Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post Reply
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by Blackie Swart »

Het gister aand so n draai gaan ry om my scope op die jakkalse te toets. By staanplek 1 het ek begin met Javalina en onmiddelik oe opgetel wat inkom. Stop die outjie op 140m.Het die liggie op die kruishaar baie dof gestel en moet se dat ek nou die scope geniet in die nag. Ooorspronklik kon ek nie regkom met die scope nie , maar verander my opinie oor die scope. Ek is dit nou gewoond en loop soos soetkoek.Kon darm 6 jakkalse op die staanplek klap. Kon ongelukkig net 4 afneem want my kamera se battery het gegaan.Het ook met al die oe wat inkom per ongelik die massiewe groukat ook geskiet.Sorry vir die bloed en ingewande wat so uithang.Skiet met my 243 en sy maak maar so. Alle jakkies is met Javalina geskiet. Was 4 tewe en 2 reuns.Almal so n 1 na 2 jaar oud.Hier le die outjies wat ek kon afneem.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by F.L.A.S.H »

Jammer oor die kat maar daai goed gebeur, het self al amper n aard wolf geskiet in die nag (as my nog 5sec gele het het ek hom geskiet, kon net oe en oore sien)

Eks bly om te hoor die eliminator so mooi loop in die aande

dankie vir die deel

mooiloop
Dave
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by theedge »

Blackie dit lyk my ek sal by jou moet kom aanklop vir hulp met daai scope - n vriend van my het gevra ek moet hom help om die scope in te stel en die drop en al daai goed te laai - ek het vandag daai boek so geloer en maar net gewonder.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by James Wilson »

Manne, wat is julle so besorgoor die kat? Hier by ons vang daai kat al die hoenders en gansies en eende. Wat my betref, is hy maar sy eie kwaadoener.

So n kat het my skoonma se hele vere kombers boerdery tot niet gevang.

Blackie, jy se dat jy die eerste jak op 140m gestop het. Meen jy, dat dit is waar jy hom geskiet het, of waar jy hom met n geluid laat stop net in sy spore? Beide gevalle is dit vir my baie ver, ek ly af jy wou die scope op daardie afstand toets? Of is dit die afstand in julle wereld waarop julle moet skiet om sukses te hê?

Geluk met jou 6 jakke. Dit wil gedoen wees. My beste is 6 op een plaas, maar in 24 uur.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by Blackie Swart »

James dit is maar die afstande wat ons die jakkies moet skiet.weinig dat jy hulle onder die honderd meter kry. Die 140m is waar ek hom gestop het met n fluit en toe geskiet het.Probleem hier is maar dat elke jan rap en sy maat skiet jakkalse en later sit ek met die skelm outjies om af te haal.
Theedge: Die boek laat klink dit regtig moeilikker as wat dit is. Sal enige tyd help. Praat net en ons kyk wat ons kan uitrig.daai scope loop mooi as dit eers reg is.Sal dit geniet.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by James Wilson »

Sjoe ou Blackie, dit is ver. Ek het nog net drie jakke op 150m geskiet, en een aand een op 231m. Was ook al by waar een op 502m geskiet is maar toe was die afstand bekend. Die res is egter hier op so 70m na 90m.

Tog lyk dit, of julle in daardie wereld as n norm die jakke op 140m moet skiet. Dit is erg. Soveel meer agting dan vir die 6 wat jy laat val het. Ek kan net dink hoe geniet jy dan daardie Burris.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by Blackie Swart »

Dit is maar ongelikkig ons lot hier.Moet se die Burris maak dit heelwat makliker vir my om op die afstande die jakkie met gemak en vertroue te skiet.Maar net lekker om te weet dat as daai naald die slagpen steek jy verseker is dat die jakkals die harde waarheid gaan ontvang. Ek moet nog my scope fine tune, maar vir nou loop die ou oop. Geniet die scope baie. Net aan die begin gesukkel om die helder kolletjie op die kruishaar gewoond te raak.Gelukkig is nou als uitgesorteer.
Groete
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by theedge »

Blackie Swart wrote:James dit is maar die afstande wat ons die jakkies moet skiet.weinig dat jy hulle onder die honderd meter kry. Die 140m is waar ek hom gestop het met n fluit en toe geskiet het.Probleem hier is maar dat elke jan rap en sy maat skiet jakkalse en later sit ek met die skelm outjies om af te haal.
Theedge: Die boek laat klink dit regtig moeilikker as wat dit is. Sal enige tyd help. Praat net en ons kyk wat ons kan uitrig.daai scope loop mooi as dit eers reg is.Sal dit geniet.
Dankie maat sal so maak - op watse cal. het jy die scope. Laai jy self en watse bc het jy in die scope geplaas, My vriend het die Elimanator 3 x96 - kan n ou die wind spoed verander sien dit is op 10mph - vriend het scope op 375 gesit - ek sou dit lief op sy 3006 gesit het maar ja dit s ander man se besluit. LOL
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by Blackie Swart »

More Theedge
Die scope is op my 243 gesit en my BC op 43.Ek laai wel self my rondtes vir beter akkuraatheid. Ongelukkig kan jy nie die wind spoed verander nie.Op die 375 behoort die wind nie n groot invloed te he nie. Onthou net dat die rigting waaruit die wind waai moet jy seker van maak.Ek het al ondervind dat as die wind van agter waai ek glad nie wind hoef te vat nie maar slegs as dit reg van die kant af kom. Ek skiet ook n swaar 100gr punt in die 243 wat dit ook meer wind vriendelik maak
Groete
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by theedge »

Blackie maat - more baie dankie het so bietjie na die bc van die koele gaan loer en ek sal daar begin. dankie vir die hulp - sal skreeu as ek washaak of omval.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by 30-06 »

Manne die nuwe Scope(4*16*50) se aanwysings het my ook bietjie verwar.
volgens die boek is die dropnumber dit op 750 yards,dit maak egter nie vir my sin nie.
Wat ek wel met die vorige model ondervind het is dat die drop op 500 y bly ongeag of jy op meters of yards werk.

Ek het my 4*16 op 100m gezero en hom op 400 gekalibreer met die dropnumber tot hy daar zero.
Sal graag wil hoor wat julle ondervinding is.
Tans is my Dropnumber 177 op 'n 150g punt uit 'n 30-06.om op 400m te zero.
Dit is meer as die meeste drop numbers wat hulle aaangee op 750 Y.
As ek reg verstaan beteken die 177 die volgende.
Die 1 is vir meter en die 77 is die drop op 400m.
Verstaan ek iets in die som dalk verkeerd?
Help asb.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by Geno »

Blackie,
Mooi gegooi.

Op die "Hoeveel" topic noem jy dat dit jong jakkalse is, maar hier sê jy hulle is 1 - 2 jaar oud.

Het jy fotos van die voortande?
Goed, beter, 6millimeter!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by johans »

James Wilson wrote:Sjoe ou Blackie, dit is ver. Ek het nog net drie jakke op 150m geskiet, en een aand een op 231m. Was ook al by waar een op 502m geskiet is maar toe was die afstand bekend. Die res is egter hier op so 70m na 90m.

Tog lyk dit, of julle in daardie wereld as n norm die jakke op 140m moet skiet. Dit is erg. Soveel meer agting dan vir die 6 wat jy laat val het. Ek kan net dink hoe geniet jy dan daardie Burris.
daai katte is baie volop hier by ons en maak elke jaar baie skade onder pasgebore lammers
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by theedge »

30-06 wrote:Manne die nuwe Scope(4*16*50) se aanwysings het my ook bietjie verwar.
volgens die boek is die dropnumber dit op 750 yards,dit maak egter nie vir my sin nie.
Wat ek wel met die vorige model ondervind het is dat die drop op 500 y bly ongeag of jy op meters of yards werk.

Ek het my 4*16 op 100m gezero en hom op 400 gekalibreer met die dropnumber tot hy daar zero.
Sal graag wil hoor wat julle ondervinding is.
Tans is my Dropnumber 177 op 'n 150g punt uit 'n 30-06.om op 400m te zero.
Dit is meer as die meeste drop numbers wat hulle aaangee op 750 Y.
As ek reg verstaan beteken die 177 die volgende.
Die 1 is vir meter en die 77 is die drop op 400m.
Verstaan ek iets in die som dalk verkeerd?
Help asb.
Hi maat soos ek nou maar oplees en speel - die 1 kan ook 2 of 0 wees die 0 is as ek reg onthou zerro op 50 die 1 zerro op 100 en 2 zerro op 200 die twee nr na die een is jou bc wat jy moet insit - ek gaan die koel se bc wat die vervaardiger gee daar insit en dan kyk wat gebeur - sal dan maar so aanpas om te sien wat hy maak
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Burris elimanator laser scope getoets op jakkies

Post by Blackie Swart »

Hi Geno
Ek het ongelukkig nie die tande afgeneem nie maar as ek reg onthou het van die fotos wat julle oor die voortande gewys het, is dit my skatting van die ouderdomme.Ek het al van verlede jaar se kinders geskiet en hulle tande is nog mooi wit en nog nie geslyt nie. Ek kan verkeerd wees oor die ouderdomme maar die skelm houdings wat hulle toon om wind te werk het ook aan my n aanduiding gegee dat hulle bietjie meer wys was.
Groete
Post Reply