Page 1 of 2
Skoene in die jagveld
Posted: Sat Feb 15, 2014 10:25 pm
by win270
Elke jagter het mos maar sy eie voor- en afkeure as dit by skoene of stewels kom wat geskik is vir die jagveld. Dit hang ook af van die terrein waar geloop moet word. Ek het nou-net op die volgende website afgekom:
http://www.toplinefootwear.co.za/
Die skoene lyk aan die ligte kant, maar die pryse verbasend laag.
Wat dink julle hiervan vir "makliker terrein" se gebruik?
(Let wel ek het geen verbintenis met die verskaffer nie!)
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sat Feb 15, 2014 11:24 pm
by mariusr
Ek hou niks van leer stap skoene vir die bos nie het nog altyd my voete seer gemaak na lang stap.Dra net sagte boots soos hi tec, rocky's ens wat jou enkels ook beskerm.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 5:14 am
by Heinz Petersen
Deesdae se stap/jag skoene is bietjie nou aan die voorkant. Dit maak dat ek nie sommer skoene koop wat ek nie kan aanpas nie. Die goed "choke" jou voete na n dag in die veld. Op pad plaas toe gaan ek by Tarzan se fabriek aan en laat vir my n paar maak wat reg pas. Hulle kos R450.00 n paar en as die nate los kom is hulle sommer by my. Soos jy sê, het elke man maar sy smaak.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 7:33 am
by chrisman
Ek verkies my army boots.
Lekker ingeloop en gemaklik.
Maar as hulle die dag moeg is, weet nie wat ek sal dra nie??
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 8:08 am
by Eugene
Ek hou van Wolverines. Die stewels en skoene. Het al op een dag 27km geloop en my skouer was seerder van geweer dra, as my voete! Dalk duur, maar vir my, beslis die moeite werd!
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 8:14 am
by mariusr
chrisman wrote:Ek verkies my army boots.
Lekker ingeloop en gemaklik.
Maar as hulle die dag moeg is, weet nie wat ek sal dra nie??
O nee hel daai army boots is die grootste sondebok dan kry jy nog vrot pooitjie ook!?
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 9:55 am
by grumpy
Sit biwtjie foto van Tarzan se boots asb.
Ek het altyd gedink hy dra nie boots want hy swaai in die bome rond met sy slinger vel en goons.
Plaas foto asb. Ek gebruik my gewone safety boots. Baie gemaklik.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 10:06 am
by NEGE3
grumpy wrote:Sit biwtjie foto van Tarzan se boots asb.
Ek het altyd gedink hy dra nie boots want hy swaai in die bome rond met sy slinger vel en goons.
Plaas foto asb. Ek gebruik my gewone safety boots. Baie gemaklik.
http://www.tarzanshoes.co.za
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 12:41 pm
by baas
Eugene ek stem saam met jou oor daai Wolverines , die lekkerste skoene wat ek nog gekoop het en baie gemaklik in die jag veld.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 1:13 pm
by NicoSmit
My Wolverinesl loop moerse lekker ek dra hulle elke keer as naby aan die veld kom
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 2:32 pm
by tripodmvr
Heinz Petersen wrote:Deesdae se stap/jag skoene is bietjie nou aan die voorkant. Dit maak dat ek nie sommer skoene koop wat ek nie kan aanpas nie. Die goed "choke" jou voete na n dag in die veld. Op pad plaas toe gaan ek by Tarzan se fabriek aan en laat vir my n paar maak wat reg pas. Hulle kos R450.00 n paar en as die nate los kom is hulle sommer by my. Soos jy sê, het elke man maar sy smaak.
Hoe duursaam is hierdie skoene? Ek sien nie 'n pryslys nie - kan mens dus nie per pos bestel nie?
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 3:15 pm
by DWB
Oom Marius (Driepoot)
Hulle is hulle geld in goud werd.
Ek het 'n stel waarmee ek nou al so 6 maande loop en daar is nie 'n ding fout nie!
Jy kan deur die pos bestel en die skoene is baie billik.
Hulle sizes is wel baie groot
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 3:26 pm
by tripodmvr
Dankie DWB, so wat jy sê is dat hul 8 is eintlik 'n 9 vir ons?
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 3:34 pm
by DWB
Net so! Ek dra gewoonlik ñ 10(UK) maar ñ 9 in die tarzans
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 5:44 pm
by NEGE3
Moet egter byvoeg Topline se pryse lyk baie aanloklik.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 7:20 pm
by Johan van Wyk
Ek sukkel redelik met boots omdat my voete nieewe groot is nie. Ek het `n paar jaar terug ten duurste Courtney Safari's gekoop en my beskeie opinie is dat dit die swakste waarde vir geld in skoene van alle tye is. Ek het hulle nog maar dra hulle net as ek weet ek gaan nie baie ver loop nie. Ek het `n stel Wolverines ook maar hulle werk ook glad nie vir my nie. My voetsole begin brand as ek meer as `n paar kilometre met hulle loop.
Ek het wel onlangs `n stel Merrel enkelhoogte leer boots raakgeloop met sagte sole en hulle hou redelik belofte in. Ek sal weet aan die einde van die jagseisoen!
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Sun Feb 16, 2014 7:24 pm
by douw
Ek sukkel ook met my voete. As ek kaalvoet deur water loop en dan afrduk van my voet maak, lyk dit of ek plakkies aanhet. Geen brug nie. Die skoen wat vir my die beste werk is die Freestyle boots.
Hulle hou baie lank, en is baie sag.
Kyk gerus hier:
http://www.freestylesa.co.za/images/thu ... utback.jpg
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Mon Feb 17, 2014 9:43 am
by tau
tripodmvr wrote:Heinz Petersen wrote:Deesdae se stap/jag skoene is bietjie nou aan die voorkant. Dit maak dat ek nie sommer skoene koop wat ek nie kan aanpas nie. Die goed "choke" jou voete na n dag in die veld. Op pad plaas toe gaan ek by Tarzan se fabriek aan en laat vir my n paar maak wat reg pas. Hulle kos R450.00 n paar en as die nate los kom is hulle sommer by my. Soos jy sê, het elke man maar sy smaak.
Hoe duursaam is hierdie skoene? Ek sien nie 'n pryslys nie - kan mens dus nie per pos bestel nie?
Baie duursaam. EK bly so 300m vanaf hulle fabriek en het 6 paar skoene van hulle. Hulle maak 'n BAIE groot verskeidenheid en grade leer gaan direk met die prys gepaard. EK het volengte boots wat al 9 jaar lank saam jag. EK dra hulle nie anders nie, maar het van hulle velskoene en werkskoene.
Die eienaar is tweedegeslag en elkedag in die fabriek betrokke so daar is nog baie familie trots betrokke. Hulle maak ook skoen pamaak as jy by hulle omgaan. Ek laat 'n size 10 sool korter sny vir my vet voete.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Tue Feb 18, 2014 7:48 am
by win270
Douw, ek het paar Freestyle stewels met veters. Hulle het lekker dik rubbersole wat klou en goeie ondersteuning verleen by enkels. Ek kan kilometers ver daarmee stap op een dag en my voete is ongeskonde. Mens moet natuurlik ook maar goeie dik sokkies dra vir verdere "padding" en om sweet te absorbeer, beslis in wol.
Dit sal goed wees om te hoor waar ander manne hulle skoene vir die jagveld aanskaf. Deesdae kos dit ook 'n hele klompie rande om ordentlike paar skoene te koop. Dis egter die moeite werd. Swak skoene kan jou jagtog sleg bederf.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Tue Feb 18, 2014 5:15 pm
by Koot
Kan mens direk by hulle fabriek op Tulbach koop?
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Tue Feb 18, 2014 5:23 pm
by win270
Ja, jy kan. Hulle sal dit vir jou pos teen ongeveer R50 per paar as dit Gauteng toe gestuur moet word.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Tue Feb 18, 2014 5:59 pm
by Koot
Dankie Win270.
Is eersdaags in die omgewing en het nou dringend skoene nodig.
Het altyd met Gordons hier van Boulders in Midrand gejag, maar die ou wat die boots gemaak het wat ek dra is blykbaar oorlede.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Tue Feb 18, 2014 6:24 pm
by Pappabeer
Johan van Wyk wrote:Ek sukkel redelik met boots omdat my voete nieewe groot is nie. Ek het `n paar jaar terug ten duurste Courtney Safari's gekoop en my beskeie opinie is dat dit die swakste waarde vir geld in skoene van alle tye is. Ek het hulle nog maar dra hulle net as ek weet ek gaan nie baie ver loop nie. Ek het `n stel Wolverines ook maar hulle werk ook glad nie vir my nie. My voetsole begin brand as ek meer as `n paar kilometre met hulle loop.
Ek het wel onlangs `n stel Merrel enkelhoogte leer boots raakgeloop met sagte sole en hulle hou redelik belofte in. Ek sal weet aan die einde van die jagseisoen!
Johan, dit klink of jy moontlik Plantar fascitits mag hê as 'n skoen met n plat sool jou ongemak gee terwyl iets soos 'n Merrel met 'n effense hak en enkel ondersteuning vir jou gemaklikker is. Die patofisiologie hier raak n lang storie, en die oorsake is legio wat manifesteer as ongemak en pyn in voetsole.
Ek is mal oor my Courtneys. Hulle jag nou al 7 seisoene, het die Otter, Visrivier canyon, 100e kms in die drakensberge en n Europese reënseisoen oorleef met my 90 plus kg op hulle, en hulle gaan nog sterk aan. Ek sal verseker weer 'n paar koop
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Tue Feb 18, 2014 6:27 pm
by Dimitri
Koot wrote:Dankie Win270.
Is eersdaags in die omgewing en het nou dringend skoene nodig.
Het altyd met Gordons hier van Boulders in Midrand gejag, maar die ou wat die boots gemaak het wat ek dra is blykbaar oorlede.
Koot, die eienaar is wel laas jaar oorlede. Sy vrou het die besigheid oorgeneem en sy het iemand wat in die winkel werk. Ek het n' paar Oryx Desert boots daar in Desember gekoop. Hulle het die hele reeks Oryx Boots in vooraad gehad sowel as Courtneys, Hitecs en ander. Ek weet nie of dinge verander het sedert Desember to ek daar was.
Re: Skoene in die jagveld
Posted: Tue Feb 18, 2014 6:30 pm
by mariusr
Goeie genade lyk soos vader jakob se skoene!?he he! Speel sommer daai boots is nou lekker ingeloop sal net balansering binnekort benodig!