Page 1 of 1
Suksesvolle dagvang gevolg deur dagroep!
Posted: Wed Dec 08, 2010 8:38 am
by Foxhound
Dagse manne
Gister spog ek nog met die jakkies wat ek die middag raakgry het in die veld, het so 5h by die huis gekom en besluit toe om maar daar in die randjie te gaan try vir n dagroep, dalk word mens verras
Wel die teelpaar is Maandag gevang en was nog oppad om roeper uit te gaan sit gewaar ek iets beweeg, dis toe die 3 jongelinge van hierdie jaar, nog nie gewissel nie maar is al lekker groot
Hier die foto
Groete
Foxhound
Re: Suksesvolle dagvang gevolg deur dagroep!
Posted: Wed Dec 08, 2010 9:25 am
by Stefan764
Mooi man Foxie ou maat! Onthou die data vir OTA4 instuur...
Re: Suksesvolle dagvang gevolg deur dagroep!
Posted: Wed Dec 08, 2010 9:37 am
by frinam
Geluk ook van my kant Foxhound, so dit wil se die hele familietjie het nou koets geklim, mooi man!!!

. Soos reeds genoem, so 'n dagroepsuksessie smaak darem suikersoet!! Watter roepie het jy gebruik? Duitswes groete-Frinam
Re: Suksesvolle dagvang gevolg deur dagroep!
Posted: Wed Dec 08, 2010 9:37 am
by Foxhound
Stefan
Ongelukkig het buurman die jakkies klaar van kant gemaak voor ek iets kon meet of so, net opgemerk hulle het nog nie gewissel nie
Groete
Re: Suksesvolle dagvang gevolg deur dagroep!
Posted: Wed Dec 08, 2010 9:40 am
by Foxhound
Frinam
Nee ekt nog nie eers begin roep nie, het gesit en dink waar om roeper te plaas toe ek die 3 aangewals sien kom, al spelende, maar toe loop hulle in 3 x 55g V-max'e vas @ 3760 FPS
Lekker dag manne
Re: Suksesvolle dagvang gevolg deur dagroep!
Posted: Wed Dec 08, 2010 9:48 am
by frinam
Wie het gedink 'n denker kan nie skiet nie, nogmaals geluk!!!! Frinam
Re: Suksesvolle dagvang gevolg deur dagroep!
Posted: Wed Dec 08, 2010 1:59 pm
by Ambessa
Hallo Foxhound
Foxhound wrote:...Ongelukkig het buurman die jakkies klaar van kant gemaak voor ek iets kon meet of so, net opgemerk hulle het nog nie gewissel nie
Eish..
Ambessa