Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by PWV »

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by mariusr »

Net wat ek nog altyd se geen dier is 40mil werd nie! Die syfer is op gemaak en soos gese word die"bubbel" gaan nog bars verseker! Ek stel in elke geval glad nie belang om enige "smartie" diere te jag en so ook mak buffels wat in die kraal groot geword het nie!!!!
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by grumpy »

Stem saam met Marius. Ek jag die dier in die bos en nie sy kleur. Die kleur variasies trek miskien die oorsee se jagters maar doen niks vir my. Volgens my is dit n frats dier en dan wil die boere ten duurste he vir hom.

As ek n wildsplaas gehad het en daar is frats diere sal ek hulle vinnig uit skiet voor dit die hele trop op neuk. Dis net soos n Albino! Al sy nasie se mense wil hom vir muti gebruik!!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by Capt. Yoda »

grumpy wrote: Dis net soos n Albino! Al sy nasie se mense wil hom vir muti gebruik!!

LMGA
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by Stefan764 »

Johan so jy eerlikwaar jy sou as jy n troppie rooibokke gehad het en daar dop n swarte uit hom eerder vrekskiet as om hom te laat jag vir R60k of te verkoop vir R240k ?? Eerlikwaar?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by Geno »

grumpy wrote: As ek n wildsplaas gehad het en daar is frats diere sal ek hulle vinnig uit skiet voor dit die hele trop op neuk. Dis net soos n Albino! Al sy nasie se mense wil hom vir muti gebruik!!
Ek kan jou waarborg dat jy nie die sneller sal kan trek nie!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by grumpy »

Ek is seker ek sal die sneller trek. As n man kom om die bok te koop moet hy gou geld neer sit en die bok vat. Ek kan nie dink dat ons voorouers met sulke spesies te doen gekry het nie. Is dit nie inteling of soos ek gese het dis soos n albino-freak dier?

Ja miskien sien ek dit anders as ander maar ek sal die bloedlyn wil skoon hou! Ek weet nie van een so baster spesie wat n Roland ward gemaak het nie. Seker as sy eie spesie want daar is geen ander swak bloedlyn bokke nie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by mariusr »

Stem saam op my wildsplaas geen "smartie" diere nie ! Net gewone koedoes, rooibokke,Bwb ens, Wil ook nie slaaplose nagte he en wonder of my R300duisend of 1mil bok die nag oorleef het nie! Ek sal in elke geval nie daai pryse vir "smartie" diere betaal nie om aan te koop nie!!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by Stefan764 »

hehehe
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by Dimitri »

Even if a farmer is against colour variations: He will still allow someone to shoot the colour variant at a high price then he gets lots of $$$$ and his herd will be "pure" again. Nobody would turn away the kind of money that the colour variation can fetch.

There are many entries in Rowland Ward where a note has been made next to that record indicating that it was a "white specimen" or "black specimen". I have not noticed "copper, gold or pied" entries yet.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by tripodmvr »

Hierdie kleur variante is 'n groot piramiede skema. As daar nou 'n oorskot van die diere beskikbaar is wie gaan die hoë pryse betaal as die mark dan versadig is. Daar is net 'n beperkte aantal oorsese jagters wat moontlik so 'n afwyking wil skiet.

Die uitbou van die nyala, swartwitpens en bastergemsbok troppe het nog redelik om te gaan voor daar volop van hulle gaan wees. Die buffels lyk my begin al klaar na oorskot beweeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by Jassie »

tripodmvr wrote:Hierdie kleur variante is 'n groot piramiede skema. As daar nou 'n oorskot van die diere beskikbaar is wie gaan die hoë pryse betaal as die mark dan versadig is. Daar is net 'n beperkte aantal oorsese jagters wat moontlik so 'n afwyking wil skiet.
Driepoot

Hulle noem dit "die Mark" en word gedryf deur "vraag en aanbod" nie waarde nie.

Dis soos die ou storie van die een (1) liter water in 'n bottel in die woestyn, wat is sy prys? Beslis nie dieselfde prys vir een (1) liter water as dit langs die deursigtige waterstoompie aangebied word nie.

Daarom verdien "Landmeters" meer as "carguards" want daar is minder van hulle en is hulle ook nie so maklik as "guards" om te vervang nie.

Groete
JAS

PS Trek sommer bietjie die ou stoeres se been.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by tripodmvr »

Daarom verdien "Landmeters" meer as "carguards" want daar is minder van hulle en is hulle ook nie so maklik as "guards" om te vervang nie.


Die son brand die hel uit ons albei!!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by mariusr »

Kry 'n bleddie hoedjie! :o :): ++>:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by tripodmvr »

mariusr wrote:Kry 'n bleddie hoedjie! :o :): ++>:
Daardie ding kan nie orals keer nie, dan noem jy hom 'n tent.

Die vergelyking met die water in die woestyn hou nie heeltemal water met die wildkwessie nie. Jy het nie die wild nodig om aan die lewe te bly nie. Hierdie is uit en uit 'n saak van geldmaak. Die vleis van beide blou en goue wildebeeste is dieselfde - dus as hy vrek sal ek nie meer vir sy vleis wil betaal nie. Terwyl die proses in die opwaartse fase is is daar manne wat groot geld maak. By versadigingspunt gaan die boer omtrent net weer met die vleiswaarde sit. Kyk wat het met wit en gewone blesbokke gebeur.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by Giepie »

Ek het nie 'n probleem met die buffelbul nie. Die groot bulle en koeie is al uitgeskiet, so die gene van daardie diere raak al skaarser. Deur die uitskiet van die groot diere word op informele wyse genetiese manupilasie toegepas, maar na die ander kant toe, iets wat ons nie eintlik wil hê nie. Almal wil graag groot diere skiet, meer vleis vir biltong, en natuurlik om te kan spog. ;D

Ek het geen begeerte om spesifiek 'n "gekleurde" dier te skiet nie. Ek het nie regtig plek vir trofees nie en begin die velle al meer verwerk na leer om dit so te gebruik. As die bok dieselfde prys is en dit is die een wat die beste skoot bied sal ek dit skiet, nie omdat dit anders lyk nie, maar omdat dit beskikbaar is.

Het al 'n "wit" blesbok trofee gesien, was nie vir my mooi nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by grumpy »

Oom DRiepoot, kry n sombrero. HY is wyd genoeg en lyk soos n beach umbrella!!! ;D ;D ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by tripodmvr »

Julle is nou baie dapper. Sal julle eendag in die middel van die somer nooi om saam met my die rondtes van Vader Cloete daar buite in die warm son te gaan doen. Bring net jou pik en graaf - die bakens van eiendomme is skaam en kruip onder die grond weg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Maak kleur-teling wild gewilder/duurder?

Post by PWV »

Ek gaan 'n "portable air-conditioner" patenteer wat jy op jou rug dra en koel lug by jou hempsmoue inpomp! Landmeters en "car-guards" sal dit sekerlik koop>:+
Post Reply