Al die quickload manne
Ons kan nie die Sierra 190gr HPBT Match (2210) vir die 30 kalibers opspoor nie. Miskien is een van julle beter.
Huidige situasie:
300 Win Mag
Looplengte 700 mm (27.5 duim)
Dop: Norma Waterkapasiteit gemiddeld 95 grein
Patroonlengte 88mm (in my geweer gee dit n 0.38 mm sprong)
Dryfmiddel S385 lot 11
Twee ladings gelaai: 71gr en 72.5gr
71 gr gee n gemiddeld van 2919 vps met n ES van 10 vps
72.5 gr gee n gemiddeld van 2983 vps met n ES van 12vps
Ek weet Quickload neem nie die slagdop in ag nie, maar vir kennisname was dit n CCI 250.
Groepering met 71 gr was 22 mm en met 72.5 gr 12mm. Ongelukkig net genoeg patrone gelaai vir n 3-skoot groepering met elk.
Wat is quickload se kommentaar t.o.v. nodes, druk ens?
Dankie
Mossie
300 wm met 190gr Sierra Match
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 wm met 190gr Sierra Match
Mossie,
Ek het al voorheen vir die 190 Sierra vir jou inligting gegee - hy is op my databasis, het net nie al jou geweergegewens gehad nie.
Jy is tussen Nodes 4 en 5 met die' lading van 72,5gr (59000psi). Node 4 is egter oor maks druk en om naby aan die 2880 van Node 5 te kom is QL se aanbeveling 69,5gr. Andersins bly by die 72,5 en kyk hoe maak hy op langer afstande. 'n Lading van 74gr is maks vir 3030vps. Dink nie 50vps is so groot wins vir doppe en geweer wat harder werk nie.
Jou kalibrasie is gestoor en in die toekoms kan ons nou maklik aanpassings maak.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br