Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Het hierdie koppel vanoggend per epos ontvang.
Daar is 30 dae om kommentaar te lewer.
http://www.environment.gov.za/HotIssues ... andard.pdf

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Manne en Manninne
Kan ons hier 'n gesamentlike poging aanwend en dit dan as Jaracal Forum indien.Indien julle daarmee saamstem stuur asb julle voorstelle na my by hein at jaracal dot com. voor 15 Desember dan vat ek dit saam en plaas dit op die forum en as dit goedgekeur word stuur ek dit aan. Doen jou op en aanmerkings per punt, moenie emosioneel en persoonlik raak nie en noem feite.
Ek het dit gelees en is dit Chaos vir die manne.
Ek het gedag dit is gestop om eers met Lanbou uitgeklaar te word. Nogtans word dit gestoomroller.
Soos ek vroeer gese het lyk my net die hof sal hier 'n uitslag kan gee.

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
jaracal, ek het die helse dokument nou net deurgelees. ek wil n versoek rig wat waarskeinlik meer terugvoer van ons lede sal beteken. ek rig n versoek dat jy of enige iemand wat jy as kundig beskou vir ons n kort opsomming sal gee van die dokument asook wat spesifiek ons moet beskou as gevare en bedreigings.
dankie
dankie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
In Landbouweekblad 12 Nov bl 85 pleit Petrus de Wet dat die dokument nie goedgekeur word nie.
Last edited by Dawie on Sat Nov 27, 2010 11:37 am, edited 1 time in total.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Dit lyk asof die regering hierdie tipe aksies wil gebruik om grondhervorming aan die hand te werk. Niks anders nie. Tesame met die belaglike brandstofpryse, word aksies geloods om dit onuithoudbaar vir die kleinveeboer te maak. Die Groenes sing natuurlik voor in die koor.
Hein M.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Kan dit nie in word format beskikbaar gestel word.
Lukas
Lukas
-
.220 Swift
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Die tydsberekening van die regering is verdag - lewer kommentaar oor Desember - waneer niks nerens aangaan nie en almal in 'n vakansie luim is...Kom Januarie is dit neusie verby as die ouens wakker skrik !
Die vermoede is sekerlik nie ongegrond nie: net nog 'n verdere poging van die regering om Landbou te ondermyn - eerder as om die boer te help?
Ek stel 'n klas-aksie voor. Miskien selfs 'n interdik? Ek is seker 'n goeie regskundige sal genoeg redes kan vind?
Ek dink dat die voorgestelde wet uit die volgende hoek opponeer moet word: hoe goed ookal bedoel, die regering het nie tans die vermoe om die wetgewing te administreer nie en die uitkoms gaan die kleinveeboer, vernietig (Ek lees op die forum van 1 boer wat omtrent 40 jakkalse die jaar al geskiet het en 'n 1000 lammers verloor het!).
Die probleem met die voorgestelde wetgewing - soos ek dit sien - is dat dit die boer eerstens gaan keer om die ondier uit te roei en teen die tyd wat al die admin afgehandel is, gaan hy bankrot gevreet wees.
Bewyse van swak regeringsadministrasie: die gesukkel met die vuurwapen lisensies, ID's en paspoorte, bestuurslisensies en vervalle munisipaliteite.
Neem die voorbeeld van 'n krisis elders in die land:
1. Gifwater is besig om te styg onder die Witwatersrand = roofdiere is besig om die boer bankrot te vreet
2. Die regering moet daadwerklik inspring om dit te keer, maar doen dit nie = regering stel onpraktiese wetgewing voor en probeer dit stoomroller.
3. Gifwater gaan binne die volgende 1.5 jaar in Boksburg en Springs se strate afloop = die kleinveebedryf gaan binne die volgende 5 jaar vernietig word.
4. In die WItwatersrand gaan self 'n klas-aksie nie meer die ramp keer nie = die kleinvee bedryf kan nog gered word.
Uit persoonlike ervaring weet ek dat klas-aksies en interdikte werk, maar landbou en jagters sal moet saamstaan en geld in 'n Trustfonds deponeer- is dit moontlik? (Die swak punt van 'n land word mos in sy leuse saamgevat - ons s'n was nie verniet 'Eendrag maak mag ' nie ) Ek's bietjie bekommerd oor die forum lede se louwarm respons tot op hede...
Kom ouens - waar's die praktiese voorstelle? n Boer maak mos 'n plan?
.220

weet iemand wat is SA jagters se opinie hieroor?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Swift
Ek is nou regtig nie taalkundige nie, maar al wat ek wys kon word(ken nie regtig vorige jaar se voorstel so goed nie) is dat:
1. Jy eers die jakkals/kat moet as die skuldige kan bewys voordat jy kan optree, intussen vreet hy.
2. Die skuldige met alles behalwe dodelike-metodes eers op sy plek moet sit.
3. As punt2 faal, moet jy permit kry om skuldige aan die pen te laat ry en die skuldige dan mag skiet of doodmaak(met gif ens).
Punte 1-3 is ook net van toespassing as jy(boer) nie skuldig bevind word as lakse boer en jou eiendom(vee en infrastruktuur) verwaarloos nie.
As jy van gif gebruik gemaak het om skuldige onskadelik te stel, moet jy die lyk dadelik begrawe ten minste 1meter diep, of verwyder of vernietig. Wat hulle nie noem nie, is WAAR?. Hulle wil seker lykskouing kom doen. Jy kan seker aangekla word vir :"Die vernietiging van bewysstukke"!
Wie is gekwalifiseer om gif, roep-en-skiet, slagysters(soft traps se moer) en honde te mag gebruik? Wie gaan hulle kwalifiseer? Wie gaan die Kwalifiseerders oplei? Wie?
Wie kan wette maak vir die boere/vee eienaars as die wetmaker nie eers die boere/vee eienaars verteenwoordig of goedgesind is nie.
Groetnis van deurmekaar
Tafjak
.....ja, ook maar deurmekaar gestel(die voorgestelde wetgewing) sou ek s?.Ek's bietjie bekommerd oor die forum lede se louwarm respons tot op hede...
Ek is nou regtig nie taalkundige nie, maar al wat ek wys kon word(ken nie regtig vorige jaar se voorstel so goed nie) is dat:
1. Jy eers die jakkals/kat moet as die skuldige kan bewys voordat jy kan optree, intussen vreet hy.
2. Die skuldige met alles behalwe dodelike-metodes eers op sy plek moet sit.
3. As punt2 faal, moet jy permit kry om skuldige aan die pen te laat ry en die skuldige dan mag skiet of doodmaak(met gif ens).
Punte 1-3 is ook net van toespassing as jy(boer) nie skuldig bevind word as lakse boer en jou eiendom(vee en infrastruktuur) verwaarloos nie.
As jy van gif gebruik gemaak het om skuldige onskadelik te stel, moet jy die lyk dadelik begrawe ten minste 1meter diep, of verwyder of vernietig. Wat hulle nie noem nie, is WAAR?. Hulle wil seker lykskouing kom doen. Jy kan seker aangekla word vir :"Die vernietiging van bewysstukke"!
Wie is gekwalifiseer om gif, roep-en-skiet, slagysters(soft traps se moer) en honde te mag gebruik? Wie gaan hulle kwalifiseer? Wie gaan die Kwalifiseerders oplei? Wie?
Wie kan wette maak vir die boere/vee eienaars as die wetmaker nie eers die boere/vee eienaars verteenwoordig of goedgesind is nie.
Groetnis van deurmekaar
Tafjak
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
.220 Swift
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Tafjak
Dis juis die probleem met die voorgestelde wet - teen die tyd dat al die admin afgehandel is, is jare verby voordat die boer wettiglik iets kan doen. Teen daai tyd is die kleinveebedryf vernietig.
Tans kan die boer of sy afgevaardigde (lees jy en ander "molle"/ministers van middernagtelike sake
)onmiddelik optree as skade gedoen word - en steeds is dit 'n gesukkel.
Ek is nie 'n boer nie en ek verdien ook nie 'n inkomste uit ondier bestryding nie - tog is ek bitter bekommerd oor wat gaan gebeur (ek hou van Karoo lam, sien, en dit verskaf my 'n blye vooruitsig dat die opsie om jakkalse en katte te skiet, wel bestaan )
Word daar enigsens erens planne gemaak om as 'n groep/forum die ding te keer want hier gaan niks aan nie? Die tyd gaan verby - lyk my die ouens wat die meeste hieronder gaan ly, het nog nie wakker geskrik nie!

Maar geen rede hoekom ons nie hier so bietjie kan redekawel nie.
Mooiloop
....gelukkig lyk dit net so. Baie reaksies en voorstelle word ge-epos na Jaracal wat dit verwerk na een voorstel.lyk my die ouens wat die meeste hieronder gaan ly, het nog nie wakker geskrik nie!
Maar geen rede hoekom ons nie hier so bietjie kan redekawel nie.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Swift
Wat ek vergeet het is: Dat die voorstelle(vir wetgewing) reeds op die 1ste Oktober op die tafel moet wees vir die daaropvolgende jaar wat meer tyd kan gee vir teenvoorstelle. Anders gaan hulle volgende jaar die "Witskrif" eers die 1ste Desember vrystel en die reaksie tyd verkort na 2weke!

- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Sorry manne,
Ek het hom die naweek gelees en goed gemerk wat ek iets wou oor vra en hom lekker weggegooi nadat ons op die baan was Saterdag.
sal vannaand gou weer 'n plan maak om weer deur te gaan.
Groete
Hein

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Net hier my idee gee van pad vorentoe.
1) Gee as Jaracal Forum voorstelle vir wetgewing.
2) Kry solank koste opgawe vir advokaats opinie oor wetgewing (geen noemenswaardige veranderings is aangebring met vorige onderhandelings en voorstelle nie)
3) Doen geld insameling vir onkoste bv R100-00 per forum lid = R70 000-00+ of R1000-00 per forum lid = R700 000-00+
4) Indien wetgewing geplaas/goedgekeur word - kry hof interdik teen die wetgewing en gaan hof toe oor regte wat aangetas word en ons misdadigers maak (selfde as geding teen SAP).
5) Kry verteenwoordegers in sekere streke om boere te organiseer. Ek het reeds met 'n paar boere gepraat en sal hulle met graagte bydrae.
6) Lyk of ons maar self hier sal moet inspring en die ding stuit. (Ek dink regtig praat en voorstelle sal nie meer werk nie so ons sal moet oorgaan tot aksie)
Laat weet my hoe julle daaroor voel.
Groete
Heinrich
1) Gee as Jaracal Forum voorstelle vir wetgewing.
2) Kry solank koste opgawe vir advokaats opinie oor wetgewing (geen noemenswaardige veranderings is aangebring met vorige onderhandelings en voorstelle nie)
3) Doen geld insameling vir onkoste bv R100-00 per forum lid = R70 000-00+ of R1000-00 per forum lid = R700 000-00+
4) Indien wetgewing geplaas/goedgekeur word - kry hof interdik teen die wetgewing en gaan hof toe oor regte wat aangetas word en ons misdadigers maak (selfde as geding teen SAP).
5) Kry verteenwoordegers in sekere streke om boere te organiseer. Ek het reeds met 'n paar boere gepraat en sal hulle met graagte bydrae.
6) Lyk of ons maar self hier sal moet inspring en die ding stuit. (Ek dink regtig praat en voorstelle sal nie meer werk nie so ons sal moet oorgaan tot aksie)
Laat weet my hoe julle daaroor voel.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Heinrich
Ek hou van punt 6. Die ding moet maar deur die manne op die grond gedryf word, die ander in die lugverkoelde kantore slaap te lekker.
My stem het jy!
Ek hou van punt 6. Die ding moet maar deur die manne op die grond gedryf word, die ander in die lugverkoelde kantore slaap te lekker.
My stem het jy!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
.220 Swift
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Uitstekend Jaracal!
Weet ons wat die presiese afsnydatum is vir voorstelle en wat die proses daarna is?
Wat se die regskundige van interdikte? So ver ek weet moet dit op die regte tyd gedoen word en kos dit geld!
Is daar 'n trustfonds waarin ons geld kan deponeer?
My opinie is dat die hele proses gehalt word tot tyd en wyl die regering 'n samevattende wet kan voorle - tans klink dit my is daar net te veel departemente betrokke met konflikterende verwagting? Daarom dink ek moet ons primer konsentreer op dit wat nodig is om 'n interdik te kry - dis waar die regskundiges inkom. Maar ons forum lede kan baie van die voetwerk self doen en kostes bespaar.
Ambessa lewer elders op die forum ook kommentaar oor al die "hande" betrokke aan regeringskant - wat administratiewe chaos gaan veroorsaak. Ons moet op die forum probeer om alle gesprekke oor die onderwerp onder een dak te hou - ten minste moet ons linker en regter van mekaar weet.
Is daar nie prokerowers op die forum wat bietjie opinies /insette kan lewer nie?

Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Heinrich ek is eens met jou voorstel. Ek het daai dokument so deur gescan en ek hou glad nie van wat ek sien nie. Ek stel voor dat ons 'n pol oopmaak en stem vir jou voorstel. Nie dat ek twyfel nie - jy het my stem klaar. Maar ek wonder oor die res wat so stil is 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Eerstens is die datum vir insette tot 26 Desember 2010. Daarna sal hulle dit verwerk en wetgewing in die staatskoerant publiseer.
Nou soos ek dit sien het amper niks verander van die eerste vergadering in 2006 nie. So ons insette het niks gebaat nie, honderde manure ens was dus vermors en word die ouens wat "kastig" onderhandel aan hulle neuse rond gely. Ek wil hier net die bal aan die rol sit om hulle sneeubal te stop.
Ek dink nie jy kan 'n interdik kry teen voorgestelde wetgewing wat vir kommentaar uitgesit is nie, dit sal oneffektief wees want dit is dan juis uit vir insette van die publiek. Jy sal eers sien of die insette gewerk het indien hulle die wetgewing publiseer en dan kan jy 'n interdik kry. Kostes sal ons he^. Eerstens 'n advokaats opinie en dan die interdik ens. sien punt 2 van my skrywe.
Die hele proses van die wetgewing gaan nog 'n rukkie besig wees maar ek wil nie soos Weskaap Agri met my broek op die kniee gevang word en niks kan uitrig nie. So ons sal nou reeds ons voetwerk moet doen.
Ek sal later met die samevatting die forum se kommentaar en insette daarstel vir download of lees.
Groete
Heinrich
Nou soos ek dit sien het amper niks verander van die eerste vergadering in 2006 nie. So ons insette het niks gebaat nie, honderde manure ens was dus vermors en word die ouens wat "kastig" onderhandel aan hulle neuse rond gely. Ek wil hier net die bal aan die rol sit om hulle sneeubal te stop.
Ek dink nie jy kan 'n interdik kry teen voorgestelde wetgewing wat vir kommentaar uitgesit is nie, dit sal oneffektief wees want dit is dan juis uit vir insette van die publiek. Jy sal eers sien of die insette gewerk het indien hulle die wetgewing publiseer en dan kan jy 'n interdik kry. Kostes sal ons he^. Eerstens 'n advokaats opinie en dan die interdik ens. sien punt 2 van my skrywe.
Die hele proses van die wetgewing gaan nog 'n rukkie besig wees maar ek wil nie soos Weskaap Agri met my broek op die kniee gevang word en niks kan uitrig nie. So ons sal nou reeds ons voetwerk moet doen.
Ek sal later met die samevatting die forum se kommentaar en insette daarstel vir download of lees.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Freek die forum staan vir die regte van boere en jagters wat deur die voorgestelde wetgewing op inbreuk gemaak word en dit is wat ons gaan beveg. So geen stemming is nodig nie. Die ouens wat 'n bydra wil maak hetsy deur pen en papier of deur die "R" 100 vorm sal eerbaar gelys word.Freek wrote: Ek stel voor dat ons 'n pol oopmaak en stem vir jou voorstel.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Ok het hom nou gisteraand weer deurgelees en merkies gemaak waar ek vrae op het.
Oom Hein moet ek die vrae na Oom toe stuur of hier op die forum opsit?
My stem is ook in.
Kalahari groete
Hein
Oom Hein moet ek die vrae na Oom toe stuur of hier op die forum opsit?
My stem is ook in.
Kalahari groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Namib
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Middag oom Hein
Pen en papier, nie my sterk punt nie. Wat die R100.00 betref , myne x2 het jy.Laat weet net waar na toe.
Sterkte
Pen en papier, nie my sterk punt nie. Wat die R100.00 betref , myne x2 het jy.Laat weet net waar na toe.
Sterkte
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
PM of e-pos my die voorstelle.
Ek sal dit graag wil saamvat in een dokument.
Groete
Heinrich
Ek sal dit graag wil saamvat in een dokument.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- CHRIS
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Heinrich
Ek ook nie goed met woorde nie , laat weet hoe en wat . Ek kry nie pal in die hande nie, grond gekoop net buite Noupoort .Hy is advokaat , ek dink nou Bfn of nog Pretoria, jakkals an katte eet hom ook kwaai, so ek wonner of hy nie sal help nie, hy is willem v reenen.
Groete Chris
Ek ook nie goed met woorde nie , laat weet hoe en wat . Ek kry nie pal in die hande nie, grond gekoop net buite Noupoort .Hy is advokaat , ek dink nou Bfn of nog Pretoria, jakkals an katte eet hom ook kwaai, so ek wonner of hy nie sal help nie, hy is willem v reenen.
Groete Chris
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Chris
Dit is goed om sulke inligting te kry.
Sal laat weet hoe ons gaan maak later.
Groete en dankie
Heinrich
Dit is goed om sulke inligting te kry.
Sal laat weet hoe ons gaan maak later.
Groete en dankie
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Lewer asseblief kommentaar op voorgestelde wetgewing
Hallo Heinrichjaracal wrote: PM of e-pos my die voorstelle.
Ek sal dit graag wil saamvat in een dokument.
Is dit moontlik om die "draft" samevatting een of ander tyd te post dat ons jou nie toegooi met duplisering nie.
Net 'n voorstel
D