Neck Size doppe wil nie chamber nie
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Neck Size doppe wil nie chamber nie
Hi Almal,
Ek is ook maar nog redelik nuut met die herlaai prosess. Ek het vir my 'n LEE Collet Necks Sizing Die gekoop. Ek het die doppe (Highland en PMP) 3 keer gesize, maar nou wil die doppe nie meer chamber in my .270 nie. (Slot wil nie toe maak nie) Ek het toe 'n full resize gedoen en nou is alles weer uitgesorteer.
Ek kon nie regtig agterkom in akuraatheid verskil tussen die Full Size en Neck Size doppe nie. Doen ek iets verkeerd of moet dit so werk. Ek was onder die indruk jy hoef net die neck size te doen.
Dankie,
Piet

.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Piet mens moet maar die doppe so elke 4de of 5de keer die doppe en fullsize en trim dan is hulle weer reg! dit maak vir my ook nie so groot verskil op die akuraatheid nie maar my dop lewe het meer as verdubbel!
groete
nico
groete
nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Piet
Die doppie se "lyf" raak te lank, van sy skouers tot op die rim, dal moet jy hom weer "bump" , dit kan jy met n body die doen, ingesluit by Redding die stelle, of soos jy gemaak het, hulle net weer n slag Full Size. Hoop jy verstaan my gebrekigge beskrywing.
Mooi loop
Francois
Die doppie se "lyf" raak te lank, van sy skouers tot op die rim, dal moet jy hom weer "bump" , dit kan jy met n body die doen, ingesluit by Redding die stelle, of soos jy gemaak het, hulle net weer n slag Full Size. Hoop jy verstaan my gebrekigge beskrywing.
Mooi loop
Francois
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Ok dankie, dit maak sin. So basies Neck Size help om die dop se lewensduur te verleng. So ek kan hom Neck Size tot die dop nie meer wil chamber en dan Full Size ek hom maar net om weer tot in die spec te kry.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Dis reg Piet!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Hallo Piet
Googie gerus Lee Collet Die jy sal sien daar is 'n video hoe om die 'die' reg te gebruik. Dit help baie.

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Piet
Jy sal agter kom die 270 "creep" vinniger in die lyf as baie ander kalibers. Maar as jy so maak soos jy doen sal jy verseker baie langer dop lewe h

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Dankie almal, so leer mens elke dag iets nuuts.
Groete daar.
Groete daar.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
PIET
Trim jou doppe jy gaan jou geweer opblaas, virsigtig

.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Piet
Ek hoop nie jy herlaai en vind dan daarna uit dat die doppe te lank is nie. Ek het al van my doppe inmekaar gedruk met die 'factory crimp ' uit pure onnoselgeit. Mens leer baie vinnig uit jou foute uit.
Ek glo om my doppe elke keer te sny tot op lengte na ek die full resizing gedoen het. So elke 2-3 herlaaiprosesse. My jagpatrone wat ek op moet staatmaak resize en sny ek na elke gebruik. Die pryse van wild is peanuts in vergelyking met die prys van doppe. Vat maar die raad van die ouer manne.
Mens speel net tot op 'n punt - dan kan dit regtig gevaarlik raak.
Sterkte

Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Ja ek kyk elke keer vir die dop lengte of hy reg is, as hy nie reg is dan trim die tool hom mos tot op die regte lengte in elk geval. Soos ek verstaan skop die skouer van die dop bietjie vorentoe, maar die lengte is dieselfde. Ek het hulle gemeet ook, toe ek probeer uitvind wat aan die gang is. Die dop wat gechamber het was dieselfde lengte as die dop wat nie wil chamber nie na die trim natuurlik. Dit was eers uit moedeloosheid dat ek toe die dop 'n full resize doen en toe chamber die dop. Ek was onder die indruk as jy Necksize hoef jy nie te full size nie, maar weet nou dat jy maar elke paar keer weer gaan moet full size.
Groete daar,
Piet
Groete daar,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
n Dop wat uut daardie geweer kom moet kamer met net n nek resize.As hy dit nie doen nie is jou kamer nie reg gesny nie. Ek het vandag n 30-06 gesien waar van die kamer aan die een kant n pens maak as jy die dop nie presies terugsit soos hy uitgekom het nie maak die slot nie toe nie.As jy hom dan draai sal jy toe maak.Kyk of as jy n geskiete dop op n gelyk tafel rol of hy nie wabel nie, dan is dit die probleem.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Oom Faniefanie17 wrote: PIET
Trim jou doppe jy gaan jou geweer opblaas, virsigtig
Praat jy hier van die "donut"? Of verstaan ek nie lekker nie?
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Ja ek is ook onder die indruk dat as die dop uit my geweer kom, en hy is genecksize en reg getrim, moet hy chamber. Ek het die geweer middel laas jaar gevat vir 'n gunsmith report en als het reg terug gekom. Miskien moet ek maar net 'n tweede opinie ook kry.
Lekker aand almal.
Lekker aand almal.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Hi Sefan
Nie noodwendig die donut nie as je mooi na die dop kyk dan lyk sy een kant meer uit.Met die dop te rol,stadig op n fafel sien jy dit beter.
Nie noodwendig die donut nie as je mooi na die dop kyk dan lyk sy een kant meer uit.Met die dop te rol,stadig op n fafel sien jy dit beter.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
Gerard
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Dit kom alles terug na neergelegde spesifikasies toe. Die dimensies van die kamer en loop van 'n geweer word gegee as 'n minimum dimensie, waaronder 'n vervaardiger nie MAG beweeg nie. Daar is 'n opwaartse toleransie van tussen 20 en 30 mikron (duisendstes van 'n millimeter), afhangende van die kaliber. Hierdie dimensies is op rekord by CIP en SAAMI en almal, behalwe die Sjinese, hou hulle daaraan.
Die ammunisievervaardigers (en natuurlik ook die vervaardigers van matryse) word ook gelei deur CIP en SAAMI met 'n soortgelyke spesifikasie wat die maksimum afmetings, met 'n afwaartse toleransie, bepaal.
Dit beteken dat, indien almal by die neergelegde spesifikasie hou, die kleinste toelaatbare gekoopte rondte 'n maksimum van 60 mikron kleiner sal wees as die grootste toelaatbare kamer. 60 Mikron is 'n rattle fit en dis nie waar mens wil wees nie. Hoe nader die ammunisie se dimensies aan die kamerdimensies is, hoe beter is die konsentrisiteit en hoe meer akkuraat is die stelsel. Enigiets groter as 60 mikron verskil tussen kamer en rondte begin word gevaarlik en behoort nie in gebruik te wees nie.
Die geweer se kamer moet rond wees en nie ovaal of met pense aan een kant nie. As 'n gevuurde dop nie in die kamer wil teruggan nie, is daar fout.
Wat beteken al dit vir die herlaaier?
Jou vol lengte vorm-matrys is ontwerp om die doppe terug te bring na die CIP/SAAMI dimensies toe. Dit is effens onder die minimum kamer dimensies. Indien mens net nekvorm, word die skouer en romp van die dop nie gevorm deur die matrys nie. Soos wat die dop gevuur word, sit dit uit en krimp weer in. Dit word elastiese vervorming genoem.
Dit werkverhard ook die dop en die uitsetting bly dieselfde maar die inkrimping word minder. Dit bereik 'n punt waar die dop begin vassteek nadat dit ge-nekvorm is, want daardie aksie verander die dimensies van die skouer en romp genoegsaam om 'n presiese (gevuurde) dop te verander, sodat dit nie pas nie. Die dop vervorm nou plasties want dit keer nie meer terug na die vorige vorm toe nie.
Nekvorm matryse en "collet" matryse is nie bedoel vir gebruik in produksiegewere nie.
Die vol lengte vorm-matrys moet gebruik word om, tussen die vor-matrys en die dophouer (shellholder), presies die dimensies van die geweerkamer en die kop van die slot te dupliseer. Dit moet gedoen word vir die individuele geweer en handgelaaide ammunisie kan nie tussen gewere geruil word nie, as gevolg van hierdie pasmaak instelling.
1. Soek gevuurde doppe onder ander skieters, wat nie in jou geweer se kamer pas nie. Die dop moet nie toelaat dat die slot volledig toemaak nie.
2. As jou geweer alle ander doppe aanvaar, moet jy van jou eie doppe doppe maak wat nie pas nie. Gebruik die "sizer button" uit 'n 303 vorm-matrys om 'n paar 30-06 of 308 doppe te vorm. Gebruik 'n button uit 'n 25-06 matrys vir 243 ensovoorts.
3. Wanneer jy drie of so doppe het wat nie pas nie, doen dan die volgende met jou vollengte vorm-matrys.
4. Stel die matrys sodat dit raak aan die dophouer (shellholder) as die pers se handvatsel tot onder gedruk word. Sommige perse kom tot 'n punt heel bo en sommige perse "cam" oor. Maw: Die stang gaan op tot 'n hoogste punt en kom dan 'n baie klein entjie af soos die handvatsel tot onder gedruk word. Wanneer die handvatsel opgetel word, lig die stang 'n klein entjie, voor dit weer afgaan tot onder, soos die handvatsel tot bo gelig word.
5. Draai nou die matrys 'n volle twee draaie op en vorm een van die doppe. Moet nie vergeet om die dop te smeer nie.
6. Maak die dop deeglik skoon van smeermiddel en probeer daardie dop in die geweer se kamer.
7. Die dop behoort nie die slot toe te laat om te sluit nie.
8. Draai die matrys 'n kwart draai laer.
9. Smeer die dop en vorm dit.
10. Maak die dop skoon en probeer dit in die geweer.
11. Gaan so aan tot die slot met 'n bietjie druk toemaak.
12. Hoeveel druk? Soveel as 'n stewige handdruk wat vir 'n sissie "eina"sal laat s?.
13. Gebruik 'n "feeler guage" (stel vonkprop gapings en punte gapings met hom.) (Punte soos in punte wat in ou motors gebruik word, nie punte soos wat voor aan koe?ls is nie.) (Hoekom moet ek dit verduidelik?) en meet wat die gaping tussen die bokant van die dophouer en die onderkant van die matrys is.
14. As dit meer as 0.3mm is, is jou geweer of die matrys buite spesifkasie en moet dit reggemaak word. Probeer die proses met 'n ander matrys en kyk of die resultaat dieselfde is. Moet nie Lee matryse gebruik hiervoor nie, hulle gee vals lesings. Probeer jou matrys en 'n ander geweer en maak so seker wat buite spesifikasie is, die geweer of die matrys.
15. Minder as 0.3mm beteken niks is gebreek nie. Moet dit dus nie regmaak nie.
16. Sluit die matrys op daardie posisie, merk die dophouer vir gebruik met daardie matrys en laai al jou ammunisie op daardie instelling.
17. Indien doppe vorentoe weer begin vassteek, gaan die lengte na.
18. As die lengte reg is, draai die matrys een agste draai af en sluit hom weer.
19. Gloei die doppe elke 5de lading uit en sny die lengte terselfdertyd.
20. Moet nie die vorm-matrys se instelling verander tensy die geweer se kamer verander word nie. (Herloop of herkamer.)
Met die metodes skiet my 7mm en 375 gewere onder en op een duim en het ek 7mm doppe wat al 17 keer gelaai is en 375 doppe wat 12 keer gelaai is. Die gewere is niks besonders nie en skiet met die meeste gekoopte ammunisie gemiddeld twee tot drie duim.

Last edited by Gerard on Thu Jan 13, 2011 2:19 pm, edited 1 time in total.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Baie insiggewende stukkie Gerard.
Moet net s? dat ek met my Lee matryse 0.5 duim groepe op 100 meter kry. So hulle kannie almal sooo sleg wees nie!

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Gerard
Re: Neck Size doppe wil nie chamber nie
Onthou dat, soos wat sommige vervaardigers so nou en dan 'n slegte een maak, so maak sommige vervaardigers so nou en dan 'n goeie een.
(VRYWARING: Bogenoemde word op geen manier bedoel om te verwys na 'n spesifieke produk by handelsnaam nie. Dit is slegs 'n algemene stelling wat in bre? trekke verwys na verwagtings wat geskep word wanneer produkte in massa vervaardig word. Die skrywer stel pertinent dat hy nie enige verwantskap het met enige handelsnaam wat in die verlede genoem is of in die toekoms genoem mag word nie.)