Skoene in die jagveld
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Skoene in die jagveld
Elke jagter het mos maar sy eie voor- en afkeure as dit by skoene of stewels kom wat geskik is vir die jagveld. Dit hang ook af van die terrein waar geloop moet word. Ek het nou-net op die volgende website afgekom:
http://www.toplinefootwear.co.za/
Die skoene lyk aan die ligte kant, maar die pryse verbasend laag.
Wat dink julle hiervan vir "makliker terrein" se gebruik?
(Let wel ek het geen verbintenis met die verskaffer nie!)

-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Skoene in die jagveld
Ek hou niks van leer stap skoene vir die bos nie het nog altyd my voete seer gemaak na lang stap.Dra net sagte boots soos hi tec, rocky's ens wat jou enkels ook beskerm.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Skoene in die jagveld
Deesdae se stap/jag skoene is bietjie nou aan die voorkant. Dit maak dat ek nie sommer skoene koop wat ek nie kan aanpas nie. Die goed "choke" jou voete na n dag in die veld. Op pad plaas toe gaan ek by Tarzan se fabriek aan en laat vir my n paar maak wat reg pas. Hulle kos R450.00 n paar en as die nate los kom is hulle sommer by my. Soos jy sê, het elke man maar sy smaak.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
chrisman
- Full Member

- Posts: 133
- Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm
Re: Skoene in die jagveld
Ek verkies my army boots.
Lekker ingeloop en gemaklik.
Maar as hulle die dag moeg is, weet nie wat ek sal dra nie??
Lekker ingeloop en gemaklik.
Maar as hulle die dag moeg is, weet nie wat ek sal dra nie??
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Skoene in die jagveld
Ek hou van Wolverines. Die stewels en skoene. Het al op een dag 27km geloop en my skouer was seerder van geweer dra, as my voete! Dalk duur, maar vir my, beslis die moeite werd!
Aim small, miss small
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Skoene in die jagveld
O nee hel daai army boots is die grootste sondebok dan kry jy nog vrot pooitjie ook!?chrisman wrote:Ek verkies my army boots.
Lekker ingeloop en gemaklik.
Maar as hulle die dag moeg is, weet nie wat ek sal dra nie??
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Skoene in die jagveld
Sit biwtjie foto van Tarzan se boots asb.
Ek het altyd gedink hy dra nie boots want hy swaai in die bome rond met sy slinger vel en goons.
Plaas foto asb. Ek gebruik my gewone safety boots. Baie gemaklik.
Ek het altyd gedink hy dra nie boots want hy swaai in die bome rond met sy slinger vel en goons.
Plaas foto asb. Ek gebruik my gewone safety boots. Baie gemaklik.
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Skoene in die jagveld
http://www.tarzanshoes.co.zagrumpy wrote:Sit biwtjie foto van Tarzan se boots asb.
Ek het altyd gedink hy dra nie boots want hy swaai in die bome rond met sy slinger vel en goons.
Plaas foto asb. Ek gebruik my gewone safety boots. Baie gemaklik.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Skoene in die jagveld
Eugene ek stem saam met jou oor daai Wolverines , die lekkerste skoene wat ek nog gekoop het en baie gemaklik in die jag veld.
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Skoene in die jagveld
My Wolverinesl loop moerse lekker ek dra hulle elke keer as naby aan die veld kom
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skoene in die jagveld
Hoe duursaam is hierdie skoene? Ek sien nie 'n pryslys nie - kan mens dus nie per pos bestel nie?Heinz Petersen wrote:Deesdae se stap/jag skoene is bietjie nou aan die voorkant. Dit maak dat ek nie sommer skoene koop wat ek nie kan aanpas nie. Die goed "choke" jou voete na n dag in die veld. Op pad plaas toe gaan ek by Tarzan se fabriek aan en laat vir my n paar maak wat reg pas. Hulle kos R450.00 n paar en as die nate los kom is hulle sommer by my. Soos jy sê, het elke man maar sy smaak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Skoene in die jagveld
Oom Marius (Driepoot)
Hulle is hulle geld in goud werd.
Ek het 'n stel waarmee ek nou al so 6 maande loop en daar is nie 'n ding fout nie!
Jy kan deur die pos bestel en die skoene is baie billik.
Hulle sizes is wel baie groot

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skoene in die jagveld
Dankie DWB, so wat jy sê is dat hul 8 is eintlik 'n 9 vir ons?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Skoene in die jagveld
Net so! Ek dra gewoonlik ñ 10(UK) maar ñ 9 in die tarzans
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Skoene in die jagveld
Moet egter byvoeg Topline se pryse lyk baie aanloklik.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Skoene in die jagveld
Ek sukkel redelik met boots omdat my voete nieewe groot is nie. Ek het `n paar jaar terug ten duurste Courtney Safari's gekoop en my beskeie opinie is dat dit die swakste waarde vir geld in skoene van alle tye is. Ek het hulle nog maar dra hulle net as ek weet ek gaan nie baie ver loop nie. Ek het `n stel Wolverines ook maar hulle werk ook glad nie vir my nie. My voetsole begin brand as ek meer as `n paar kilometre met hulle loop.
Ek het wel onlangs `n stel Merrel enkelhoogte leer boots raakgeloop met sagte sole en hulle hou redelik belofte in. Ek sal weet aan die einde van die jagseisoen!
Ek het wel onlangs `n stel Merrel enkelhoogte leer boots raakgeloop met sagte sole en hulle hou redelik belofte in. Ek sal weet aan die einde van die jagseisoen!
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Skoene in die jagveld
Ek sukkel ook met my voete. As ek kaalvoet deur water loop en dan afrduk van my voet maak, lyk dit of ek plakkies aanhet. Geen brug nie. Die skoen wat vir my die beste werk is die Freestyle boots.
Hulle hou baie lank, en is baie sag.
Kyk gerus hier: http://www.freestylesa.co.za/images/thu ... utback.jpg
Hulle hou baie lank, en is baie sag.
Kyk gerus hier: http://www.freestylesa.co.za/images/thu ... utback.jpg
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Skoene in die jagveld
tripodmvr wrote:Hoe duursaam is hierdie skoene? Ek sien nie 'n pryslys nie - kan mens dus nie per pos bestel nie?Heinz Petersen wrote:Deesdae se stap/jag skoene is bietjie nou aan die voorkant. Dit maak dat ek nie sommer skoene koop wat ek nie kan aanpas nie. Die goed "choke" jou voete na n dag in die veld. Op pad plaas toe gaan ek by Tarzan se fabriek aan en laat vir my n paar maak wat reg pas. Hulle kos R450.00 n paar en as die nate los kom is hulle sommer by my. Soos jy sê, het elke man maar sy smaak.
Baie duursaam. EK bly so 300m vanaf hulle fabriek en het 6 paar skoene van hulle. Hulle maak 'n BAIE groot verskeidenheid en grade leer gaan direk met die prys gepaard. EK het volengte boots wat al 9 jaar lank saam jag. EK dra hulle nie anders nie, maar het van hulle velskoene en werkskoene.
Die eienaar is tweedegeslag en elkedag in die fabriek betrokke so daar is nog baie familie trots betrokke. Hulle maak ook skoen pamaak as jy by hulle omgaan. Ek laat 'n size 10 sool korter sny vir my vet voete.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Skoene in die jagveld
Douw, ek het paar Freestyle stewels met veters. Hulle het lekker dik rubbersole wat klou en goeie ondersteuning verleen by enkels. Ek kan kilometers ver daarmee stap op een dag en my voete is ongeskonde. Mens moet natuurlik ook maar goeie dik sokkies dra vir verdere "padding" en om sweet te absorbeer, beslis in wol.
Dit sal goed wees om te hoor waar ander manne hulle skoene vir die jagveld aanskaf. Deesdae kos dit ook 'n hele klompie rande om ordentlike paar skoene te koop. Dis egter die moeite werd. Swak skoene kan jou jagtog sleg bederf.

Koot
- Jr. Member

- Posts: 57
- Joined: Fri Sep 28, 2012 8:10 am
Re: Skoene in die jagveld
Kan mens direk by hulle fabriek op Tulbach koop?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Skoene in die jagveld
Ja, jy kan. Hulle sal dit vir jou pos teen ongeveer R50 per paar as dit Gauteng toe gestuur moet word.
-
Koot
- Jr. Member

- Posts: 57
- Joined: Fri Sep 28, 2012 8:10 am
Re: Skoene in die jagveld
Dankie Win270.
Is eersdaags in die omgewing en het nou dringend skoene nodig.
Het altyd met Gordons hier van Boulders in Midrand gejag, maar die ou wat die boots gemaak het wat ek dra is blykbaar oorlede.
Is eersdaags in die omgewing en het nou dringend skoene nodig.
Het altyd met Gordons hier van Boulders in Midrand gejag, maar die ou wat die boots gemaak het wat ek dra is blykbaar oorlede.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Skoene in die jagveld
Johan, dit klink of jy moontlik Plantar fascitits mag hê as 'n skoen met n plat sool jou ongemak gee terwyl iets soos 'n Merrel met 'n effense hak en enkel ondersteuning vir jou gemaklikker is. Die patofisiologie hier raak n lang storie, en die oorsake is legio wat manifesteer as ongemak en pyn in voetsole.Johan van Wyk wrote:Ek sukkel redelik met boots omdat my voete nieewe groot is nie. Ek het `n paar jaar terug ten duurste Courtney Safari's gekoop en my beskeie opinie is dat dit die swakste waarde vir geld in skoene van alle tye is. Ek het hulle nog maar dra hulle net as ek weet ek gaan nie baie ver loop nie. Ek het `n stel Wolverines ook maar hulle werk ook glad nie vir my nie. My voetsole begin brand as ek meer as `n paar kilometre met hulle loop.
Ek het wel onlangs `n stel Merrel enkelhoogte leer boots raakgeloop met sagte sole en hulle hou redelik belofte in. Ek sal weet aan die einde van die jagseisoen!
Ek is mal oor my Courtneys. Hulle jag nou al 7 seisoene, het die Otter, Visrivier canyon, 100e kms in die drakensberge en n Europese reënseisoen oorleef met my 90 plus kg op hulle, en hulle gaan nog sterk aan. Ek sal verseker weer 'n paar koop
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Skoene in die jagveld
Koot, die eienaar is wel laas jaar oorlede. Sy vrou het die besigheid oorgeneem en sy het iemand wat in die winkel werk. Ek het n' paar Oryx Desert boots daar in Desember gekoop. Hulle het die hele reeks Oryx Boots in vooraad gehad sowel as Courtneys, Hitecs en ander. Ek weet nie of dinge verander het sedert Desember to ek daar was.Koot wrote:Dankie Win270.
Is eersdaags in die omgewing en het nou dringend skoene nodig.
Het altyd met Gordons hier van Boulders in Midrand gejag, maar die ou wat die boots gemaak het wat ek dra is blykbaar oorlede.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Skoene in die jagveld
Goeie genade lyk soos vader jakob se skoene!?he he! Speel sommer daai boots is nou lekker ingeloop sal net balansering binnekort benodig!