Dagse
Posted: Tue Nov 05, 2013 2:42 pm
Dog ek introduce maar myself eers hier.
Baie interessante forum en het klaar 'n hele paar tips en tricks geleer hier
Jag al 'n paar jaar saam met my beste vriende en familie, net nooit regtig te veel om gegee om my eie roer aan te skaf nie. Daar was darem altyd 'n extra een vir my gewees.
Laas jaar het ons drie susters gaan jag vir paar springbokke en toe ek my swaar vra waar val die geweer op 200m en hy nie 'n idea het nie, besluit ek dis tyd vir my eie een. Was eintlik op soek na .270 en sou die middag die geweer gaan betaal toe n vriend my vertel van 'n netjiese .300 win mag wat beskikbaar was en sommer net daar besluit dis die yster vir my. Nou maar net wag vir die liksensie gedeelte om afgehandel te word. Grootste wild wat ons aanvat is gemsbok, kudu of eland en dink die 300 behoort darem die ding te kan doen.
Die gogga het so bietjie gebyt nou en ek soek nou nog 'n geweertjie. Nie te haastig nie maar begin darem nou daaraan dink. My laaitie moet nou net bietjie vinniger groei (nou eers 3 so daar is darem nog so klein tydjie oor voor hy my join). Ek oorweeg 'n kleiner kaliber vir hom (julle manne sal weet vir hom beteken mos maar vir ons) as die dag kom. Grootse bok wat die geweer moet laat dood is springbok, soek iets wat darem min recoil het vir 'n klein kind om mee te kan skiet maar tog nie 20 skote vat voor springbok gaan val nie.
Enige voorstelle?
francois