Ek staan nou die dag en luister hoe ouens gesels oor wanneer jy te veel papier skiet doen en moet begin bekommerd word dat jy jou loop gaan uitskiet. Nou my vraag is, wanneer moet jy begin bekommerd raak. Wat sal julle se is jou gemiddelde hoeveelheid rondtes wat 'n loop kan hanteer, of werk dit nie so nie. Net om ladigs te ontwikkel vat al klaar mos baie skiet werk. Ek meen, ons het mos daai R1 loope warm geskiet en die het nog mooi geskiet of hoe
Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Dag se aan almal,
Ek staan nou die dag en luister hoe ouens gesels oor wanneer jy te veel papier skiet doen en moet begin bekommerd word dat jy jou loop gaan uitskiet. Nou my vraag is, wanneer moet jy begin bekommerd raak. Wat sal julle se is jou gemiddelde hoeveelheid rondtes wat 'n loop kan hanteer, of werk dit nie so nie. Net om ladigs te ontwikkel vat al klaar mos baie skiet werk. Ek meen, ons het mos daai R1 loope warm geskiet en die het nog mooi geskiet of hoe
?

.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Piet,
Ek hoor dit vat so 5minute dan is hy klaar.
Maak mooi.
Hein

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]

Piet ek trek net jou been.
Die tyd wat jou loop opgeskiet is vat so 5 min as jy nou al die tyd bymekaar tel wat dit neem vir die koel om die loop te verlaat.
Hier iewers is 'n post oor looplewe. Dit hang af van jou kaliber en hoe goed of sleg jou skoonmaak roetines is. Rofweg is die vinnge kalibers enige iets van 1500 tot 3000+ gaar. Die stadiger manne is 5000+ skote. Ek weet van 'n plank eintlik ken ek die Oom wat al meer as 15000 deur sy plankgeweer het.
Maak mooi!

Ja ek het maar self begin bekommerd word dat ek te veel tyd op ladings en papier skiet spandeer en dan net as ek hom mooi het dan is my loop uit geskiet.
Dankie vir die response,
Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
ek dink dit is eerder 5 sekondes. maak bietjie die som dit sal intresant wees.KSV wrote: Piet,
Ek hoor dit vat so 5minute dan is hy klaar.
Maak mooi.
Hein
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Piet
Die grootste gevaar vir n loop se uit/op skiet is hitte, hoe warmer die loop is as jy skiet hoe vinniger gaan hy uitskiet, iewers oppi forum is n post waar n man beweer hy het n 222 se loop in n halfuur op geskiet, op n bokoes blykbaar 300+ skote binne n halfuur geskiet, slot was later so warm, hy moes met die met n lap/sakdoek oopmaak, en daar is manne wat dit kan staaf.
Dan aan die ander kant, wat maak jy met jou geweer?? Daar is baie sites op die net waar die amerikaners n loop chuck as hy so 800 skote deur het, want dan kan hy nie meet .1 " groepe skiet nie, maar is dan nog goed vir baie skote op n jagroer.
Baie hang ook van die kaliber af wat jy skiet, n 308 gaan jou BAIE meer skote gee as n 6,5X284 Winchester.
Moii loop
Francois

Dankie alamal vir die raad. Wardeer dit. Ek het 'n .270 Ruger en gebruik hom meestal vir jag, nie papier skiet, maar soos mens maar ladings ontwikkel vat dit mos paar skote en so bietjie speel hier en daar op die baan. Francois, dankie vir jou detail terugvoer. Ek wag gewoonlik so +-90sek tussen skote as ek ladings toets, so die loop word darem nie te warm. Klink darem of my seun ook nog eendag met die geweer sal kan gaan jag
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
Danie Lombard .243
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Die 243, 22-250, 264 Win Mag, 220 Swift en soortgelyke kal is bekend vir hul vermoe om 'n loop gouer uit te skiet as ander kalibers. Ek sluit aan by FM, dit is waar rakende die hitte / werks temp van die loop. Somige skuts is roekeloos met hul roere en skiet die areme lope vuurwarm, soveel so dat die skut die warm staal begin ruik.
So ja, beslsis sal een loop langer/meer skote hou by een skut as by 'n ander skut.
Liewe ouers, ek het wel die vorige plasing gelees oor die kokende .222 geweer en nou dat ek dit weer lees laat dit my weer van nuuts af dink. Kan so ites waar weer? Ek weet nie of ek dit wil glo nie, Alhowel dit miskien kan waar wees.
Danie
So ja, beslsis sal een loop langer/meer skote hou by een skut as by 'n ander skut.
Liewe ouers, ek het wel die vorige plasing gelees oor die kokende .222 geweer en nou dat ek dit weer lees laat dit my weer van nuuts af dink. Kan so ites waar weer? Ek weet nie of ek dit wil glo nie, Alhowel dit miskien kan waar wees.
Danie
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
n "kokende" warm geweer is n lelike ding. ek het paar keer gesien waar n skoot afgaan in BMG omdat die geweer warm geskiet is, ons het dit n cook off genoem en dit gebeur gereeld sonder dat die slagpen die primer tref, bloot die hitte in die kamer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Wie in sy regte verstand skiet die goed so warm?
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Danie Lombard .243
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Jagbehep
Ek het aan dieselfde ding gedink, aan die skoot wat loop as daai VUUR WARM "bolt face" in aanraking kom met die agterkant van die dop/primer. Dit sal sekerlik die primer laat ontpolf en so die skoot laat loop voor die "bolt" op knip/gesluit is. Dit beteken VARS MOEILIKHEID.
Net soos jul ander se, WIE SKIET 'N GEWEER SO KAPUT????
Met respek gese, dit klink vir my na 'n bar stoel jag storie.
Mooi dag

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
So gepraat van loop uitskiet.
Op ons jagtervereniging dae is van ons manne al lekker nukkerig vir my. As n mens op die tempo skiet wat hulle basies op aandring, soos ons gewone skietdae, is daai loop ook so warm dat n mens nie kan vat aan hom as jy klaar is nie. Ek verstaan dat wanneer n mens deur die dag moet kom met bv 200 skuts jy ongelukkig nie altyd die wereld se tyd op hande het nie, ek voel net dan moet die hoeveelheid skote verminder word of so iets. Met ons wetgewing moet daar klem gele word op die volhoubare benutting van ons roere en bitter min gewone jagters is bewus van die skade wat warm lope kan veroorsaak. As hy te warm is om aan te vat skiet jy nie met hom nie!
Groete
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Ek het verlede maand met SAJWV Britstak se McQueen kompetisie my 308 se loop ook kook warm geskiet. 10 skote in 'n minuut is genoeg om te maak dat jy nie deur die scope kan kyk agv mirage met 'n knaldemper nie.
As Oom Nic Roets skreeu "watch and shoot!" dan moet jy gooi! Ai, my arme geweer.......
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
-
Gerard
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Dit is een van die redes waarom ek nie aan jaggeweer kompetisies deelneem nie. Ek skiet nie 'n geweer se loop warm nie. My hotrod het nou sowat 3000 skote deur hom. 40gr HV teen 4700vps en ek sny nou die kamer oor na 'n kleiner dopkapasiteit want my geel etiket S361 raak op. As ek vra vir onder een duim op 100 dan kry ek dit, net soos toe hy nuut was. Warm loop = korter looplewe. Skuurpasta skoonmaakmiddels = korter looplewe.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Gerhard
Kan jy asb so bietjie uitbrei oor die skuurpasta en looplewe? Ek gebruik dit nie baie nie, maar wanneer ek erg deposito's van koper het is daar nie veel wat daarby kom om dit te verwyder nie. Ek het nie besef dat dit so hard op lope is nie.
Groete
Wouter
Kan jy asb so bietjie uitbrei oor die skuurpasta en looplewe? Ek gebruik dit nie baie nie, maar wanneer ek erg deposito's van koper het is daar nie veel wat daarby kom om dit te verwyder nie. Ek het nie besef dat dit so hard op lope is nie.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Gerard
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Wouter, my meting van lope wat met skuurmiddel skoongemaak is, strook met die opinie van Gale McMillan. Sommige van die lope wat ek gemeet het is "reg" skoongemaak en ander is nie volgens aanwysings skoongemaak nie. Die resultaat was dieselfde net in 'n mindere of meerdere mate.
"Look at it this way, A barrel starts out with nice sharp areas of the corners of the rifling . Along the way you build a big fire in it a few thousand times and it burns the corners off. Now take a barrel that to break in you put an abrasive on a patch and run it in and out. The result is that you take the corners off the rifling so that all that fire which would have started with sharp rifling is now starting with rifling that is thousands of rounds old. Which means that a lot of the life is gone. A lap always cuts more on each end where the compound reverses direction as it starts back through the barrel which means that it is enlarging the bore at each ends of the barrel. And last picture a patch riding along the barrel with abrasive on it. It is removing material at a given rate. It comes to a place where there is copper fouling and it rides over it cutting the same amount that it was cutting before it came to the copper. You continue until all the fouling is gone and what have you done? You have put the came contour in the barrel steel that was in it when it was metal fouled. It would not be as bad if it were used on a lead lap but I ask why would you want to abuse the barrel when you can accomplish the same thing without the bad side effects. There is Sweats, Otters foul out or just a good daily cleaning with a good bore cleaner till the fouling is gone. To top this off I will relate a true happening. I built a bench rest rifle for a customer and as usual I fired 5 groups of 5 shots and calculated the aggregate. It was good enough to see that the rifle was capable of winning the Nationals so I shipped it. I got a call from the new owner saying how happy he was with it the way it shot. About 4 weeks later the rifle showed up with a note saying it wouldn't shoot. Sure enough when I tested it it was shooting groups three times the size if the ones I had shot before I shipped it. When I bore scoped it the barrel looked like a mirror and the rifling wasn't square it was half round. From that time on I put a flyer in each gun saying if any abrasive was use in it voided the Warrantee. Now I am not trying to stop you from doing what you want but just inform you what is happening when you use JB. Brass brushes are softer than barrel steel and does no harm. S/S brushes are harder than barrel steel is definetly a no no. Nylon may surprise you to know is very abrasive If you doubt this look at the carbide eye on yout fishing rod where nylon line has worn groves into it."
Die verwysing is op hierdie blad: http://www.snipercountry.com/Articles/B ... reakIn.asp

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
WouterWouter Roets wrote: Gerhard
Kan jy asb so bietjie uitbrei oor die skuurpasta en looplewe? Ek gebruik dit nie baie nie, maar wanneer ek erg deposito's van koper het is daar nie veel wat daarby kom om dit te verwyder nie. Ek het nie besef dat dit so hard op lope is nie.
Groete
Wouter
'n Ander mening en praktiese ondervinding ivm skuurpasta en looplewe: Ek is 'n aktiewe Bisleyskut (.308Win) die afgelope 25 jaar, ek/ons maak gereeld lope skoon, gewoonlik na 'n dag se skiet, ongeveer 50 skote oor die algemeen, gebruik pasta (JB Bore Pasta, Iosso, ens) om die koper uit te haal of om die loop glad te maak nadat chemiese koperverwyderaars gebruik is. Die tipiese .308 lope wat gebruik word, bv vlekvrye staal match lope soos Krieger, Border, Maddco, Tobler, Broughton, Shilen, ens hou ongeveer 5, - 8,000 skote. Vektor, Ferlach en Walther gehammerde lope gaan verby 10, 000 skote, sommige manne het hul al verby 15,000 skote geneem.
Gerard is korrek dat skuurpastas loopleeftyd verkort, dit is egter nie naastenby so erg of veel soos sommiges dit wil afmaak nie. Oordeelkundige gebruik, met goeie skoonmaak toerusting en praktyke, kan ek skuurpastas met vertroue en jare se ondervinding aanbeveel.
Die kort en die lank van die storie, mens moet aanvaar dat 'n loop 'n "consumable" item is, net soos dryfmiddel, motorbande, ens. Hoe jy dit gebruik en versorg gaan bepaal hoe lank dit hou.
Elke man soen sy vrou op sy manier, my 2sent.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
SWC-TR
Ek het dit ook so. Dis hoekom ek dit maar spaarsamig gebruik het. Gerhard dankie vir daardie brokkie. Ek dink wel daar is plek vir borepaste maar net in erger gevalle van koper neerslag. Hoe groot invloed het die molly wat jy gebruik op jou koeels met betrekking tot koper neerslag?
Groete
Wouter
Ek het dit ook so. Dis hoekom ek dit maar spaarsamig gebruik het. Gerhard dankie vir daardie brokkie. Ek dink wel daar is plek vir borepaste maar net in erger gevalle van koper neerslag. Hoe groot invloed het die molly wat jy gebruik op jou koeels met betrekking tot koper neerslag?
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Gerard
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Daar is 'n faktor wat julle uit die oog verloor. Akkuraatheid gaan om konsentrisiteit van die stelsel. Met ander woorde, as die koe?l uit die dop gelanseer word en deur die vryboor in die loop af beweeg, met die lang as van die koe?l op lyn met die senter en lang as van die loop, is alles in orde.
Doen hierdie proef met 'n akkurate, maar goed gebruikte bisley geweer. Laai hom met enige vervaardiger se Palma match koe?l en skiet 'n groep. Laai hom dan met progressief harder koe?ls waar die mantel al dikker word en die loodkern al harder. Werk deur die ongebonde koe?ls en dan na gebonde koe?ls, a rame en soliede skagte tot by monometaal koe?ls. Jy sal vind dat die geweer al hoe meer onakkuraat word, namate die konstruksie van die skag van die koe?l sterker word.
Die rede hiervoor is eenvoudig.
Met dun mantels en sagte loodkerns, verkort die koe?l maklik en sit dan uit in deursnee, tot dit die wand van die vryboor ontmoet. Die lang as van die koe?l bly dus in ooreenstemming met die lang as deur die senter van die boor van die loop. Dit gebeur vroeg in die beweging van dop tot tromp, nog voor die koe?l volledig gegraveer is. Met bisley gewere is die kamers op minimum, doppe word sorgvuldig voorberei en runout van die gelaaide ammunisie word nagegaan. Daar word groot klem geplaas op konsentrisiteit. Indien die deursnee van die vryboor en loop 120 mikron oor grootte is, maak dit nie saak nie.
Soos wat die koe?lskag harder word, en minder geredelik (stadiger) vergroot in deursnee, is daar meer geleentheid vir die lang as van die koe?l om te kantel, want nou is daar spasie tussen die vryboor en die oppervlakte van die koe?l wat dit toelaat. Die koe?l begin word 'n rattle fit deur die vryboor en akkuraatheid neem af.
En dit bring ons by die probleem.
Waar koe?ls gebruik word met dun mantels en sagte loodkerne en waar uiterste aandag aan konsentrisiteit gegee word, maak deursnee spesifikasies nie baie saak nie. Dit is die tipiese skyfskiet / bisley situasie. Konsentrisiteit is teenwoordig en akkuraatheid is vanselfsprekend.
Geen verantwoordelike jagter sal koedoes en wildebeeste aandurf met 'n match koe?l nie. Die tipiese produksiejaggeweer is nie so konsentries gebou soos 'n kompetisie geweer nie. Die meeste jagters laai nie met kompetisie matryse nie. Dopvoorbereiding is nie op dieselfde vlak as die van bisley skuts nie en runout meet is 'n vreemde konsep.
Al wat tussen die gemiddelde helaaier/jagter en akkuraatheid staan, is die dimensionele spesifikasie van die stelsel. Dit is die enigste manier wat konsentrisiteit op 'n aanvaarbare vlak gehou kan word. 'n Standaard jaggeweer vind geen baat by skuurmiddels in die loop nie want dit vernietig die standaard dimensies en promoveer asentrisiteit. Daar is geen baat aan die sny van doppe se nekke nie, want dit vergroot die speling tussen dopwand en kamerwand en konsentrisiteit word verminder.
Dus: As die bisley manne lus voel om die deursnee dimensies van hulle lope te vergroot is hulle baie welkom om dit te doen. Dit affekteer hulle nie met hulle sagte koe?ls nie. Moet asseblief net nie vir die manne met produksiegewere vertel daar is niks verkeerd met pasta nie, en dat dit heeltemal in orde is om die loop deursnee dimensies te vernietig nie. Jagters gebruik taaier koe?ls en gewere wat buite spesifakasie is, skiet nie akkuraat daarmee nie.
Ek kan legio voorbeelde gee waar bogenoemde beproef is en deur meting gestaaf is.

Last edited by Gerard on Fri Jan 07, 2011 1:24 pm, edited 1 time in total.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Gerhard
Weereens dankie vir jou insette.
Wat beveel jy dan aan om van koperneerslag ontslae te raak. Met die gewone koperverwyderaars en meerdoelige produkte vat dit vir my verskriklik lank om van al die koper ontslae te raak. n Paar van my gewere se lope is nogal redelik geneig om koperneerslag op te bou en ek het nie altyd die tyd om die prosse 8-12 te herhaal nie. Ek maak my gewere na elke skietsessie skoon, nie sommer oor 20-25 skote nie. Sal nie graag met produkte wat amoniak bevat wil werk nie.
Groete
Wouter
Weereens dankie vir jou insette.
Wat beveel jy dan aan om van koperneerslag ontslae te raak. Met die gewone koperverwyderaars en meerdoelige produkte vat dit vir my verskriklik lank om van al die koper ontslae te raak. n Paar van my gewere se lope is nogal redelik geneig om koperneerslag op te bou en ek het nie altyd die tyd om die prosse 8-12 te herhaal nie. Ek maak my gewere na elke skietsessie skoon, nie sommer oor 20-25 skote nie. Sal nie graag met produkte wat amoniak bevat wil werk nie.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Gerard
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Daar is 'n verskeidenheid middels wat koper vinnig verwyder en wat nie ammoniak bevat nie. Ammoniak is ook vinnig maar mens moet vinnig werk want vlekvrye staal lope en ammoniak is nie maats nie. Ek gebruik M98 want ons maak dit. Daar is Bore Tech en Barrel Magic en 'n paar ander ingevoerde produkte.
Ek verwyder ook al die koper elke keer na ek geskiet het. Met 'n eerste skoonmaak kan dit tyd vat want daar is dikwels baie goed in die loop wat moet uitkom. Ek het laasjaar 'n gebruikte 308 aangeskaf en die loop het amper 'n week, een maal per dag, gevat om skoon te kry. Nou vat dit 'n paar minute na elke skietsessie en ek is klaar. Dit maak dit ook baie maklik om te sien watter koe?ls gee meer koper af as ander in 'n spesifieke geweer.
Net so tersyde: Daar is 'n paar vervaardigers van produkte wat "vergelykende" toetse publiseer. Hulle toetse word gedoen deur onderdompeling en weeg van koper koe?ls, in die skoonmakers wat vergelyk word. Dit lyk dan of hulle produk beter werk as ander. Wat hulle nie noem nie is dat hulle produk werk deur die oplos van koper en geskik is vir onder dompeling. M98 werk deur die koper te reduseer in die teenwoordigheid van suurstof. Dus is die onderdompeling toets oneerlik en ontwerp om hulle middel te laat goed lyk. Al wat dit vr my bevestig is dat hulle middel meer kwistige verbruik vereis en in elk geval meer kos om aan te koop. Ons evaluasie van M98, teenoor vergelykbare produkte in die mark, wys dat 'n geweer gemiddeld 134 keer skoongemaak kan word met 100ml M98. Dit kos dus minder as R0.40 per sessie met M98 en is loshande die beste waarde vir geld.

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
More manne
Ek gebruik net M98 in al my gewere en ek glo aan die skoonmaakmiddel. Ek het ook Robla Solo Mil in die verlede gebruik wat 'n baie sterk amoniak basis bevat. Nadat ek die twee middels saam gebruik het het ek oorgeslaan en ek gebruik net M98.

fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Hi manne
Jagbeheb is reg ons wat in die oorlog was ken n cook of .Dit is nogal nie lekker nie.

.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- saimportsuplies
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
ek gebruik net forrest bore cleaning foam.....1.308 6000skote 9mm op 300 meter 2.222 rem 7500 skote 10mm op 100meter 3. 303 epps 5200 skote 15mm groep op 100meter..........ek se jou hierdie goed is so gesond jy kan dit drink. jy kan dit vergeet in jou geweer, al is net jy moet dit gereeld gebruik,nie so sterk soos m98 so dit moet jou elke keer na skiet se tool wees. ek het al n paar keer self gewonder en m98 ,hoppies,ens gebruik en daar hom niks uit hierdie lope uit na ek forrest gebruik het nie,my lope is almal ss. werk vir my cheers
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoe lank hou 'n geweer loop voor jy hom begin uitskiet
Saimportsuplies
Ek gebruik ook Forrest Bore Foam vir seker so 12 jaar. Ek gebruik eers iets soos Hoppes of Butches Bore Cleaner spuit dit dan uit met Gunkout en dan gebruik ek die forrest produk. Hy is net soos ek voorheen gese het soms te stadig na my sin veral met lope wat vatbaar vir koperneerslag is. Maaar dit bly n uitstekende produk met min meganiese inpak op die loop. Een ding met hom is dat jy net moet sorg dat daar niks van hom in die kamer moet agterbly nie. Doppe het vasgesit in kamers na so 4 vinnige skote op mekaar. My gek gemaak en glo my jy kry nie daai neerslag uit nie! Ek vat maar insulation tape en draai dit om totdat dit n mooi seel maak. Die eerste botteljies het saam met n plug gekom wat op deesdae sin ontbreek.