Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by James Wilson »

ek het die vraag al op n ander site ook gevra, voordat ek van hierdie site geweet het. en kom ons wees nou eerlik. daar is nie nog n site soos hierdie nie, veral as dit kom by kundigheid oor jag en jag aangeleenthede.

ek was al baie by waar n ram of beer geskiet word en dan sny die jagter die testis van die dier net daar af. as ek vra hoekom hy dit doen dan is die antwoord: sodat die vleis nie bederf met die manlikke reuk/hormone nie. of dat die vleis nie taai moet word nie. ek het in die laaste tyd agtergekom die meeste van die jagters saam met wie ek die laaste 18 maande of so gejag het, het hierdie gebruik. die eerste keer wat ek dit gesien het was ek al n grootmens, ek was nogal verbaas maar het maar stil gebly. ek het so by myself gedink die ou behoort seker aan een of ander sekte.  ek wou nie n insident veroorsaak nie maar het maar die res van die jag uit die man se pad gebly.

ek het van jongs af saam met my pa gejag en was op baie jagte saam met hom, maar die gebruik nooit gesien nie. ek kan my net nie voorstel dat iets soos a 5 jaar oue vark se vleis nou gered gaan word nadat die testosteroon al jare deur hom gevloei het, deur bloot sy eiers na sy dood uit te sny.

of is ek heel verkeerd? wat se julle? feit of bygeloof?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by molopohunter »

Dis n baie goeie vraag.
Ek het dit n paar jaar teug by n oom geleer en doen dit nou maar uit instinkt. Maar hy sny nie die eiers uit nie, hy sny die voorste punt van die peester af en laat net weg van die vleis af hang. Ek het so 3/4 weke n stok oud vark geskiet en my hand het lank na urine geruik, toe maak dit so half sin. Dit het n baie skerp reuk gehad, nie soos gewone urine nie.
Die vark se kliere het ook gewerk, want ander varke s'n het nog nooit so erg gstink nie. Kan dalk sterker ook wees as hulle paar?
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Danie Lombard .243

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Danie Lombard .243 »

Die ou mense, onse voor geslagte het daarin geglo.

NEt een ding oor anatomie. Die ram, bul, manlike dier is manlik ten tye van leef. Die manlike hormone is reeds in die karkas teenwoordig. Dit maak ook dat manlike dier se vleis 'n meer donkerder kleur het hou ouer die dier is. So ook met die grein van die vleis. Ek praat van ondervinding, Het eenkeer 'n ouerige os geslag. Die vleis was goor en grof en taai, en hy was vet. Vergelyk dot nou met 'n C graad ou koei vroulike dier wat vet is. Die vleis van die koei is sommer bakgat en die T bones is sag. Sy moet net erg lekker vet wees.

Beer vark is NO GOOD. Dit stink en het 'n aaklige smaak.

Nou by die skiet jag van 'n manlike dier genaamd ram of bul. As die bok geskiet is en die dier is dood het die hart ook ophou klop (hart long skoot)  die respatoriese organe is vlenters geskiet. Met die tyd wat jy daar by die dier kom is dit t elaat vir sulke sports van knaters afsny en keel afsny. Sny maar so 'n bok se keel af ek kyk of daar baie bloed uit kom. Die bloed vloei nie meer nie, meeste van die bloed is binne die karkas.

Los eerder die knaters en haal so gou moontlik die binnegoed uit asook die bloed binne die karkas, dit tel veel meer punte as die knaters. Onthou, bloed is die lont, die aansteker vir weefsel vrot. Dus moet die bloed so gou as moontlik uit die buik en borskas holte verwyder word.

En met 'n pens skoot moet jy jou gat gou roer. Daai groen geel pens sous klou lekker vas en beneuk alles.


Laast ding oor manlike hormone en reuk my manlike diere. Gaan na 'n boerbok ram. Gaan ruik die ou mooi. Vat met jou hand aan sy ligaam en ruik jou hand. Jy sal verbaas wees oor die reuk (stank). En hy is nie eers geskiet nie, hy lewe nog. Nee wat maters  Ram is ram en bul is bul. Die reuk en hormone is in die karkas. Want hy is man.

En dit is hoekom ek net gemsbok en kudu koei skiet.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Raven »

Manne,
Ek het ook maar so groot geword, sny die knaters uit sodra ek by die bok kom, maar verstaan Danie se verduideliking heeltemal, maar dit is maar moeilik om van gewoontes ontslae te raak  ;)

EK wonder nog steeds hoe maak die manne met 'n bosvark, in my hele lewe het ek nog net 1 geskiet, en die vleis glad nie geniet nie, so ek skiet glad nie meer bosvark.

Ek skiet net waarvan ek hou, en kan eet, anders glad nie. Behalwe as dit nou ou rooies is of bobjaan.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Louis102 »

Danie .243 wrote: ... Daai groen geel pens sous klou lekker vas en beneuk alles ...
Danie

Ek wonder.  As ek kyk hoe sommige aan 'n half swak skoongemaakte afval smul en liries daaroor raak, smaak dit my hulle hou van so pensmis klankie in hul kos.  En skaapkop waar die herkoutjie nog in die kies sit en die neuswurm so lekker opgeslup word!

Smaaklike ete.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by frinam »

Koning Leeu, by jou gaan ek verseker NIE afval eetie, bietjie versigtig virrie neuswurm ens., maar res van die kossies soos toe Sir T by jul gekuier het klink reg!!! ;D. Groetnis-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by DawieKotze »

Die reuk van 'n varkbeer se vleis word veroorsaak deur die feromoon andesteroon en ook skatole wat 'n byproduk is van ingewands bakteri?. Andesteroon word deur die testikels afgeskei wanneer die beer geslagsryp raak. Dis ook die rede hoekom baie varkboere die beertjies op 6 dae ouderdom kastreer. Deesdae word die meeste varke bemark voordat hulle geslagsryp is en kastreer die boere al hoe minder. 'n Ongekastreede beertjie het baie beter VOV en daaglikse groei - dus is dit meer ekonomies om nie meer te kastreer nie. Soggies produseer ook skatole, maar dit word in die afwesigheid van stero?de (in die testikels van bere) deur die lewer afgebreek. Andersins vergader dit in die vet.

Daardie sleg, walglike reuk (beerreuk genoem)wat mens partymaal kry as jy tjops, maar veral bacon braai, is afkomstig van hierdie feromoon en skatole.

So - geen afsny van testisse na die tyd sal daardie reuk wegvat nie! As jy 'n vark wil h? vir eet - skiet 'n sog.

Dieselde argumente geld ander species se manlike diere - niks gaan daardie reuk uit die vleis kry nie! Hulle stink egter nie soos 'n varkbeer nie, maar ek maak maar my biltong en dro?wors van die ramme en bulle. As ek varsvleis wil h? - skiet ek ooie en koeie.

Soos die manne reeds genoem het - bloei uit so v?r as moontlik, pens uit so gou as moontlik en in die koelkamer so gou as moontlik.

Daar is nog so paar ander geheimpies, maar dis nie die onderwerp nie. ;)

Groete
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Louis102 »

frinam wrote: ... by jou gaan ek verseker NIE afval eetie, bietjie versigtig virrie neuswurm ens...
Kom nou Oom Frikkie, wat nie doodmaak nie, maak vet.  Wat is 'n ou neuswurmpie nou tussen vriende?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Raven »

Manne,
Nou nie die kant toe of daai kant toe nie, maar toe ek 16jaar oud geword het, was dit die eerste keer dat daai lekker skaapkop eerste in my bord gesit is. Dit was die voorreg wat jy gegun was as jy 16 word, niks van koek en geskenke nie, en ek het dit baie meer waardeur as deel van man word.

Dit is definitief 'n delikatesen in ons huis gesin, en ek kan aan niks lekkerder dink as 'n kerrie afval pottjie.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Raven »

Bygenoem ek eet nie afval sommer by enige mens se huis nie!!!


Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by BLOK »

Raven

Kom nou dis nie nodig om andere so lus te maak nie.
Sit nou maar vir ons daai reseppies by die resepte dat ons hulle ook kan geniet.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Ambessa

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Ambessa »

Hallo almal

...het julle al gesien as 'n bokram sy kop so tussen die voorbene laat sak, die lippe krul en 'n warm straal so van onder die buik na vore spuit...  ???

Ambessa
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by katjak »

Ag nee oom Am man. Ons wek hier met kos man.  ::)
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
Ambessa

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Ambessa »

Hallo Katjak
katjak wrote:...Ons wek hier met kos man.  ::)
Nou vir wat wil manne die pere uitsny, die klankies is in die watertjies...  ;D

Ambessa
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by James Wilson »

so die gebruik is nonsens! maar kyk weer volgende jaar hoe tree die manne op. as jy hom vra waarom sny hy die knaters uit dan sien ek hy dink so slag en kom dan met verbale nonsens vorendag.

wat my meer die bliks&m in maak is as ek saam met n groep manne jag en ek laai my bokke op die bakkie en hier kom so n ander wetter hir van die kant af, en sny my ram se eiers uit. die man weet niks van jag herlaai en die veld af nie. hy het die duurste geweer van almal en is gewoonlik van kop tot tone gecammo.  hy weet net die beste van als maar help nooit slag nie. maar hy is eerste om almal se ramme te "behandel". dit maak seker nie saak wat gebeur met my dooie ram se eiers nie, maar daar kom so n groot kwaad oor my, met die snyery en die funny kerels van die stad >:(
Last edited by James Wilson on Wed Dec 15, 2010 10:21 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by DawieKotze »

Jagbehep! wrote: so die gebruik is nonsens! maar kyk weer volgende jaar hoe tree die manne op. as jy hom vra waarom sny hy die knaters uit dan sien ek hy dink so slag en kom dan met verbale nonsens vorendag.

wat my meer die bliks&m in maak is as ek saam met n groep manne jag en ek laai my bokke op die bakkie en hier kom so n ander wetter hir van die kant af, en sny my ram se eiers uit. die man weet niks van jag herlaai en die veld af nie. hy het die duurste geweer van almal en is gewoonlik van kop tot tone gecammo.  hy weet net die beste van als maar help nooit slag nie. maar hy is eerste om almal se ramme te "behandel". dit maak seker nie saak wat gebeur met my dooie ram se eiers nie, maar daar kom so n groot kwaad oor my, met die snyery en die funny kerels van die stad >:(

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D


+1000!!!!!!!!!!! Jy kon dit nie beter uit gedruk het nie ou maat!! Daai ouens jag gewoonlik net een keer saam met my LOL
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
blikkies
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Tue Jul 27, 2010 11:57 am

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by blikkies »

jagbehep

Ek het 'n artikel wat se:  Rypmaking van groot- en kleinwild:  "Ensieme in vleis veroorsaak 'n chemiese reaksie waartydens melksuur ontwikkel, wat vesels versag en die geur verbeter. tradisioneel word wildvleis met vel en al rypgemaak sadat dit nie so maklik uitdroog nie.  Tussen die vel en die vleis is daar ''n vlies wat bv. by bles- en waterbokke bydra tot die besonder sterk geur van die wildsoorte.  Indien hierdie wild soorte met die vel aan rygemaak wod, word die geur deur die vel geabsorbeer.

Die kleur van vleis word dikwils bepaal hoe goed die dier uitgebloei, my eie ondervinding is van smaake in vleis is maar hoe ver en hoe baie die dier gehardloop het, dit maak ph van vleis baie hoog en dit veroorsaak die taaigeit.

Ek sorg maar dat ek dier se keel sny dat hy maar uitbloei.  Ek het ook al ramvleis geproe en dit smaak nie na ram nie alles hang van hoe dier gehanteer is voordat hy geslag is.

Sal graag wil hoor wat is jul sieninge ook.

groete

blikkies
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by James Wilson »

blikkies, as ek my verbeelding gebruik dan lyk dit of ons saam stem?   maar net om seker te maak, praat ons hier van manne wat se dat die vleis van n manlikke dier gered kan word, as jy sy knaters uit sny, sodra jy by die karkas kom. wat is jou opinie hieromtrent?

so ver ek weet gebeur ryp maak in die koelkamer. maar dat daar perke is aan resultate. veral as dit n manlike dier is, en dan meer terug na die onderwerp het die uitsny van knaters niks met rypwording in die karkas te doen nie.  what say you?
Last edited by James Wilson on Thu Dec 16, 2010 10:33 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
blikkies
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Tue Jul 27, 2010 11:57 am

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by blikkies »

jagbehep

Die pere uitsny ding gaan nie die smaak van die vleis beter maak nie, die smaak van die vleis gaan wees ingeval met wild, hoe baie hy gejaag is, en by bees en skaap hoe hy gehanteer is.

groete

blikkies
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by henslin »

Goeie middag

Oom Ambessa - die bokram wat sy lippe so optel en dan snuif in die lug - dis om die jonger rammetjies naar te maak !  ;D ;D ;D

Wat die reuk van Bosvark bere aanbetref. Die dominante beer in die trop se vleis stink en klaar. Hulle paar hier by ons regdeur die jaar en die ou is dus altyd 'besig' wat veroorsaak dat sy hormoonvlakke doer staan. Jonger beertjies se vleis is nie te onaansienlik nie. Persoonlik hou ek nie van rypgemaakte vleis nie en skiet normaalweg net s?e wat dadelik bewerk word. Het al 'n hele paar stelle afgetrap met verskillende troppe wat op verskillende plekke wei. Glo die omgewing en kos wat beskikbaar is het ook 'n invloed op die smaak. Plantasievarke het 'n wilde smaak teenoor varke wat net in neutboorde wei.

Kry die manne wat so lekker van afval praat nie skaam om sulke goed te noem teenoor ons wat net verlang na die Karooskaap smaak nie !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by James Wilson »

henslin , stem saam met jou vertolking. ek skiet gereeld vlakvark maar sal bitter graag n bosvark wil skiet. ek hoor baie stories oor hulle en hoe agresief hulle is. 

ek sien sien kans om weer n vasbyt te stap, maar karoo skaap? nee hel!! kan daai smaak nie verdra nie! ;) ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Ambessa

Re: Voorkoming van smaak in wildsvleis , feit of bygeloof?

Post by Ambessa »

Hallo Henslin
henslin wrote:...Oom... ...- die bokram wat sy lippe so optel en dan snuif in die lug - dis om die jonger rammetjies naar te maak !  ;D ;D ;D
...ja, wat kan 'n ander oom nou op die oom se wyse woorde aanvoer?  :o ;D

Mooiloop oom

Ambessa
Post Reply