My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post Reply
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by VdWalt »

Soos ek voor heen gesê het ek jeuk die heeltyd om nuwe koeels te skiet en te toets
en die feit dat ek paar heel skaflike ladings klaar vir die 6.5x55 kry my nie gestop nie.

Ek het by Wim 25 NF 140gr koeels gekry om hulle in die 6.5 te probeer. Met die hulp van
Tripod het ek begin met die ladings om te kyk of ek 'n node kan kry wat werk.

Gedurende die toetse het ek sommer 'n koeel in 'n wet pack geskiet om hom met die Oryx en die
TSX te kon vergelyk. Hy het maar die selfde as die ander 2 gepenetreer maar hy het baie vinnig gemushroom.
Binne een telefoon boek.
Ingang:
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/20140216_103935_zps7f97c511.jpg
Uitgang:
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/20140216_104021_zps7a11bcbd.jpg
Koeel na amper half meter se nat boeke (91%) :
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/e35045c6-70da-4754-899d-5bb0ce0f5df3_zps7f76fd34.jpg
EK het die ladings stadig op gestoot tot ek (Tripod) genoeg inligting gehad het om vir my 'n node van 2708fps
gegee met 42.2gr S365. Dit was regtig maklik gewees met die druk (spoed) wat so geleidelik op gegaan het.
Ek toe gister oggend 3 patrone met 42.2gr gelaai en skiet baan toe gegaan. Die spoed was 70fps stadiger
as wat ek verwag het. Ek het egter 'n ander lading ook geskiet en die een was ook 70fps stadiger as wat dit gewoonlik
is. (Ek glo dis die koue maar ek het nooit besef dit kan so groot verskil maak) Dit kan dalk ook die chrony
nie wees as gevolg van die bewolkte lug.
Ek glo egter Tripod se bereking was spot on, 3 skote op 100m:
http://i357.photobucket.com/albums/oo17/vdwalt/bbef65a4-b552-4337-95fa-fbb80d8976f1_zps88eb0ed5.jpg

Ek sal maar die ander 25 koeels by Wim gaan koop om hoofstuk 2 in die veld te kan gaan klaar skryf.
Last edited by VdWalt on Mon Feb 24, 2014 8:14 am, edited 1 time in total.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by DWB »

Mooi man.

My dinges heuk ook om hulle te gebruik. Sal wel nog!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by Pvdw »

Deon is die nou nog nie genoeg rede om 'n 6.5 te koop nie??

Mooi geskiet daar VDW. 8) Ek weet nie of my geweer sulke groeppe kan skiet nie want ek kan nie so skiet nie. :P
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by DWB »

Peet, die 7x57 sal nog 20cm dieper gaan ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by VdWalt »

DWB wrote:Peet, die 7x57 sal nog 20cm dieper gaan ;D
Haha - ek sal R20.00 op die 6.5 sit dat hy nie vir die 7x57 terug hoef te staan
nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by DWB »

Hehehehe, kan ek 175gr gooi? LOL
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by VdWalt »

DWB wrote:Hehehehe, kan ek 175gr gooi? LOL
Reg met my! Ons sal nog die fyner detail van die lang afstand komp
moet uitwerk maar ek is game.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by Pvdw »

Deon ek vermoed jy sal iets anders in daai 7mil se dop moet gooi as jy hier wil wen. :): ;D
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 297
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: My pad saam met North Fork hoofstuk 1

Post by AFRICAN LEADWOOD »

Vd Walt,

Weereens baie dankie vir die terugvoer oor die North Forks.

Jy behoort te vind dat hoe vinniger jy die North Fork SS skiet, hoe dieper is die penetrasie.

Jy sal merk op die webblad dat die PIV (preferred impact velocity) en FIV (functional impact velocity) ook gelys word om leiding te gee in die verband, juis rondom jag en optimale resultate op wild.

Ek sal binnekort meer inligting oor die North Forks plaas in die handelaars afdeling.

Baie mooi geskiet! Ek vermoed wat jy die meeste gaan geniet is hoe voorspelbaar die verrigtig van die North Fork koeëls is.

Wim
Post Reply