Ek het klompie ou 303, 308, 250-3000 en Hornet patrone - wissel tussen 20 en 60 jaar in ouderdom.
Daar is nie ooglopende roesmerke aan die doppe nie en die patrone is deur al die jare in geweerkluis gestoor, meestal in normale droeë omstandighede.
Kan mens met veiligheid nog hierdie patrone gebruik in jagveld en/of op skietbaan en hoe kan ek vooraf bepaal of hulle steeds veilig is om af te vuur? Kanse wil ek uiteraard nie neem nie en ek is ook traag om sommer net van kant te maak (bv. iewers te gaan inhandig) as hulle nog bruikbaar is.
Watter advies en ondervinding het julle omtrent hierdie onderwerp?
Baie dankie by voorbaat . . .
Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Ek sou hulle nie gebruik vir jagveld nie, maar uitskiet op die skietbaan.
Ek het so paar ou militere 303 patrone gehad wat seker al amper 50 jaar oud moes wees. Hulle het nog mooi gewerk. Saam met die 270 het ek herlaaide patrone gekry wat seker so 10 jaar terug gelaai was, met hulle het ek probleme gekry dat die slagdoppie nie afgegaan het nie, so ek die punte getrek, kruit uitgegooi en slagdoppies verwyder en gebruik nou weer die doppe.
Hulle sal nie sommer skade aan die geweer doen nie, maar kan dalk "delay fire" gee, dit is waar die skoot nie dadelik afgaan nie. Hou die geweer in die rigting van die wal en wag 'n rukkie.
My raad sou wees om een of so op die skietbaan te probeer, of as jy nie gemaklik is daarmee nie stel dit onskadelik.

Last edited by Giepie on Sat Dec 28, 2013 3:53 pm, edited 1 time in total.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Ammo kan jare hou as reg gestoor word en sal in meeste gevalle nog af vuur!? Uiteraard wil ou nie kans vat met baie ou ammo veral as dit baie oud is soos sestig jaar?
Die kanse is groot dat jy misfire kan kry of swak ontbranding en dan kan die koel vas sit in die loop?
Groot probleme! Die ammo van twintig jaar behoort nog ok te wees die ander sal ek se trek die punte en gebruik die doppe.Ek sal ook eers so paar punte trek om te kyk of die kruit nog goed lyk.Maar gewoonlik is dit maar die slagdoppies wat die gees gee na so baie jare veral die baie oues!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Baie dankie vir die raad, sal die punte in gedagte hou!
Groete
Groete
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Ek sal 'n paar se koeels uittrek, na die kruit kyk en sommer die doppies in die geweer skiet om te kyk of die slagdoppies afgaan, as alles okay lyk paar skote op die skietbaan skiet. Ek het eenslag baie ou patrone uitgekap wat die kruit sommer rooi was, gelyk of dit geroes het, dis nie goed nie het sommer alles uitgekap en dit weggegooi, die koeels weer gebruik
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Sal glad nie n kans vat nie. Kap al die punte uit.Jy weet nie watse gewig punte of hoeveel gr gelaai is nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3614
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Ek het so drie maande gelede n vriend gehelp om sy geweer in te stel. Klaar gemaak toe hy n pak Sako patrone uithaal wat hy saam met die geweer gekry het. Eerste een het so half sekonde gevat om af te gaan. Skiet sommer 4"hoog op 100m. Ek herlaai en toe die volgende skoot afgaan brand my hele gesig soos vuur. Gelukkig geen permanente skade maar op verdere ondersoek het die dop reg langs die primer n gat agtertoe deurgebrand en is dit gebrande kruit wat in my gesig getref het. Ons kon geen sigbare fout met die ammo sien nie en het gereken dat die punte en die doppe "gefuse" het met mekaar, iets soos chemiese gom. Daai stukkende dop se primer was heeltemaal plat gewees.
Ek trust ou ammo niks na dit. My gesig is baie meer werd as n paar patrone.
Trek die punte en slagdoppe en herlaai weer, dit sal ek aanbeveel.
Ek trust ou ammo niks na dit. My gesig is baie meer werd as n paar patrone.
Trek die punte en slagdoppe en herlaai weer, dit sal ek aanbeveel.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Dankie vir die advies. Ek stem saam . . . wil mos darem nog dieselfde gesig gaan wys in die jagveld volgende keer! My oorlede pa het altyd gesê dat mens nooit met 'n geweer of 'n voertuig mak moet raak nie. Dis so waar.
Groete
Groete
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ou patrone wat dalk onveilig is? Gee raad asb!
Enige ou ammunisie wat jy nie gelaai het nie sowel as die uit weermag geledere - trek koeëls en herlaai die komponente. Die meeste van die baie ou slagdoppe en dryfmiddels is baie aggressief op die loop en veroorsaak maklik roes.
Koeëls in weermag patrone is geseël met verskillende seëlaars om vloeistof uit te hou en word hard na baie jare om 'n uitermate hoë begindruk te veroorsaak. 'n Swak ontbranding van die slagdop kan ook 'n loop obstruksie veroorsaak wat baie pyne is om te verwyder.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br