Trijicon vir Jakkals jag?
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Trijicon vir Jakkals jag?
Goeiedag almal,
Ek het nog net goeie dinge van Trijicon teleskope gehoor by die ouens wat daarmee skiet. Veral die helder beeld. Maar daar word nie werklik vermelding op Jaracal gemaak oor Trijicon teleskope nie?
Julle jakkelsjagters wat in skemerlig tot piknagdonker skiet, wat is jul opinie oor Trijicon? Of is dit maar net geskik vir daglig?
Is die radioaktiewe gloeiende kruishaar werklik so ongelooflik, of verkies julle 'n standaard kruishaar, of 'n battery verligte kruishaar?
Soos ek al genoem het, ek het meer vrae as antwoorde en sien nogal uit om julle raad en opmerkings te hoor?
Groete

Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Is daar werklik niemand wat ondervinding of 'n opinie oor Trijicon teleskope het nie??
Nie eens iemand wat die vraag oor die kruishaar wil waag nie??
Die ouens wat ek ken wat ondervinding daarmee het, skiet vir die weermag. Soos ek genoem het, hulle is nogal beindruk daarmee, maar hulle gebruik sekerlik die meer taktiese skopies en skiet sekerlik nie in die nag nie.
Iemand - Iemand - Enigiemand???
Nie eens iemand wat die vraag oor die kruishaar wil waag nie??
Die ouens wat ek ken wat ondervinding daarmee het, skiet vir die weermag. Soos ek genoem het, hulle is nogal beindruk daarmee, maar hulle gebruik sekerlik die meer taktiese skopies en skiet sekerlik nie in die nag nie.
Iemand - Iemand - Enigiemand???
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Ek het so ruk terug deur 'n klient se trijicon gekyk.
Dit was skemer tyd en hy het die pillar post gehaad.
Die driehoek was lekker duidelik sigbaar (optic fiber) word gebruik as lig bron...
Ek weet nie of dit vir my sal werk vir jakkals skiet nie. Ek verkies maar die standaard kruishaar.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Penkop ken jy nou nog nie die spul jakkie jagters nie. Dit is net .243 en Leupold of Zeis.
Groete
Groete
-
boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Spiekeries
Moenie die 22-250 vergeet nie,ons is maar net aan die stilkant(truggetrokke)
Boeta

An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Spiekeries,
Wat ek nou wel agter gekom het vd jakkalsjagters,is dat 'n die pot (en humeure) ordentlik kan roer met 'n 308 vs 243 debat...!!
Wat ek nou wel agter gekom het vd jakkalsjagters,is dat 'n die pot (en humeure) ordentlik kan roer met 'n 308 vs 243 debat...!!
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Penkop
Gebruik bietjie die SEARCH funksie, dit nu gedoen en daar is redelik posts waar die Trijicon naam genoem word, Beyers en Majubakettie het van die scopes.
Die een wat ek deur gekyk het, het ook die dik driehoek mikpunt gehad en was glad nie vir my nie.
Mooi loop
Francois

jmb
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Penkop die enigste plekke waar ek baie goeie terugvoering op die Trijicon scopes gekry het was by die "tactical" oens wat dit meestal op semi auto LM's en FN's gebruik. Die goed is glo baie maklik om in fokus te kry en is helder en sterk. Die scopes wat die ouens gebruik is egter die lae vergroting soort so 1 tot 4 ens. Ek wil self een vir my FN kry. Weet egter nie baie van die jag tipe scopes van trijicon nie.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Perfek vir dagjag van ape edm. As jy die verligte kruishaar wil gebruik moet daar lig daarop skyn. vergroting vir faktor van 7 werk goed in die nag
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Dankie vir die terugvoer,
Ek het kwotasies van ECM Technologies (agente in RSA) gekry. Pryse wissel van R7720 vir die 3-9x40 tot R11 600 vir die 5-20x50. Die 2.5-10x56 kos R9170 (dit lyk na 'n lekker jakkals skoop?!)
Klink vir nogal nie te sleg nie!
Ek het opgelees oor Trijicon en uitgevind dat die meesterbrein en stigter 'n Suid Afrikaner is wat Amerika toe geemigreer het.
Sommer so bietjie trotse geskiedenis vir die wat wou weet!!
Ek het kwotasies van ECM Technologies (agente in RSA) gekry. Pryse wissel van R7720 vir die 3-9x40 tot R11 600 vir die 5-20x50. Die 2.5-10x56 kos R9170 (dit lyk na 'n lekker jakkals skoop?!)
Klink vir nogal nie te sleg nie!
Ek het opgelees oor Trijicon en uitgevind dat die meesterbrein en stigter 'n Suid Afrikaner is wat Amerika toe geemigreer het.
Sommer so bietjie trotse geskiedenis vir die wat wou weet!!
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Probeer http://www.4scopes.com/accupoint.htm
$898.88(Prys) +$50(fedex) x R6,98(vandag se wisselkoers) = R6623.18 + 20% (invoerbelasting)=R7947.82 en dis vir die 5-20x50.
Alle waarborge is by trijicon omdat slegs hulle aan die scope mag werk vanwee radioaktiewe inhoud in die scope.

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Beyers,
You left out 14% VAT on the total as well.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
R9060.52 is 'n taamlike ent van daai plek se prys
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Trijicon vir Jakkals jag?
Penkop
Die Trijicon wat ek het, het 'n normale kruishaar met die verligte kolletjie in die middel. Die kruishaar is redelik dik en werk baie goed vir my 52-jarige oe. Gedurende die dag is die kolletjie baie mooi helder en snags is dit ook redelik goed sigbaar. Ek dink dit behoort redelik goed te werk maar het dit nog nie in die aand op jakkalse probeer nie so dis moeilik om te se pries hoe goed dit is. Soms wil dit vir my 'n bietjie te dof lyk vir fyn skiet in die nag, maar ek kon teikens redelik goed volg met beperkte lig tot so op 120m. Verder kon ek dit nog nie toets in die nag nie. Die scope werk egter baie lekker en sy verstellings is presies. Ek weet net nie of dit R7700 werd is nie. Nadat ek met Swarovski se Z4 in die nag gewerk het verkies ek beslis laasgenoemde, maar die ding kos baie geld.
Groetnis
Koos