Sukkel so bietjie

Post Reply
Dirk
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm

Sukkel so bietjie

Post by Dirk »

Hallo julle ,ek wil hoor of julle slim manne my kan help, die laaste maand roep ek die jakkalse maar hulle andwoord en gaan mal maar niks wil inkom soos gewoonlik nie,die probleem is hulle andwoord op buurman se grond so kan nie nader gaan nie,maar die vuilgoet kom vang by my.Hehe. Wat maak ek verkeerd? Of watse geluide sal julle speel,en hoe lank speel en stiltes tussen in dat ek kyk of ek hulle nie kan wen nie. Ek roep met foxpro shockwave volume op 22 so weet of ek dalk hard of te sag is nie,vir my klink klanke op regte volume. Dan roep ek gewoonlik met haas pikant of rooi vlakhasie, of steenbok pikant. 2 minute roep 2 minute stilte.Baie Dankie
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Sukkel so bietjie

Post by Cobus(Cobb) »

Hallo Dirk, welkom by die forum, ek sien die is jou eerste post wat jy maak. Ons ken jou nognie so kannie weet of jy op jou eie plaas roep nie.
Waar is jou area/jaggebied?? hoe lank roep jy al??
Gaan draf deur die forum, daar is 'n lekker afdeling vir voorstelling...sommer ons internet manier van bladskut...kom sit om ons vuurtjie, dan rol ons almal lekker saam aan jou jakke.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Sukkel so bietjie

Post by cassie_calvinia »

die meeste wat ek nou skiet, ry ek naader.
as ek kos roep, roep ek bv 15sek, so paar sek stil, 5sek, se paar stil, vir so minuut, dan is ek 3-5 minute stil. moenie teveel op tyd roep nie, dan raak dit eentonig. roep korter inkremente, en wissel af, hou dit so natuurlik as moontlik.
en, ek hou meer by die klein hasies. dalk laat in my roep, sal ek eers bokkies roep.
klein jakkalse=klein kos.
en, moenie vergeet nie, laasjaar se kleintjies is al lekker uitgegroei, moet hul nie onderskat nie.
jag jou buurman nie? Hoekom skuif jy nie nader in sy grond nie? ek sal tog te bly wees as iemand my jakkalse vrek skiet!
maar, dit is nou maar moeilik.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Sukkel so bietjie

Post by roux cf »

Merk daai jakkalse wat so lekker antwoord met n GPS, en ry nader en skiet vrek.
Wakker wees vir daai 300m+ skootjies nou.

Jong jakkalse antwoord maar kom nie in nie omdat hulle onseker is, en mamma en pappa deel nou bietjie slae uit om die jonges weg te kry. Pasop om nou te oorroep, anders sit jy later met jakkalse (al is hulle by die buurman) wat sommer van kleins af lekker slim gemaak is.

Groete,
CF
Dirk
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm

Re: Sukkel so bietjie

Post by Dirk »

Dankie vir die welkom Cobus sal daar n draai gaan maak. Ja ek is n nuweling op die site.Nie lank terug eers internet op plaas gekry nie.
Ek roep op eie plaas ja maar het hulle darem al so bietjie uitgedin op my plaas maar die probleme is by buurman wat nie wil saam werk nie. Die jakkalse bly by hom en kom jag by my,daarom andwoord hulle ook daar. Hy huur sy grond uit aan iemand met bees daarop en die worry nie oor jakkals nie. Ek het hom al paar keer gevra om daar te jag ,maar word elke keer net gese hy sal my laat weet,en hoor nooit niks weer nie. EK gaan roep gewoonlik op die grens draad met die hoop dat ek hulle kan looi as hulle van sy kant afkom maar sover nie te suksesvol nie.
Dankie cassie en roux cf vir die raad ek sal so bietjie dophou vir daai ver skote.
Het enige van julle dalk n foxpro shockwave,indien watse volume speel julle met die.

Groete
Dirk
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Sukkel so bietjie

Post by G-force »

Jou volume sal afwissel agv die wind.Jy kan jou jakkals klanke hard speel.kos klanke speel ons so van 10-25 op die Shockwave.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Post Reply