Page 1 of 1
Sukses met jonges??
Posted: Thu Jan 16, 2014 10:54 pm
by hebron
Wie skiet nou baie jong jakkalse?
Gee n bietjie raad; roepmetodes, klanke gebruik en sommer enige extra tips!
Jonges se tande raak mos nou skerp, so enige wenke en raad om verliese te beperk sal nou welkom wees!!
Groete Willem
Re: Sukses met jonges??
Posted: Fri Jan 17, 2014 5:54 am
by Henry 7
Hier kom hulle so een/een in op kos-jong reun 7.7kg maar ek wag eers vir maan om te draai.
Henry
Re: Sukses met jonges??
Posted: Fri Jan 17, 2014 3:41 pm
by Pieter
Willem, di wêreld is vol van hulle, hier nog op banggat staduim, so 1 of 2 sal inkom op kos, hul reageer op groep roepe, dan ry ek maar daarheen.
Re: Sukses met jonges??
Posted: Fri Jan 17, 2014 5:48 pm
by Jake1
Ek het so ruk terug 'n baie klein jakkalsie gesien in die aand, tot by hom gery en toe vluit ek kort gewone vluitjies met my mond toe skielik hardloop daar nog 4 uit die bos uit en kom stel ondersoek in oor die geluid tot amper by my voertuig, ek het te sleg gevoel om hulle te skiet. Weet dit sal nie orals werk nie. Weet mens moes hulle maar skiet maar aai, my hart sou nie lekker voel daaroor nie.
Jake1
Re: Sukses met jonges??
Posted: Fri Jan 17, 2014 8:56 pm
by hebron
OK, hoe lank sal julle "kos" roep voordat jy n jak-roep speel ?
My siening is net dat die nagte nou te kort is om lank met "kosroep" aantehou, tensy jy reeds hul adres het.
Jonges is nog bang en sal nie van ver-af inkom nie; hoekom sal mens nie na 15-min jakkalsroep gebruik om adres te kry en dan nader ry nie ?
En wat se "kos" gebruik jul as jy reeds nader gery het?
Luister graag
Willem
Re: Sukses met jonges??
Posted: Sat Jan 18, 2014 7:03 am
by cassie_calvinia
willem, ek is dalk heettemal verkeerd.
mar, ek speel 10min kos, as niks kom, mooi huil, hopelik antwoord hul. as hul so +-1km weg is, sal ek tot nog vir so 15min kos speel, weer mooi huis, as hul nader kom, wag ek, as hul op selfde plek is, skuif ek. afhangende natuurlik of die teef ook erns skree. sit nou nie langer as 40 min op plek nie. tensy, die grotes besig is om in tekom
Re: Sukses met jonges??
Posted: Sat Jan 18, 2014 7:41 am
by Henry 7
Ek speel ook eers kos ingeval daar 'n kat in die omtrek is en vir jonges wat float-hier loop hulle al lankal op hulle eie.
Neil Viljoen het Donderdag vir ons gesê die teef split die kleintjies en los hulle op daai plekke en gaan elke 2de of 3de nag na hulle toe en vang vir hulle kos totdat hulle self regkom en los hulle dan net daar-is ook 'n manier om hulle weg te kry behalwe as hulle 'n helper terughou.Dis hoekom ons hulle nie saam met grotes die tyd kry nie-ek weet in die noorde sê hulle die kleintjies is nog baie klein en ver agter die suide.
Henry
Re: Sukses met jonges??
Posted: Sat Jan 18, 2014 9:39 am
by Roberto
Willem
Ek neem aan jy sukkel ook maar bietjie met jonges nou,wel ek ook maar.Ek het nou al darem 'n paar van hulle laat omval,maar hulle is redelik groot en uitermatig skelm.Die volgende het vir my gewerk:Hasie vir so 15min,dan gooi ek hasie jakkals baklei kombinasie,maar jy kan maar vir jou regmaak vir ten minste 'n uur op 'n plek sit.Die jonges hier in my omgewing is sommer al groot,ek het foto's op fb geplaas,vra maar net vir Hester om sommer daar op my profile te kyk,dan kan jy sien hoe groot is hulle al.Oh ja,een het my darem op enkel jakkalsroep geantwoord en toe katrol ek hom in met daai kombinasie.
Sterkte,groetnis
Roberto
Re: Sukses met jonges??
Posted: Mon Jan 20, 2014 10:56 am
by Arno Pienaar
Wat ek ondervind het(kan miskien verkeerd wees) mens moet lekker naby aan die jong vlekke kom voordat hulle hard instorm.So paar aande gelede het ek op n stand gestaan niks jakke gehoor nie toe skuif ek net 800m en daar trek die hele fademelie los en die gala was aan binne paar minute.
Groete Doons
Re: Sukses met jonges??
Posted: Tue Jan 21, 2014 8:48 pm
by Arnold Lategan
Naand manne
Ja doons ek stem saam met jou. Ek het dieselfde agter gekom dat mens reedelik naby aan hulle moet wees anders antwoord hulle jou maar bly op een plek of beweeg maar op hulle roetes. Ek het ook agter gekom dat party jong vlekke antwoord op jakkals klanke en beweeg nader maar bly nogsteeds op 'n afstand. Die klanke wat die beste werk op die oonblik by my is Doekvoet + Of klein haas klanke.
Groete uit die Karoo
Re: Sukses met jonges??
Posted: Mon May 19, 2014 11:51 am
by Louw123
Dagse Arnold.
Wat is die Doekvoet+ klank?
Re: Sukses met jonges??
Posted: Mon May 19, 2014 12:15 pm
by BLOK
Louw123 wrote:Dagse Arnold.
Wat is die Doekvoet+ klank?
Doekvoet is maar n haas.
Re: Sukses met jonges??
Posted: Mon May 19, 2014 12:54 pm
by pieter h
Jake1,so n jong jak is oulik maar as jy hier by my daardie kans kry en hul los gaan jy lang trane huil.Ek het al geleer skiet en voel dan jammer.
Re: Sukses met jonges??
Posted: Tue May 20, 2014 10:18 am
by willienel
kom ek se vi jou as jy n stuk grond het en jonglammers en jou laaitie huil oor di jakals sy lam gebyt of gedood het skied jy de laaste een,klein hasie werk ook gud met my
Re: Sukses met jonges??
Posted: Tue May 20, 2014 11:19 am
by willienel
kan iemand my dalk se of da baie jakalse is in Heidelberg omgewing da by di mielieboere ek is uitgenooi vi n jakals roep sesie da by my neef jannie venter viliers kan iemand my dalk se om dit di moeite werd sal wees om te gan
Re: Sukses met jonges??
Posted: Tue May 20, 2014 11:26 am
by NicoSmit
Ja daar is jakkalse
Re: Sukses met jonges??
Posted: Tue May 20, 2014 11:40 am
by willienel
dankie nico het jy al daar gejag?
Re: Sukses met jonges??
Posted: Tue May 20, 2014 11:43 am
by NicoSmit
nee maar Cobus en HennieC hier op die forum jag daai rigting
Re: Sukses met jonges??
Posted: Tue May 20, 2014 11:50 am
by willienel
dankie
Re: Sukses met jonges??
Posted: Wed May 21, 2014 11:43 am
by Louw123
Dankie Blok. Het weer iets by geleer.