Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
-
Ambessa

Hallo almal
Daar is sterk vermoede (duidelike tekens?) dat die sosiale-, maar veral ook die voedingsgedrag van die rooijakkals heelwat anders is as wat algemeen geglo is of in boeke opgeskryf is?
Geld die stelling oral of is dit net op sekere gebiede van toepassing?
Daar is byvoorbeeld heelwat gevalle wat die rooijakkals maar eers onlangs vir die eerste keer deur redelik grootmense gesien is? Waarom? Was hulle voorheen (dekades gelede) wel daar en het nou weer ingekom?
Indien julle met voorbeelde spesifiek na provinsies/distrikte/dorpe kan verwys (plase sou beter wees sonder om vertroulikheid te skend) sal dit baie help.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Ambessa
Ek praat onder korreksie,
: So +- 30-40 jaar terug het Noordkaap regering saam met die boere 'n initiatief geneem om jakkals getalle af te bring, was in Graaf Reinette, Pearston omgewing, wat aan my oorvertel is, is daar 20 000 + jakkalse vankant gemaak, hulle het als tot hul beskikking gebruik, honde gewere en wat nog als.Oranjejag het die Vrystaat onder beheer gehou, ongelukkig was hulle afhanklik van Staat vir geld. Boere in omgewings het gereeld bymekaar gekom en met honde ens 'n groot area gevee. Hierom was daar nie rerig probleme nie en almal het dit gelate anvaar en beheer het afgeneem. Daaroor het ou jakkie kans gekry om weer sterk aan te teel. Omdat die wereld sienning verander na meer groen het sekere mense 'n gaping gesien, wat nooit daar was om 'n vinnige paar rand uit oningeligte mense te maak. Dis nou hier waar ons boere se probleme begin BS en sy maters.
So die sienning dat jakkalse nooit onder beheer gehou was nie is snert, die oningelgtes het net nooit van jakkalse op plase gehoor en gedink hulle bly net in nat reservate, hulle het en weet ook nie rerig hoe dit onderbeheer gehou was, en word nie. Die metode van inbeheer hou het net verander, van gif na skiet, so vir my as boer moet hulle besluit, gaan ek aan om te roep en skiet en behou dan al my ander wild soos bakore, draaijakkals ens of gooi ek gif en verwoes als

Last edited by Yalair on Fri Apr 03, 2009 5:03 pm, edited 1 time in total.
-
Ambessa
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Yalair
Dankie.
Sedertdien het baie boere (individueel en in groepe) mos darem op hulle eie voortgegaan om roofdiere te beheer. Was die afname in roofdierbeheer so dramaties oor so 'n kort tydjie dat die rjakkals populasie so die hoogte ingeskiet en baie wyd oor die land versprei het?

Hallo britsman
As ek reg onthou het jy ook een van die laaste "groot jagte" meegemaak? Wat het daarna verkeerd geloop dat rjakkalse (en rkatte) so baie geword het?
Ambessa
As ek reg onthou het jy ook een van die laaste "groot jagte" meegemaak? Wat het daarna verkeerd geloop dat rjakkalse (en rkatte) so baie geword het?
Ambessa
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Ambessa
Onthou net intussen het baie boere oorgeslaan na wild, of plaas verkoop aan korporatiewe persoon wat wildplaas gevestig het, soos al baie hier opgemerk word daar min of geen beheer op roofdiere gedoen. Wat ek ook agterkom is dat daar is baie boere wat rerig oud is en nogsteeds boer, hetsy watter rede ook, die ou omies, geen disresepek, dis net 'n waarneming, het nie die krag om jakkalse te gaan soek en uitroei nie. Die omies sien ook nie sy weg daarin om 650 te betaal vir iemad om jakkals te skiet nie, jare terug het hy dit self en verniet gedoen, verstaan nie die arme man moet daaruit lewe nie. Jakkals se jag patroon het nie verander nie, hy sal volgens oorlewing die maklikste prooi vat, en dit sal jy nooit kan verander nie.

Dit is so. Goed gestel. Daar is te veel grond (plase, parke, ens.) waar geen of min roofdierbeheer toegepas of geduld word nie.
Vraag is hoe trek ons weer die kombers dig toe oor die land (by wyse van spreke)? Ons moet 'n werkbare manier kry om die vangste oor baie groot aaneenlopende gebiede te verminder. Dit sal minder rjakkalse beteken maar moet nie as 'n uitroeiaksie benader word nie - bloot om vangste op meer leefbare vlakke vir boere te bring. Is dit te veel gevra?
Hoe kan daar meer gekoordineerd en meer effektief opgetree word? Wie moet/kan/behoort die leiding te neem?

Ja dis nou hier waar dit moeilik raak. Ek sal daarvan hou as bv natuurbewaring met initiatiewe begin deur boereverenigings te laat saamwerk met nat bewaring om bewusmaking en samewerking te promoveer. NB kan dan ook help om sulke jagte te help orkistreer, maar ek dink mannekrag ontbreek op diestaduim ernstig.
-
Ambessa
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Yalair
Ek het slegte nuus (mag in my wildste drome dalk totaal verkeerd bewys word?) maar NB sal nooit as te nimmer (weer) aktief help om roofdiere (spesifiek die rjakkals en rkat) te jag nie. Hulle mag dalk sover beweeg word om in te staan vir opvoedings- en opleidingsprogramme, navorsings ens. Hulle mag egter nie waag om openlik deel te neem aan grootskaalse "jagtogte" nie, dit loop teen hul mandaat om biodiversiteit te bewaar. Feit is egter, NB se aktiewe deelname aan gekoordineerde en effektiewe roofdierbestuur (van die twee spesies) sal JUIS tot voordeel van biodiversiteit wees.

Dink die regte woord is TONNELVISIE, nogal jammer
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Tonnel vissie pas beter, het jy al gesien hoe lyk 'n kurper wat in 'n besproeiingspyp grootgeword het.Yalair wrote: Dink die regte woord is TONNELVISIE, nogal jammer
C
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Ambessa
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Yalair & Christo
Sien wat julle bedoel. Feit is, daar is te min ervare beamptes in al die provinsies wat spesifiek na roofdiere soos die rjakkals en rkat omsien. Party provinsies soos die VS is gelukkig om nog 'n paar ervare manne in die veld te kan stoot.
As roofdierbestuur enigsins suksesvol moet wees, sal al die beamptes as 'n eenheid gesamentlik oor provinsiale grense moet kan werk. Die outonomie van provinsies laat dit egter nie op formele basis toe nie. Dit kan egter op ander maniere bewerkstellig word. Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.
Die kuns wat bemeester moet word is dat almal gaandweg (of is dit mettertyd) in dieselfde rigting kyk - selfs besproeingspyp kurpertjies.

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Ambessa
Hier in Tarkastad in die area waar ek boer het ek in die vroee negentigs vir die eerste keer met rooijakkals kennisgemaak. In die begin was dit net n snaaksigheid en ons het staaltjies van die ou boere gehoor van hoe hulle jakkalse gejag het. Toe hulle my lammers begin eet was dit nie meer snaaks nie. Hier by 1995 - 1997 rond.
Ou boere het n staande reeling gehad om elke donderdagoggend te jag. Hulle kan nou nog vertel waar hulle die laaste jakkalse gedood het. Vermoed laat 60 vroee 70s. So die storie dat die jakkies nooit gewen was nie is nonsens.
Volgens my eie teorie was dit a.g.v.
- Omtrent alle plase was bewoon
- Baie werkers op plase (menslike voetspoor was oral)
- Sif/ jakkalsproefdraad was in stand gehou.
- Almal het kleinvee gehad
- Nie groot areas waar net wild of beeste geboer was nie
- Regering het hulp gebied
Nou is seker minder as die helfte van die boere oor met seker n nog groter vermindering in aantal werkers. Heinings is glad nie meer jakkalsproef. Baie wild /beesboere tussenin.
Ek glo die jakkies is nou vir altyd hier.
Groete Freddie
ns Gaan aan met die goeie werk.

yol bolsun
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Almal
Nog 'n klip in die bos oor die oorsaak van jakkalsgetalle wat buite beheer geraak het is juis die groen beheermaatreels. Geen klokkie of collar of enige van die ander metodes bring jakkalsgetalle af nie. Net as hy doodgemaak word op watter wyse ook al raak hulle minder. Baie boere is hopeloos onkundig oor jakkalsbeheer en beroep hulle slegs op van hierdie metodes. Hy troos hom daaraan dat hy klokkies of Collars gebruik en dit maak wel op die kort duur 'n verskil, want 'n jakkals is soos water. Hulle vang altyd eerste op die maklikste plekke. Nou sit die betrokke persoon collars of klokkies aan en hulle vang langsaan waar dit nie gedoen word nie. So gaan dit aan totdat dit basies oral ewe veel inspanning vereis van jakkie om dik te kom. Die hele proses vat egter 'n paar jaar en die aanvanklike paar jakkalse wat by die eerste ou begin pla het het nou aangeteel tot honderde. Dan spoel hulle soos 'n golf oor jou. Indien die eerste paar 10 jaar gelede al geskiet is toe hulle nog min was, sou dit nooit gebeur het nie. Ter selfdertyd het wildplase, lodges, naweekplase en dies meer, waar hulle veilige teelruimte geniet, opgeskiet soos paddastoele wat verder die probleem vererger.
Ek dink die meeste van ons sal saamstem dat daar so 10-15 jaar gelede geen jakkals probleem was nie. Baie van ons is aan die neuse gelei deur groen metodes en vandag betaal ons die prys. Net my mening...
Groete

Winners never quit - Quitters never win.
-
Ambessa
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Kruger
Mooi gestel. Hoe kom die veeboer weer voor?
Ambessa
Mooi gestel. Hoe kom die veeboer weer voor?
Ambessa
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Freddie
Jy slaan die spyker op die kop. Daar mag dalk ander faktore wees, maar die ontvolking van die platteland het 'n groot uiterking gehad.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Ambessa
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Freddie101
Dankie vir die bydra. Vraag is, hoe moet hulle op groter skaal bestuur word?
Kan enige poging werk as roofdiere net op party plase effektief bestuur word terwyl op groot stukke aarde tussenin niks of min gedoen word?

britsman
- Hero Member

- Posts: 792
- Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Ambessa / Freddie /Caller / Kruger en almal,
I have farmed on the present farm situated in the Stormberg region (Burgersdorp) of the East Cape since 1968
After the successful culling of jackals in the in the ring fenced areas in the 1960?s I would say that the following factors have influenced the return of problem black back jackals.
1) Veld fires have destroyed vast sections of our netting wire fences leaving predators the ability to roam at will.These subsidized fences were erected in the 1920?s and 1930?s under Cape Province Fencing Act which legislated that all livestock farms at the time had to be ring fenced to a particular standard.
2) The average sized occupied farm has increased in size from +- 800 ha to +2500 ha today.
3) Because of less farm owners and excessive labour legislation, including housing rights, and the small profit margin, fewer hands are used and only immediate family members stay on the farm. In my case from +-30 to 4 on weekdays only, thus the human presence has diminished.
4) In the 1960?s the farm staff?s extended family members would hunt and kill, using packs of dogs, any game found from dassies to reedbuck. Everything that could be eaten by them or their dogs would be done so including fresh dead animals. Since the 1990?s only sheep dogs kept in an enclosure around the homestead are allowed.
5) As a child when on holiday from boarding school I would roam the farm shooting dassies, meerkats and hares for the staff .There used to be hundreds of dassies. Sometimes I would shoot 4 or 5 in a afternoon using .22 Mauser equipped with open sights. To day you would be lucky to see about 4 dassies in a day.At night looking for jackals you see some springhares and a few hares. In 1990?s I once counted 17 steenbokke one night. To day about 6 on the same route.
6) In the 1960?s if a dead animal was not removed within a day +30 vultures and hundreds of crows would devoir the carcass. Present time. I have in this year counted up to 19 vultures at a lynx kill and many crows. In the 1990?s vultures were few, probably as the predator numbers started to increase farmer?s poisoned carcasses to try and kill them and ended up killing the vultures. I think to day most farmers are more conservation minded and use poison only if really desperate.
7) Only in 1990?s I started seeing BB jackals on the farm. After all they were reaching saturation point in the conservation areas and moving onto our farms as we lost control.
I think that in the 60?s, 70?s and part of the 80?s HUMANS were the MASTER PREDATORS. I could also say that Humans were also the Master Scavengers with the help of the vultures. In those years the jackals struggled to survive. Nowadays the role has reversed and JAKKIE is the MASTER PREDATOR
Ons moet als net weer omswaai en die ?TOP DOG? wees.
britsman
Ek gaan maar antwoord in brits. Dit lyk of Freddie oor my skouer geloer het en die wat ek geskryf het, net vertaal.Ambessa wrote: Hallo britsman

Last edited by britsman on Thu Jan 28, 2010 7:33 am, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
-
Ambessa
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo britsman
Nicely put. Straight to the point.
It would seem that a smaller human presence and then also many "vacant farms" may be big contributing factors in giving the predators breathing and breeding and feeding space?
Question, how (and at what cost) will we become the "Top Dog" again?
Ambessa
Nicely put. Straight to the point.
It would seem that a smaller human presence and then also many "vacant farms" may be big contributing factors in giving the predators breathing and breeding and feeding space?
Question, how (and at what cost) will we become the "Top Dog" again?
Ambessa
-
britsman
- Hero Member

- Posts: 792
- Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Ambessa,
Vir 'n begin ons sal moet een ding aanvaar en dit is;
BUURMAN SE JAKKALS IS OOK MY JAKKALS!!
Ek sal maar kop krap deur die dag.
groete,
britsman
Nou vra jy my vas!! Een ding wat ek kan se is dat 'n Statutere heffing op wol of vleis nie sal werk nie.Ambessa wrote:
Question, how (and at what cost) will we become the "Top Dog" again?
Vir 'n begin ons sal moet een ding aanvaar en dit is;
BUURMAN SE JAKKALS IS OOK MY JAKKALS!!
Ek sal maar kop krap deur die dag.
groete,
britsman
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
-
Ambessa
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Britsman
Thanks. But be carefull, don't scratch to deep it may hurt...
Ambessa
Thanks. But be carefull, don't scratch to deep it may hurt...
Ambessa
-
britsman
- Hero Member

- Posts: 792
- Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Ambessa,

Ek het gese kop krap nie poep---
bm
Ek het gese kop krap nie poep---
bm
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Ambessa
Daar het jy dit. Die ingelse
Daar het jy dit. Die ingelse
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Hallo Almal
Meeste van julle stellings en afleidings omtrent toename in getalle is korrek , maar ons moet ook onthou dat baie ander wilde diere se getalle het net so toegeneem. By my was daar in die 60 -80 jare nooit steenbokke of die enkele koedoe of vlakvarke nie. Hoor nou dat die manne ook Bosvarke begin skiet en vang en dit in N.O.K. naby Aliwal Noord !
Persoonlik dink ek die duisende honde op plase regoor die land was die hoof rede vir lae getalle
Opdie grond waarop ek nou boer was daar in die 60-70 jare so +- 63 honde (van plaaswerkers) en nou is die getal 3 !

Hallo Biker
Ambessa
Korrek. Goeie waarnemings.Biker wrote:...maar ons moet ook onthou dat baie ander wilde diere se getalle het net so toegeneem... ...grond waarop ek nou boer was daar in die 60-70 jare so +- 63 honde (van plaaswerkers) en nou is die getal 3 !
Ambessa
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Rooijakkals : sosiale- en voedingsgedrag
Ek dra ruim by tot die getalle se afname.Biker wrote: en nou is die getal 3 !