Page 1 of 1

Hoe gemaak met 2-been Jakkalse?

Posted: Wed Feb 19, 2014 3:45 pm
by Reloader270
Is daar dalk manne wat opsporing stelsels op vee geinstalleer het? 40 Stoet boerbokke is amper van 'n vriend van my gesteel. Waar kan mens die stelsels bekom?

Re: Hoe gemaak met 2-been Jakkalse?

Posted: Wed Feb 19, 2014 3:51 pm
by musgrave270
Middag Reloader

Dalk kan iets soos die jul help

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=93&t ... er#p314682

Groete

Ruan

Re: Hoe gemaak met 2-been Jakkalse?

Posted: Wed Feb 19, 2014 7:42 pm
by johans
gaan kyk bietjie in die landbouweekblad,philip lotter het ook n produk

Re: Hoe gemaak met 2-been Jakkalse?

Posted: Thu Feb 20, 2014 1:10 pm
by Mac
Ek het Celmax halsbande, R5K elk, hulle, (vee diewe), het my getoets vir so drie weke na aanskaffing, en dit kos bietjie om 3 tot 8 keer per nag te gaan kyk, maar na die eerste 3 weke, kom die alarms net as vlekkie hom skaaphond hou. Ek het vannaf die eerste dag nog nie weer 'n enkele skaap aan diefstal verloor nie, en my twee halsbande het hulself al seker 10 maal betaal. Al nadeel is jy moet cel comms in jou veld hĂȘ

Re: Hoe gemaak met 2-been Jakkalse?

Posted: Thu Feb 20, 2014 7:48 pm
by Reloader270
Baie dankie vir die advies. Ek gaan beslis kyk na die opsies.

Re: Hoe gemaak met 2-been Jakkalse?

Posted: Fri Feb 21, 2014 10:33 am
by Mac
Moet ook net noem, voor ek op Celmax besluit het, het ek twee keer vir Agri alert gebel, en twee keer het ek beloftes gekry dat 'n agent my sal terug bel. Ek wag nou nog. As dit hulle aanvanklikke diens is, wil ek nie weet hoe hulle na verkoops diens gaan wees nie.