Wie van julle gebruik n kaart stelsel om jakkals bewegings ens.te plot.
Ek het n plaas wat ek diens so af en toe en het besluit om so stelsel te begin om te kyk wat dit werd is!? Elke kleur staan vir iets, myne lyk nou so:
Pienk- Nes
Oranje- Sien(daglig/vroeg aand)
Geel- Hoor(vroeg oggend, laat middag, vroeg aand)
Swart- Merkplek
Pers- Vangste
Blou- Water drink
Groen- Dubbelspore
Wit- Hoor(laatnag)
Lig groen- Enkelspore
Bruin- Deurkruip
Rooi- Jakkals gedood
Die kaart en kleur, werk ook saam met nommers en n plek vir notas maak soos vir datums, tye en sulke goed.
Sal nogal interresant wees om te hoor van manne wat dit reeds gebruik- pro's en con's
Groete
kaart en kleur stelsel
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: kaart en kleur stelsel
Weet daar is manne wat hul staanplekke op gps merk en dan notas neem of hul daar sukses gehad het of nie. Dink dit sal jou baie in die toekoms help as jy jou kaart op datum hou en vir die nuwe jakkalse wat intrek in die hande te kry. Goeie idee. Glo dis eintlik wat n mens moet doen voor jy jou jag beplan. Mens het soveel meer sukses in die gebied wat jy ken en weet hoe en waar jakkies loop, water drink, neste ens.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: kaart en kleur stelsel
rommel uit niel viljoen se kursus is dit een van die belangrikste dinge wat hy uitlig wat jy moet doen.hy doen dit ook so en het al seker 10jaar of meer se inligting so van sy plaas opgedoen.verbeter net jou sukses en spaar jou baie moeite
- roux cf
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm
Re: kaart en kleur stelsel
Alle pro jakkalsjagters gebruik gps'e om daai inligting te stoor.
Dis baie belangrik! Jakkalse volg sekere patrone, so merkplekke en staanplekke en neste is baie belangrik!
Dis baie belangrik! Jakkalse volg sekere patrone, so merkplekke en staanplekke en neste is baie belangrik!
