Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Mann

Ek het 36volt batterypak met 3kw inverter. Die batterye is 550 AH(National) met 1kw sonpaneel.

Nou my vraag is: As die sonpaneel sononder afsit en die volts lees 37.9 wanneer teruggekeer na normaal en voor die paneel weer werk die volgende dag lees die volts 37.2 en of dit reg klink vir julle.

Sien die regulator gee so van middagete se kant op "float". Ek gerbuik maar die gewone TV en rekenaars, een vrieskas en een yskas op die stel. Ook hier en daar 'n radio ens.

Mooiloop
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by cassie_calvinia »

my stelsel laai tot 43V, en inverter sit af op 35 volt.
my batterye al aan die ou kant. en wissel van amper 43, tot maklik 38v die volgende oggend.
as oom sin so min val, is hy dodelik.
dit is as ek nou nie vir oom verkeerd verstaan nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Cassie

Die paneel laai tot so net oor die 43 volt, maar as dit afsit(son is weg-donker) val die gou na so 38volt. Dan weer net voor die som werk is dit dan nog op 37.2 volt. As die nag warm is is dit selfs hoeer tot so 37.4volt.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by cassie_calvinia »

die val van 43, na 38 is maar kwaai. is dit nuwe baterye?
hulle maak so as hul nie lekker kapasiteit opbou nie. maw, as die batterye lekker vol is,43V, en reg is, sal sy kapasieteit hom hou, tot bv 40v oor die nag.(afhangende van wat loop.)
maar, ek dink nie oom hoef te veel te worry nie.
as hy 43 is deur dag, en hier laat nag, sit die inverter af, dan is batterye moeg.

ek is maar dom. seker hier sal more paar slim manne antwoord!
mooi loop oom
HOU HOM DAAI DIKTE
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by smitjs »

Taffie,
Met 40+ jaar se ondervinding van batterye kan ek jou met sekerheid sê die nie net doodnormaal nie, jou batterye se toestand is ook nog baie goed.
Groete
Johan Smit
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Met baie min son van maandag af staan hulle vanmore op 36.5V
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

O ja, 17 van die batterye is 11jaar oud en 1 so 3jaar. Ek het ook net die 1kw paneel. Weet nie of ek maar moet bele^ in windlaaier ook nie. Sal 1.5kw windlaaier goed wees.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by cassie_calvinia »

met die min son, ek hy staan nog daar, kan Oom maar rustig wees.
myne is heel vrek die week. saans 8h is als dood.
maar, ek moet weer nuwes koop, maar oom weet wat kos so stel...

Oom, 'n windlaaier moet sterk waai, voor hy regtig hier na 20 amps toe laai. myne is 'n 1kw windlaaier.
dit is lekker...maar, met die prys wan 'n sonpaneel, teenoor 'n windlaaier raak die besluit moeilik.
niks kan 'n windlaaier wen nie. maar, so 3 1kw panele, is baie goedkoper as 'n windlaaier.
1.5kw windlaaier gaan sommer grend laai.
HOU HOM DAAI DIKTE
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by Beretta »

Taffie
So ver ek weet is dit baie tegnies. Kry vir jou maar iemand wat sy storie ken self al gesukkel met kameras op n boer se plaas net om uitevind n groot battery word nie altyd vol gelaai nie maar wel n kleiner een klink nie logies nie maar dit werk.
Beretta
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Cassie

R21 600 vir 550 ah stel.

Beretta

Ek het iemand hier gehad en hy weet waarvan hy praat. Die batterye was reeds hier maar nooit gebruik. Ek het dit so 8jaar gelede gekoop saam met Genset. Wil maar net die batterye se toestand check. Hierdie batterye mag ouer wees as 15jaar en het baie gehoor(van mense wat weet) dat die National batterye baie goeie goed is.

As die batterye se AH hoog is sal dit langer neem om hulle vol te laai, maar as hulle vol gelaai is sal dit baie krag lewer. Nou hierdie batterye het omtrent 2maande geneem om vol te word en nou hou hulle redelik goed. Hier is manne met baie meer ondervinding as ek met sonstelsels en die Noorkaap die meeste manne wat daarmee werk.

Ek het altyd met diesel Generator gewerk, maar die R3000 se diesel het my gatvol gemaak en toe alle vrieskaste, yskaste en TV's vervang met iets wat minder elekt. gebruik. My omskakeling het nie R90 000 gekos nie en reken binne 3jaar is ek op die batterye se leeftyd aangewese. Beplan om vir my nog panele of windlaaier aan te skaf. Ook nuwe batterypak met meer Ampere ure.

Mooiloop
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by cassie_calvinia »

Nelson Adams in die kaap, is die vader van son, en windkrag.

myne maak ook so, as hul eers vol is, dan hou hul, maar, as hul gaan pap raak, sukkel dit om hul weer op kapasiteit te bring!
as oom kans sien vir windlaaier, koop hom! maar, die dae wat bewolk en windstil is, help sterker panele ook goed.
praat met ou nelson, hy sal goeie raad kan gee.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Beretta

Jammer, die R3000 se diesel is per maand.

Hoekom ek so vra oor die batterye is om uit te vind of ek eerder nog 2 x 1kw paneel moet koop of windlaaier. Windlaaiers is maar goed wat kan breek en vol nonsens kan wees. 'n Goeie windlaaer gaan in die omgewing van R25 000 + kos en 2 x1kw paneel seker net so onder die R20 000. As ek later(soos die jakkalse meer doodgaan) nog 550 AH batterypak bysit kan my sakie heel anders lyk.

Ek wonner maar deftig hier.

Mooiloop
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by cassie_calvinia »

windlaaier is nie so sleg nie. verseker hom, dan kan hy maar maak wat hy wil. die nuwe gied baie beter as die vroer jare sin.
hier by ons skyn die son meer as wat die wind laai. so, her sal ek eers son panele sterk maak, dan windlaaier opsit.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Cassie

Self so gedink - wind maar skaar hier vir baie maande en as hy waai is dit so 2ure in die aand. Dink die panele sal beter doen vir eers.

Mooiloop
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by Jassie »

Môre Taffie

Maak jou sonkant "meer/groter" en kombineer hom met 'n "diesel cut-off" - jy het mos nog jou diesel sisteem.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Dankie Jassie

Ja, het die genset nog op die sisteem. Net die laaigedeelte ontkoppel omdat ek nie so grend is met die settings nie. Kort net die skakelaar wat dit kan doen.

Lyk my die genset sal net nodig wees wanneer die son so vir 3dae aaneenlopend verdwyn?
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by Lamtjop »

Taffie, ek leer ook maar soos die goed my laat sukkel, elke keer as daar fout gaan leer ek iets nuuts. Oor die batterye se val weet ek ek nie ,maar ek sal net seker maak of daar nie dalk een sel is wat swakker as die res is nie. Jou battery bank is net so goed soos die swakste sel in die stelsel, hy maak dat bank vinnig vol laai en vinnig leeg raak. Ek sit maar iets soos mikrogolf wat redelik krag vat aan en meet dan al die selle en kyk of daar nie een is wat se volts baie verskil van die ander. Ek het nou nuwe panele 2,6kw en my batterye (1000ah) is al 9 uur vol met sonskyn dae en bewolkte dae het ek nog nie probleme nie. Maar ek dink dat n windlaaier met panele is die heel beste.
Groete
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by smitjs »

Taffie, ek dink regtig om die genset te gebruik net in die uitsonderlik bewolkte dae aanmekaar is die antwoord. Jy moet dit net kan koppel aan die laaier sodat dit afskakel sodra die batterye vol is. Jy sal wel nie veel diesel gebruik dan nie.
Gebruik net 'n relay tussen die twee.
As die genset nie 'n outomatiese afskakel het nie, sal dit jou twee solenoids kos, een vir die diesel pomp, en een vir die kompressie afhaal. Dis eintlik net verkieslik vir enkel en twee silinder masjiene.
Ander kan soos jou Nissan op vol kompressie stop.
Ek gaan seker weer vroeg in die nuwe jaar Aberdeen se kant toe, dan kan ek 'n draai maak by Klipplaat as jy hulp nodig het daarmee. Dit sal altyd goed wees om jou weer te sien
Groete
Johan Smit
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by smitjs »

Het vergeet om te sê, 15 jaar is niks vir industriële batterye nie. Kyk gerus hoeveel spasie jy nog oorhet tussen die asfsaksel onder en die onderkant van die plate.
Wanneer hulle so lank gestaan het, neem dit baie lank om vol te kry, want sulfaat bou op die plate wanneer dit nie gebruik word nie, en dit neem lank om af te skud. Daarna is hul weer tip top.
Groete
Johan Smit
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Oom Johan

Ek dink die pak het na 5maande eers werklik tot sy reg gekom. Die sulfaat het seker nou klaar gesak, want ek sien wanneer die paneel laai rondom so 25 amps vlieg die volts nie meer op na 43 nie, maar eerder meer gelydelik. Sien ook wanneer dit rondom 39.5 volts lees kan ek maar al die selle meet en is almal baie naby aan 2,2 volt. Van hulle mag opgaan na 2.24 en van hulle dan weer so 2.18 volt. Min of meer baie dieselfde.

Die inverter en regulater is Micro Care produkte van die klomp Cat's in PE. Nuut gekoop en is baie tevrede.

Wat behoort die amps te lees as dit vol is?

Mooiloop
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by smitjs »

Taffie, jou redenasie is reg, die sulfaat is nou afgeskud.
Daar is nie 'n vaste stroom nie, en dis ook afhanklik van die spanning, maar dit behoort redelik onder 5 ampere te wees. Onthou jy trek gedurig stroom met die inverter, of dié se uitset gebruik word of nie, en dit tel by.
Groete
Johan Smit
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Sonkrag - Inverters en batterystelsels

Post by tafjak »

Dis reg Oom Johan,

kom kuier en ons kyk die goeters mooi. As ek na al die antwoorde kyk lyk my dat die stelsel by my nog heel okay is.

Lamtjop

Ek gaan gewoonlik die batterye(selle) na as dit vir so 10 ure sonder herlaai was. As die selle nie onder 2 volt is nie sal behoort hulle goed te wees. Die ou pakkie van my is nou al 3dae sonder enige son om van te praat en alles loop soos stroop. Sien dit was so laag as 36.4 volt gewees vandag. So bangerige sonnetjie was aanwesig so vir 2ure vandag en sal weer moreoggend meet.

Mooiloop en dankie vir al die raad en antwoorde
Post Reply