Minimum lone-2014

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Minimum lone-2014

Post by Kallie404 »

Hello manne,

Ek kry gister Landbou weekblad se elektroniese nuusbrief. Daarin is geskryf dat die vakbonde mik vir R200.00 per dag loon vir plaas arbeid vir volgende jaar maar dat ekonome voorspel dat dit rondom R 150.00 sal wees. Ek kon amper nie hierdie jaar se verhoging absorbeer nie, nou wonder ek wat le vir ons voor?

Wat dink julle manne >:(
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by Foxcreek »

Hulle gaan hulle self uit die mark uit prys.
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by Kallie404 »

Foxcreek wrote:Hulle gaan hulle self uit die mark uit prys.
Foxcreek,dit is so maar wat gaan ons manne wat arbeids intensiewe boerderye het doen? Ek weet wragtag nie.........
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by cassie_calvinia »

belaglik
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by Pvdw »

So dryf onkunde die land in die grond in!!

Sterkte aan die boere.

Peet
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by douw »

Ons het twee jaar gelede 'n groothandel saailing kwekery begin. Die ding groei ongelooflik vinnig. Ons het egter nou besluit dat ons nie ons arbeidsmag gaan vermeerder nie. My skoonpa in Bloem het dieselfde kwekery, en gaan elke jaar ten minste een keer Europa toe vir nuwe tegnologie asook planne.

Hy werk nou tans met ongeveer 'n kwart van die hoeveelheid werkers as wat ander kwekers van sy grootte mee werk.

My planne vir volgende jaar sluit alreeds in "boom-sprayers" wat gaan meebring dat ek op 'n naweek self binne 'n kort tydjie 4000 vkte meter effektief kan natgooi.

As ons uitbrei soos die afgelope 2 jaar, sou ons baie meer werkers kon aanstel, maar met die huidige lone en al die str@#%t wat met te veel werkers gepaardgaan, gaan tegnologie en meganisasie beslis wen.

Lekker aand
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by Wayne »

Hi all
I have reduced my farm staff by 3, just have to do things a little slower now, but, get done they will. I also have a feed factory with 4 staff and now they get paid per bag mixed, they are a bit dik-bek but I could not care, if they want to waste time, it is not mine they are wasting. No longer can one afford to pay without production. So here starts the whole circle.
More unemployment - no money for food - crime
Wayne
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Minimum lone-2014

Post by Riaan Beeslaar »

Verkoop alle lewende hawe op die plaas en implemente, sny al die vrugtebome en jaag die werkers weg.
Dan sal ek maar liewer op die stoep sit en my geld uit drink as om my geld uit te boer agv IDIOTIESE VAKBONDE.
Groete
Riaan
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by Wismit »

Enigste antwoord is maar om te meganiseer en dan ook maar om meer dinge self te doen. Dis moeilik maar dit kan gedoen word.

W.S
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by Kallie404 »

Wismit wrote:Enigste antwoord is maar om te meganiseer en dan ook maar om meer dinge self te doen. Dis moeilik maar dit kan gedoen word.

W.S
Dis nou juis waar ons probleem le, ek boer hoofsaaklik met groente en n mens kan net tot op n punt meganiseer en dan niks verder nie.
henti
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by henti »

On sit met n groot probleem ek moes ook afleggings doen en die volgende staking is oppad ek weet hoe landbou hier om gaan kom nie
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by vossie1 »

Ek boer nie,maar ek kry julle manne wat arbeids intensief boer baie jammer,waar is die dae van bandiet arbeid,nou sit hulle en videos kyk heeldag. My neef hulle boer met avos en hulle is ook nou besig om die bome te vervang met makedamia neute,dit verander hulle arbeid van 5man per hektaar na een man per 5hektaar.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Minimum lone-2014

Post by Riaan Beeslaar »

Ek is ook in die proses om al my avo bome uit te haal vir dieselfde rede vossie
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Minimum lone-2014

Post by JuanVE »

Dis belaglik, die onderhandeling was geteken vir die volgende 3 jaar. Die vakbonde maak net wat hulle wil ongeag hoeveel arbeiders hul werk verloor.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by cassie_calvinia »

vakbonde maak net wat hulle wil ongeag hoeveel arbeiders hul werk verloor.
so ook die rigering. ons rigering, en vakbonde worry niks oor sy eie mense nie. dit is net self ver ryking. verder voel hy niks vir sy eie mens nie. hou hul net snaaks.
maar ja, met die nasie se inteligensie, dink jul hul besef dit?
HOU HOM DAAI DIKTE
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by vossie1 »

Ja nee Riaan hulle se hulle is gatvol vir arbeiders en hulle "demands" hulle bly verniet en betaal geen water en krag nie maar hulle wil net he,ons het mos kaste vol geld en dit groei sommer oornag. Die unies en goverment bly in weelde terwyl hulle mense kripeer maar die bliksims is te dom om dit te besef
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Minimum lone-2014

Post by Riaan Beeslaar »

Vossie jy weet die boere het ook geen regte meer as dit by plaaswerkers kom nie. Ek het die naweek vir van die werkers gese dat hulle klaar maak aan die einde van die maand agv die boerdery struktuur wat verander en het sopas verneem hulle het CCMA toe gehardloop oor sogenaamde onregverdigge ontslag, die tipe goed maak mens sommer goed die moer in. Dit is hoekom party klein boere sommer net als verkoop en in die dorp gaan bly.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Minimum lone-2014

Post by Eugene »

Riaan Beeslaar wrote:Vossie jy weet die boere het ook geen regte meer as dit by plaaswerkers kom nie. Ek het die naweek vir van die werkers gese dat hulle klaar maak aan die einde van die maand agv die boerdery struktuur wat verander en het sopas verneem hulle het CCMA toe gehardloop oor sogenaamde onregverdigge ontslag, die tipe goed maak mens sommer goed die moer in. Dit is hoekom party klein boere sommer net als verkoop en in die dorp gaan bly.
Riaan, baie van die Kommissarise by die CCMA doen ook privaat werk as Arbeidskonsultante. Ek besef dat dit jou 'n paar rand gaan kos, maar kry een van hulle om jou by te staan in die afleggingsproses. My pa het een afdeling van sy boerdery gestaak en het 'n CCMA Kommissaris gebruik om die afleggingsprosedure te hanteer. Geen van die ander CCMA Kommissarisse kon (wou) fout vind met die proses nie en dit het uiteindelik in die Arbeidshof gaan draai, waar die Regter steeds in ons guns beslis het en die "prokureur" wat die saak namens die 5 werkers hanteer het, moes uiteindelik die koste uit sy sak betaal! Die ouens by die CCMA is gewoonlik maar negatief ingestel teen werkgewers in die algemeen en spesifiek boere.... Beskerm jouself teen baie koste en drama en doen dit van die begin af reg! Ek kan jou belowe dis die moeite werd! :)
Aim small, miss small
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Minimum lone-2014

Post by Riaan Beeslaar »

Eugene, baie dankie dis baie goeie raad. Ek gaan sommer vandag nog uitvind
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by vossie1 »

Sterkte Riaan,eugene het goeie raad gegee kry n man aan jou kant so gou moontlik! anders gaan hulle jou probeer melk en frustreer soos net hulle kan.
slang
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:11 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by slang »

Ek moes my tamatie tonnel boerdery staak agv hoe arbeid koste, en ek het goeie geld gemaak met my tamaties. Niemand hier rond het tematies geplant. Tonnel is tans afgebreuk en le in my stoor. Selfde storie met my vark boerdery, het tussen 500 en 600 varkies n jaar bemark, goeie geld gemaak maar die ONBETROUBARE DUUR arbeid het my gedwing om hulle ook als te stop,
Nou het ek net my skape, melkbokke en paar slag bees, is ook besig om my krale te verander dat net ek en die skaaphond die trop in die kraal kan kry. Het ook n mobiele laaibank.

Groete
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by wlm »

Slang
Jy raak nou 'n belangrike punt aan. Skaapboere sal ook moet begin kyk na maniere om op arbeid te bespaar. Onthou, 56% van boere in die Noordkaap se omset is kleiner as R500 000. Al gebruik die boere dus min arbeiders bly dit een van die grootste koste-komponente.
Die Aussies het al maniere om diere vir ekto-parasiete te behandel, lammers van 'n sekere gewig outomaties by waterpunte uit te keer,ens. Ons sal moet vinnig planne maak anders kan ons dieselfde probleme as die meer arbeids-intensiewe boerderye ervaar.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by 2vierniks »

Ek weet wragtag nie waarheen hulle op pad is nie. As 'n mens luister na malema se standpunte kan mens nie glo of verstaan hoe hulle redeneer nie...
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Minimum lone-2014

Post by Alwin »

Riaan Beeslaar wrote:Eugene, baie dankie dis baie goeie raad. Ek gaan sommer vandag nog uitvind
Riaan, kontak my as jy 'n arbeidskonsultant benodig. Baie gawe oom, weet wat hy doen en ook nie onnodig duur nie.
Graham W
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Fri Apr 01, 2011 10:03 am

Re: Minimum lone-2014

Post by Graham W »

Manne ek prober so min nuus kyk en lees as moontelik. Dit maak n boer net negatief. Dit bly n vooreg om te boer veral in die land van ons, gaan kyk n bietjie hoe sukkel boere in ander lande en wat se groote eenede hulle boer om lewens vatbaar te wees. Ja ons is bederf met arbeid tot dusver, maar ons sal maar planne moet maak voorentoe om sonder so baie arbeid klaar te kom. Ons weet dit is polities gedruif, maar wat vir my die dinges in maak is dat daar nog boere is wat nie lid by georganiseerde landbou is nie en nog steeds wil vinger wys. Ek het nog buurmanne wat wuier om te stem maar elke dag kla oor wat in ons land aangaan. Ek gaan nou ophou skruif ek raak nou kwaad, gaan nou eder wingerd gaan plant en nog geld uitgee op arbeid............
Post Reply