Wynland Jakkals-skietkompitisie

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Louis102 »

Ek hoop hierdie onderwerp is op 'n sinvolle plek oopgemaak.  Gerrit Visser en Johannic het gevra dat ek hierdie onderwerp moet oopmaak.  Indien julle die datums deurgee sal ek dit vir julle op ons kalender sit en ook by "upcoming events" plaas.  Julle kan dit self ook doen as julle so verkies.  Sterkte met die projek/kompitisie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JOHANNIC »

Dankie Louis ;)
Biebers
Need for speed >:D
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Gerrit Visser »

Wynland-skietklub dink al 'n geruime tyd daaraan om 'n nagskiet te hou, met jakkals jag as tema. Ons wil klein begin, so na aan die werklikheid as moontlik wees en selfs jakjagter moet iets kan leer. Ons dink aan drie bane wat papier jakkals en rooikat insluit met s? +-4"gongs afstande tussen 100 en 320m
Ons sal probeer om skietposisies so realisties moontlik te maak. Afstande bekend en ander weer onbekend.
Ligte sal gebruik word.
Ons het baie belangstelling, ek dink te veel om te hanteer vir een aand, maar sal graag 'n paar jakmanne wil leer ken.
Ons is besig om 'n datum vas te maak in Maart of April 2011

Gee jou 2c
Sal mens die kompetisie op 'n Vrydag of Saterdag hou?
Beperkings op kaliber
Tyd beperkings - ?/ skoot ens.

Gert
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Christo »

Waar sit ons ons name oppie lys. As ek so lees is die lys klaar vol. Ons sal maar meer as een moet hou.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JOHANNIC »

Christo jou naam is al laaankal opie lys,ek glo Andies sal vir almal n mail uitstuur sodra ales in plek is,maar ons kan mos met Jacques da in julle kant ook praat om nog een te hou ,die Martoosbergskiet is Feb daar by julle,dan kan ons lekke gesels en planne maak vir nog n nagskiet ek dink dit gaan groot sports wees.
Groete johan Ek sal jou elkegeval op hoogte van die verwikelings
Last edited by JOHANNIC on Sun Dec 12, 2010 10:13 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Christo »

JOHANNIC wrote: Christo jou naam is al laaankal opie lys,ek glo Andies sal vir almal n mail uitstuur sodra ales in plek is,maar ons kan mos met Jacques da in julle kant ook praat om nog een te hou ,die Martoosbergskiet is Feb daar by julle,dan kan ons lekke gesels en planne maak vir nog n nagskiet ek dink dit gaan groot sports wees.
Groete johan Ek sal jou elkegeval op hoogte van die verwikelings
Dankie, my primitiewe stoel is beskikbaar, ons skiet darem seker van bakkies af met stoele op. Miskien moet Baboonstalker vir my 'n nuwe geweer stuk maak, die kan sommer die rede wees.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JOHANNIC »

Dankie ek sal jou stoel onthou,ons sal seker nog met Hendrik ook praat vir raad oor hoe om dit so naby as moontlik nateboots
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Gerrit Visser »

Het so pas die jak teikens gekry. Gaan as dit donker is kyk hoe reflekters werk met lig. Ons dink aan 15 skote 2 dalk met een geweer [22.250] res met jou eie roer. Het ook pas die stof van my 270 afgeskiet, loop nog mooi met 110v-max.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JOHANNIC »

Gert
Pak maar jou 270 terug in die kluis
Vir jou straf sal jy met jou 308 moet skiet ;D
Groete johan(het vandag gehoor van die nagskietplanne en hierdie skiet wil ek nie mis nie)
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by tafjak »

Gert

Jy moet daaraan dink om tipe "Boslaanbaan" met so 5 teikens op te stel. Jagter ry met sy(kan so paar daar h?) bakkie en word die teiken so geplaas dat hulle net sigbaar word op sekere afstande(met o?) en kan daarop geskiet word. Met natuurlik 'n tysduur. Om die tydsduur dieselfde vir almal te hou is daar 2planne nl. 1. Tyd kan afgetel word as bakkie tot stilstand kom of, 2. Jy kan die 5teikens op swiwel laat skarnier wat dit laat omval na 5sek(of soos jy goeddink). Maklik om dit te doen, jy laat die "spring loaded" teiken net met veiligheidsknip terugslaan. Kan 5teikens maklik met 5manne laat werk wat versteek is langs die pad in veilige holte of gat. Jagter het dan ook 1 of meer skote om jakkals te skiet(solank die teiken vir die tydsduur regop bly). Party teikens kan 3 sek bo bly en ander weer hul eie tydsduur, hand net af van die moeilikheidsgraad van die skoot. Die manne wat die teiken werk, kan sommer die skote gaan check en weer die teiken stel.

Jy kan tot 3-5 bane uitsit om deelnemers gouer deur te kry. Dit kan nogsteeds met ander bane(gongs ens) in samewerking wees.

Die idiaal is natuurlik om so 5 of 6 garage deur remotes met hulle motors te kry. Maar kan maar later so oefening hou en dan die uitrusting uithuur om kostes te dek.

Mooiloop

Sal doen nogsteeds
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Gerrit Visser »

Tafjak dankie vir jou bydrae, sal idees sterk oorweeg.

Gelukkig Johan dink net jy ek moet gestraf word. Sover ek kon onthou het jy amper met my saamgestem, so ek sal met Danie [my 308 se naam] skiet dan doen ek en jy "six or nix".  Is jy en Speedy in of uit?
Last edited by Gerrit Visser on Mon Dec 13, 2010 6:12 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by tafjak »

Gert

Ek's in, maar bring 6BR saam.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JOHANNIC »

;D ;D ;D
Gert "game on" Voer ma vir Danie so bietjie Redbull

Taffie dis die gees mooi man ;)

Ek hoop nie my 55gr Noslers is Nagblind nie ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by tafjak »

Ek hoop reeds dat die wind so bietjie stoot darie aand! Gert se kos.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ...bring 6BR saam...
:o




.......... kan dalk oorweeg om 'n fluitjieblaas-kompitisie te inkorporeer?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Gerrit Visser »

Tafjak jy lees my soos die wind. As jy kan, vra 'n paar pro. jakmanne om saam met jou te kom.

6BR mmmmm... Goeie keuse s? maar as hy ook Redbull kort.

Johan hoop ons sal gong in nag kan sien beweeg.

Het nou net kamer donker gemaak en op jak geflits om te sien, ooggies skyn werklik oortuigend.
Ons is nog op soek na rooikat.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JOHANNIC »

Gert
Ek dink Andries het gese hy gaan spesiaal vir die skiet laat Rooikatte  druk ;)

Louis hoe lyk dit is jy nie lus n bietjie wynland gasvryheid nie,as ons k@#$%k skiet kan ons altyd die Pot en die Pinotage aanvat ;)
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by tafjak »

Gert

Daar sal 'n paar wees. Hou die datum rondom volaam en in Mei se omgewing. Weet net nie of ons sal kan kers vashou by julle manne nie, sal maar moet sien.
6BR mmmmm... Goeie keuse s? maar as hy ook Redbull kort.
..............klaar redbul in, so baie dat ek die dop moes verleng na 51.94 mm.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by tafjak »

Met wat skiet julle dat die gong moet beweeg. Jakkalsmanne skiet die gong dat jy hom hoor!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Gerrit Visser »

Sukkel bietjie om Johan se gongs te sien of te hoor te vinnig en te sagte punt. Met my ou roer sal jy hom sien, hoor en soms moet gaan optel.
Tafjak moenie bekommer ons sal nie vir julle kerse gee om vas te hou nie. Ons het so paar spotligte. Kerse pas mos by 308's of hoe?
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JOHANNIC »

Dowe Gert en stadige Danie,julle moenie spot met my speedster nie ;D
Nee dis waar as die wind sterk is hoor jy nie daardie 55gr nosler nie.
groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JACQUES BOTHA »

WYNLAND SAL N SUKSES WEES
As ek sien hoe die jaggeweer sport in die WC gegroei het en hoe kaapjag lede skiet weet ek dit sal suksesvol wees.
As julle die 200 skuts gaan bekom, sorg net vir ten minste 10-12 teikens per baan. en net een ghongbaan anders gaan julle die son sien opkom...vermoed ek?
Maar julle is ervare manne  ek noem dit net so in die verbygaan.
Dan kan ons altyd die aand voor aliwal en/of SA jaggeweer ope ook so iets reel vir die wat belangstel.  
4 bane van 5 skote elk sal die ding behoort te doen . Die ideaal bv sal wees indien m oontlik en prakties dat jy
3 verskillende teikens per baan sit en bv 2 op eerste teiken, 2 op tweede teiken en 1 op laaste teiken of omgedraai skiet. Dan het jy 3 afstande om mee rekenig te hou en te skat. En moet nie bang wees met afstand nie jy gaan mos van n stoel of raam af gooi..
En die forum het mos al bewys dat daar skuts is wat ver kan gooi in die nag (en dag).
Ek persoonlik dink dus nogal n taak en n bietjie om afstand met spotligt te kan skat. Ek misgis my maklik met afstand...in die nag..
Skiet sommer vir die lekker een baan met n rooi lig en een met wit lig...enOmdat ek my so maklik misgis  het ek n redelike platskiet kaliber gekies vir die taak wat my foutjies kan vergewe waar ek dink hy staan op 80 en eintlik op 150, of dink hy staan op 220 dan staan hy op 270...So gebruik alle hulpmiddeels tot jou voordeel.
Ek gee graag raad en weet Clarence sal ook raad kan gee , ons het al n jakkals baan in die dag en nag gebou..
Dit was nogal interresant om die resultaat te kon sien...
Maar dit bly lekker en sal lekker bly
Groetnis
Jacques Botha
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Louis102 »

JOHANNIC wrote: ...Louis hoe lyk dit is jy nie lus n bietjie wynland gasvryheid nie...
Johannic, natuurlik.  Ek volg die verwikkelinge aandagtig.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by JACQUES BOTHA »

Oom Leeu
As julle n kar vol of kombi vol suidwesters bring doen ek dieselfde uit bloem..
Dis mos net om die draai van julle..
Ek dreig al 5 jaar om die wes kaap skiet te kom doen ,
Dalk is die my kans om twee keer in 2011 n1 suid te neem?
Groete
Jacques Botha
Shoot straight and tell the truth!
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Post by Gerrit Visser »

Jacques ek moet s? ek is Baie versigtig, maar opgewonde. Ons is 'n bietjie buite ons liga, maar gaan ons bes doen. Ons dink aan so +- 60 manne. Beplan om net voor sononder 'n paar lieg skote te skiet. Ons reken om binne 3 ure klaar te maak en die Ou Jakkals te kroon.
Het regtig baie belangstelling en raad gekry en kort nog baie.

Groete Gert
Post Reply