagevolge is gebaseer op onbeproefde aannames
(4)Daar nie deur middel van kursusse ens. tyd gegun was vir boere en jagters om hulle besighede aan te pas nie, volgens die "holistiese benadering", wat klaar as onprakties BEWYS is deur jare se ervaring en navorsing van boere en jagters.
(5)Ons is van die ingeligde rasionele mening dat dit tot 'n ramp gaan lei vir kleinveeboere.
(6)Boere en jagters het reeds eenparig laat blyk dat hulle in elkgeval nie aan veranderinge aan Ord gaan steur nie.
(7)Ons samewerking met CN tov navorsing, natuurbewaring en goeie verhoudinge wil behou
HELP ME...........THROW ME A BONE HERE!!!!

Reaksie van Boerevereenigings/unies
Posbus 5
Leeu-Gamka
6950
20 Desember 2008.
Geagte Carl of wie dit mag aangaan.
Met die skrywe rig ek ons as Merweville Landbouvereniging se misno? met die wetgewing van Cape Nature ? en elke ander organisasie wat hierdie wetgewing onderskryf / goedkeur, rakende die beheer van ongediertes/roofdiere.
Ek wil dit vir u baie duidelik stel dat Cape Nature tans een van die kleinveeboere in Wes-Kaap se grootste vyande word, wat besig is om deur hul wetgewing die bedreiging van die voortbestaan van die kleinveeboere te bevorder.
Om enige onduidelikheid uit te skakel: dit is nie vir die kleinveeboer moontlik om saam met jakkalse of rooikatte te boer nie, aangesien hierdie diere die vee - wat vir die boer se inkomste verantwoordelik is - opvreet. Daar is oor die jare heen genoeg statistieke wat hierdie waarheid kan bewys, maar wat om die een of ander rede deur sogenaamde omgewingsbewuste organisasies, soos Cape Nature, opsetlik geignoreer word. (By ons landbouvereniging is die gemiddelde verlies per kleinveeboer ongeveer R80 000.00 per jaar).
Uit die wetgewing kan ek slegs aflei dat die organisasie ?n doelbewuste aksie teen die voortbestaan van die boere in veral die sentrale karoo gebied het, omdat hierdie gebied prim?r kleinvee boerdery behels of
dat die persone wat hierdie besluite neem en deurvoer nie die vermo? het om die impak van hul besluite te begryp nie en daarom nie bevoeg behoort te wees om sulke besluite te neem nie.
Indien elke werknemer van Cape Nature en ander organisasies wat hierdie wetgewing goedkeur, bereid sou wees om maandeliks 30% van hul salarisse aan die kleinveeboere te skenk as vergoeding vir hul verliese, sal sodanige wetgewing dalk weer deur ons oorweeg kan word.
Die wetgewing maak geen voorsiening vir alternatiewe maatre?ls vir die kleinveeboer nie en die voorgestelde permitstelsel lyk na ?n blote manier om nog kostes uit die sak van die kleinveeboer te jaag, terwyl die huidige suksesvolle gebruik van slagysters en ?nagskiet? as metodes van beheer van ongediertes deur u van die tafel gevee word. Verder is die tyd van die jaar ? middel Desember ? waarop hierdie wetgewing aan ons deurgegee word ook totaal onaanvaarbaar.
Die Uwe,
AJJ Botes
Voorsitter: Merweville Landbouvereniging.