Philemon se probleme...

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Philemon se probleme...

Post by Stefan764 »

"Hallo baas Koos. Dis Philemon, die gardenboy by jou landgoed. Ek probeer jou al dae lank innie hande kry."
"Hallo Philemon. Wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?"

"Um. Ek bel net om te vertel die baas se papegaai is dood."

"My papegaai? Dood? Die een wat die nasionale kompetisie gewen het?"

"Yebo. Dis hy daai."

"Deksels, dis nou jammer. Ek het 'n klein fortuin op daardie vo?l spandeer. Waaraan is hy dood?"

"Hy het vrot vleis ge-eet baas Koos."

"Vrot vleis? Wie het hom vrot vleis gegee?"

"Niemand nie baas Koos. Hy het die vleis van die dooie perd ge-eet."

"Dooie perd? Watter dooie perd?"

"Die thoroughbred baas Koos."

"My Durban July-wenner perd is dood?"

"Yebo. Hy's dood van al die harde werk om die waterkar te trek."

"Is jy nou gerook? Watter waterkar?"

"Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak, baas Koos."

"Goeie genugtig, van watse vuur praat jy?"

"Die een in jou huis baas Koos. Die kers, hy het geval en die gordyne aan die brand gesteek."

"Wat 'n ongeluk...Wil jy nou s? die huis het afgebrand deur 'n kers wat omgevoeter het?"

"Yebo."

"Maar daar's mos elektrisiteit by die huis. Waarvoor het die kers gebrand?"

"Vir die begrafnis baas Koos."

"WATTER DONNERSE BEGRAFNIS?"

"Van jou vrou baas Koos. Sy het een aand hier aangekom en vir niemand vertel sy kom nie.
Ekket gedog dis die skelm, toe slaan ek haar dood met die baas se nuwe vistok."

STILTE...


L A N G E R    S T I L T E...


E  I  N  D  E  L  I  K...


"Philemon, as jy my vis stok gebreek het, moer ek jou dood!"
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Philemon se probleme...

Post by Monrique (SJ) »

;) ;)
Post Reply