308 Win 220g

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Danie Nortje
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu May 17, 2012 8:26 pm

308 Win 220g

Post by Danie Nortje »

Gewonder of iemand al 220g punte gelaai het op n 308 en watter lading mag dalk werk. Ek sit met n boksie 220g hornady interlocks en kan dit net sowel probeer vir naby skiet en in digte bos. Ek hou van n vol dop so wat dink julle? S 341 of S 365. Ek weet nie of ek stupid is met die swaar goed op 308 nie. Help my reg as dit moet. Dankie ++>:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Win 220g

Post by tripodmvr »

Hang af van jou groefdraai of dit miskien kan werk. As dit 1 in 10 is kan jy maar probeer. Laat weet en dan kan ons vir jou 'n beginlading voorstel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Danie Nortje
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu May 17, 2012 8:26 pm

Re: 308 Win 220g

Post by Danie Nortje »

Dagse Tripod.

Nee ek het n 1 in 12 groefdraai op n 23 duim loop. Ek weet dis n long shot maar die skietbaan sal verseker bekend maak hoe die akuraatheid sal wees. Dink ook nie my loop gaan hom stabiliseer nie.. Solank ek nie nonsens aanjaag en geweer opblaas ens.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 308 Win 220g

Post by Flip Nel »

Danie Nortje wrote:Dagse Tripod.

Nee ek het n 1 in 12 groefdraai op n 23 duim loop. Ek weet dis n long shot maar die skietbaan sal verseker bekend maak hoe die akuraatheid sal wees. Dink ook nie my loop gaan hom stabiliseer nie.. Solank ek nie nonsens aanjaag en geweer opblaas ens.
Dankie my 300 Win wat 'n 1 - 12 groefdraai gehaat het wou niks weet van 220 grain nie, maar soos jy se proebeer is al wat jy kan
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 308 Win 220g

Post by mariusr »

Dink ook 220gr punt gaan nie lekker stabilliseer nie!? Maar as jy S341 gebruik begin met 36gr en werk stadig op max 40gr. TPL so 70,8mm rond. Redelike lang punt vir die 308.Spoed behoort so 2200 vt/s rond te wees.
User avatar
Danie Nortje
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu May 17, 2012 8:26 pm

Re: 308 Win 220g

Post by Danie Nortje »

Dankie julle.

Ek sal die laai en gaan toets die naweek van die 14 en die bevindinge plaas. As ek bo twee duim groepe kry op 100m gaan ek nie eers verder boder nie. Wat lekker sal wees van die patrone is dat daar amper geen vleis skade sal wees op kort afstande in digte bos nie.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 Win 220g

Post by Thermal »

My 1in12 gee 20mm met frontier fp 220gr. 10 shoot groeperings onder 30mm op 100m. Het ook al op 400m met hulle werk, na klippe geskiet en elke keer getref waarna ek gemik het.
Myne suck met omtrent alle180gr, maar 165 en onder toe is fine tot 110gr. Claws in 200gr gee ook onder 30mm op100m.
Try did en tune hom tot hy werk. Skroef draad is net n aanduiding dis nie n wet nie. :-)

Dit werk ook lekker vir subsonics ...
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 308 Win 220g

Post by Cobus(Cobb) »

my 1:10 soek 165 en 168..180 was olraait en 150 was poeffies.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: 308 Win 220g

Post by ZKK »

Ek het vinnig met Quickload gaan rond speel en dit lyk of jy die 220gr Hornady Roundnose teen so 2300fps sal kan skiet uit n 23" loop (1.375 millisec node)
Snaaks genoeg lyk dit of S365 die beste poeier is vir hierdie swaar koeels, en jy kry n dopvulling van 102% en 100% ontbranding (pressure net so oor die 46000 psi)
Op papier lyk hierdie nogal na n nice lading.

Omdat dit n roundnose koeel is wat maar 1.283" lank is, wil dit voorkom of hy wel sal stabiliseer in n 1:12 twist (gaan meet net asb self die koeel lengte om te verifieer)
(Ek kry n stabiliteits faktor van ±1,8 volgend Brian Litz se program (moet groter as 1,4 wees)

So dit wil voorkom asof jy wel hierdie kombinasie sal kan gebruik.
Maar omdat ek baie onervare is met quickload, en hierdie n ongewone situasie is, sal ek defintief se dat jy maar met die eksperts verder hieroor moet praat.
User avatar
Danie Nortje
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu May 17, 2012 8:26 pm

Re: 308 Win 220g

Post by Danie Nortje »

Baie dankie ZKK. Ek is sommer opgewonde. Gaan beslis die lading opwerk van onder af en kyk waar kom ek uit. Hoeveel S365 het jy uitgewerk vir die 102% dopfulling? Ek sal bly wees vir die vol dop.

Groetnis
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: 308 Win 220g

Post by 375fanatic »

Het al 200gr barnes probeer het so 2100 gekry met 35mm groep ek het toe maar die koels geruiil vir die180gr kneels
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Post Reply