Dag Manne,
Ek deel net graag iets met julle wat dalk van waarde kan wees.
In my proses om QL te leer ken meet ek gister die koeel lengtes om te sien of dit ooreenstem met QL se data. Ek kom toe agter die 75gr V-max van Hornady op Ql reg is volgens 'n ou batch koeels (23.75mm) maar die nuwe batch wat ek nou skiet se lengte is gemiddeld 23.97mm. Dit laat my toe dink aan die seating depth maar ook veral die afstand van die groewe af. Ek meet die die ou batch teen die nuwe en sien dat die MAx COL verskil met 0.6 mm in my Howa. Die ogief van die koeels verskil dus. Dit beteken dat ek nie binne 1mm tot 0.5 mm van die groewe af was soos ek gedink het en waarvolgens ek my koeellengte bepaal nie.
Mens sou dink dat dieselfde koeel binne sekere toleransies darem dieslefde afmetings sou he en dat die ogief dieselfde sou wees. Anders behoort die vervaardiger 'n waarskuwing te geen in die verband.
Ek het laasjaar dit ook waargeneem met Hornady se 225gr .338 SP Interlock. Toe oorgaan van die een boksie koeels na die volgende verskil die totale patroon lengte skielik -omdat die ogief of koeel lengte nie dieselfde is nie.
Meet dus maar eerder gereeld julle koeel lengtes vir doeleindes van QL en ook die die Max COL.
Die 87gr V-max blyk reg te wees volgens QL se lengtes.
Groete
Wicus.
Wisselende koeel lengtes en ogief.
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Wisselende koeel lengtes en ogief.
sit met selle probleem met 70gr noslers in n 243 ackl
tpl was altyd 68.9mm en nou n paar batches koeels later het die koeel begin vassit skielik in lands as jy patroon ongeskiet uithaal
ons is al op 68.8 en hulle sit nogsteeds vas in lands as jy patroon chamber en ongeskiet uithaal sit koeel in lands vas en doppie kom uit dan is hele geweer vol kruit
geweer se totale kamer lengte is 69 presies
so ja die goed verskil almal
niks kan dit veroorsaak behalwe oneweredige ogives nie uit 100 sit seker 30 vas
sal graag wil hoor of nog mense probleme het
tpl was altyd 68.9mm en nou n paar batches koeels later het die koeel begin vassit skielik in lands as jy patroon ongeskiet uithaal
ons is al op 68.8 en hulle sit nogsteeds vas in lands as jy patroon chamber en ongeskiet uithaal sit koeel in lands vas en doppie kom uit dan is hele geweer vol kruit
geweer se totale kamer lengte is 69 presies
so ja die goed verskil almal
niks kan dit veroorsaak behalwe oneweredige ogives nie uit 100 sit seker 30 vas
sal graag wil hoor of nog mense probleme het
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Wisselende koeel lengtes en ogief.
Pitsmit, ek neem aan jy seat doelbewus in die lande. Met hierdie probleem van wisslelnde koeel lengtes is dit dalk 'n oplossing om bietjie weg van die groewe te seat. Of nie?
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Wisselende koeel lengtes en ogief.
biltong yes ons seat .1 weg vd lands af maar is al .2 weg nou het nog altyd op .1 gewerk vir baie lank maar skielik sit hulle vas
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Wisselende koeel lengtes en ogief.
Lyk my mens moet maar elke batch koeels se max tpl van voor af bepaal.
Sterkte.
Sterkte.