More Almal,
Soos van julle weet sukkel ek met n klompie skelm jakkies (my eie toedoen..). Ek het egter by een van die waterposte waar hulle water suip vir my in hide gemaak binne in n kameelboom en my stoel staan daarbo. Ek het dinsdag aand n jong teef geskiet en vanoggend ook. Ek was nog net die 2 aande in die hide. Ek roep geensins ek sit net en wag, met my nagsig en skiet die jakkies as hulle by my is met die LF.
Nou die eerste aan was ek 19:00 in die hide, dan sit die son nog hoog by ons en ek het die teef 8:50 geskiet, toe sit ek tot so 1:30am en gaan huis toe. Gisteraand selfde tyd die stoel betree, maar die teef vanoggend 5:50 am geskiet.
Tydens die gewagery praat hulle bitter baie en oral oor met mekaar. Nou wil ek hoor, wat sal julle voorstel kan ek dalk probeer roep vannag om die ma te oorreed om in te kom. Die tewe wat ek geskiet het, was 1 gewissel en die aander een was so te se klaar gewissel, so ek vermoed dit is die seisoen se kleintjies (2013).
Sal die ma nog na die 2 soek en sal klein jak distress werk of is sy nie meer gepla oor hulle nie?
O ja, moet ook byse, die ander moontlikhede waar hulle kan water drink, het ek n hond by die een pos en dia ander hang ek veesakke op die drade en die bosse, ek probeer hulle dwing om by my te kom drink.
Groete
Suidwes
Wat kan ek roep?
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Wat kan ek roep?
Mooihuil of Vlekkie3A, dan wag jy vir die sprorts. Skiet soveel jy kan sonder om verder te roep en speel dan baklei1 en skiet die res.
- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Wat kan ek roep?
My raaiskoot ietsie soos jakkies worstel op Pikante Klanke maar stem ook vir vlekkie3
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat kan ek roep?
Maar jy's vol planne!
Ek kan nie raad gee nie, want dis iets wat ek nog nooit probeer het nie. Sal egter graag die uitkoms wil hoor.
Mooiloop
Ns. My ondervinding by waters in ons wereld is dat dit maar areas is wat jakkalse geneig is om te deel. D.w.s. neutrale grond en nie noodwendig kerngebiede nie. My raaiskoot is dat jou beste kans vir sukses juis die laat sosiale tyd is, met 'n roepery daar. Enkel jakkalsroep wat dalk nie agressief is nie, miskien is daar 'n jaklas wat 'n maatjie soek.
Ek kan nie raad gee nie, want dis iets wat ek nog nooit probeer het nie. Sal egter graag die uitkoms wil hoor.
Mooiloop
Ns. My ondervinding by waters in ons wereld is dat dit maar areas is wat jakkalse geneig is om te deel. D.w.s. neutrale grond en nie noodwendig kerngebiede nie. My raaiskoot is dat jou beste kans vir sukses juis die laat sosiale tyd is, met 'n roepery daar. Enkel jakkalsroep wat dalk nie agressief is nie, miskien is daar 'n jaklas wat 'n maatjie soek.
- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Wat kan ek roep?
dankie Louis vir n subtiele deel van n baie goeie stukkie ondervindingLouis102 wrote:Maar jy's vol planne!
Ek kan nie raad gee nie, want dis iets wat ek nog nooit probeer het nie. Sal egter graag die uitkoms wil hoor.
Mooiloop
Ns. My ondervinding by waters in ons wereld is dat dit maar areas is wat jakkalse geneig is om te deel. D.w.s. neutrale grond en nie noodwendig kerngebiede nie. My raaiskoot is dat jou beste kans vir sukses juis die laat sosiale tyd is, met 'n roepery daar. Enkel jakkalsroep wat dalk nie agressief is nie, miskien is daar 'n jaklas wat 'n maatjie soek.
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Wat kan ek roep?
Dankie vir die raad sover.
Het nog nie geroep daar nie, maar het darem nog een laat val Vrydagaand daar, sonder om te roep, net wag. Jong reun.
My ander water pos waar ek ook probleme kry gaan ook n stoel inkry binnekort, dit werk wragtag goed vir my, dit is net lank sit en wag.