Dog ek introduce maar myself eers hier.
Baie interessante forum en het klaar 'n hele paar tips en tricks geleer hier
Jag al 'n paar jaar saam met my beste vriende en familie, net nooit regtig te veel om gegee om my eie roer aan te skaf nie. Daar was darem altyd 'n extra een vir my gewees.
Laas jaar het ons drie susters gaan jag vir paar springbokke en toe ek my swaar vra waar val die geweer op 200m en hy nie 'n idea het nie, besluit ek dis tyd vir my eie een. Was eintlik op soek na .270 en sou die middag die geweer gaan betaal toe n vriend my vertel van 'n netjiese .300 win mag wat beskikbaar was en sommer net daar besluit dis die yster vir my. Nou maar net wag vir die liksensie gedeelte om afgehandel te word. Grootste wild wat ons aanvat is gemsbok, kudu of eland en dink die 300 behoort darem die ding te kan doen.
Die gogga het so bietjie gebyt nou en ek soek nou nog 'n geweertjie. Nie te haastig nie maar begin darem nou daaraan dink. My laaitie moet nou net bietjie vinniger groei (nou eers 3 so daar is darem nog so klein tydjie oor voor hy my join). Ek oorweeg 'n kleiner kaliber vir hom (julle manne sal weet vir hom beteken mos maar vir ons) as die dag kom. Grootse bok wat die geweer moet laat dood is springbok, soek iets wat darem min recoil het vir 'n klein kind om mee te kan skiet maar tog nie 20 skote vat voor springbok gaan val nie.
Enige voorstelle?
francois
Dagse
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Dagse
Welkom francois.
Geniet die forum.
Jy het heelwat opsies itv kaliber wat jy kan kies, my voorstel sal 'n .243 wees. Of jy kan 'n knaldemper op 300 sit en dit sal net so goed werk.
Geniet die forum.
Jy het heelwat opsies itv kaliber wat jy kan kies, my voorstel sal 'n .243 wees. Of jy kan 'n knaldemper op 300 sit en dit sal net so goed werk.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Dagse
francois
welkom hier.
243 met kd en hy sal hom n leeftyd kan gebruik.
as hy skiet soos van die manne hier dan praat ons eerder van die loop se leef tyd.
welkom hier.
243 met kd en hy sal hom n leeftyd kan gebruik.
as hy skiet soos van die manne hier dan praat ons eerder van die loop se leef tyd.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
-
regal
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
Re: Dagse
dankie die 300 is klaar gefit met kd so groot soos my arm en is verseker die recoil is minder as met 'n windbuks
ek is die laaste een om te moan oor recoil en kan nie altyd verstaan hoekom groot mense kan moan daaroor nie ons is mos darem mans afterall
wil maar net nie die laaitie bang maak met 300 as sy eerste jag geweer nie.
Ek het aan 243 gedink maar gewonder of ek met iets nog kleiner kan wegkom, miskien 223 of 222-50, moet erken ek ken die grooter kalibers beter as die kleintjies en nog nooit met iets kleiner as 243 geskiet nie

Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Dagse
223 is baie lekker kaliber, veral as jy nog army patrone kan kry vir die tyd wat die kind se skietery uit jou sak finasier word en hy die geweer moet leer...