"maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
-
Dant
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am

Hello kerels,
My pa was 'n kranige jagter in sy jonger dae maar was so 3 jaar gelede in 'n motorongeluk waarin hy sy regterhand sleg gebreek het. Die hand het nou al sodanig herstel dat hy die geweer kan vashou maar dit is vir hom baie moeilik om die sneller te trek. Hy het ook nie meer gevoel in sy wys en middel vinger nie wat die saak verder bemoeilik.
Weet iemand wat 'n elektriese/ander tipe sneller of iets wat mens op die geweer kan sit wat dit vir hom moontlik sal maak om maklikker te skiet?
Dankie.

THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Dant, het hy al probeer om linksom te skiet, maw die geweer in linker skouer vas te druk en sneller met linker voorvinger te druk?
-
Dant
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Jip, die probleem is dat sy regterhand nie sterk genoeg is om die geweer te ondersteun nie.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Wat van CZ met set sneller wat baie lig is - dan kan hy met sy regter vinger regkom?
Of dalk regter ring vinger.
Of dalk regter ring vinger.
-
Dant
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Hy het klaar 'n 270 Musgrave
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Wat van so iets.
http://www.beadaptive.com/images/test1.jpg
Dit kom van die site, maar dalk kan mens self so iets ontwerp : http://www.beadaptive.com/pages/tm100.htm

Jannie Welman
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Ek verbeel my dat ek baie lank gelede 'n artikel in Gun Digest gesien het wat spesifiek daaroor gegaan het.
Die modifikasie wat ek kan onthou is basies 'n L-shaped staal rod (so dik soos 'n welding rod) wat parallel teen die regterkant van die geweer vasgesit word binne in 'n dun plastiek pypie/strooitjie. Basies van waar jou linkerhand die kolf voor vas hou, terug tot by die sneller. Die voorste punt het 'n plat knop aan en die agterste L gedeelte krul in die snellerbeul in en rus reg voor die sneller. Om die sneller te aktiveer, moet die plat knop net effens terug gedruk word met die wysvinger van die linkerhand. Die rod beweeg dan 'n paar mm terug en aktiveer die sneller.
Ek het self so 'n ou "probleempie" gehad nadat ek in 'n ongeluk was, en terwyl ek aan die hestel was, het ek vir my .22 so patent aan die gang gekry. Dit was baie kru gedoen, ('n gebuigde stainless steel rod van 4mm dik, binne in 'n 5mm harde plastiek pypie) en sommer met duck tape aan die kolf vasgeplak, maar dit het gewerk en ek kon steeds skiet todat my vinger tot so 'n mate herstel het dat ek weer kon sneller trek.
Hoop jy verstaan wat ek bedoel, as jy nie verstaan nie, sal ek probeer om die ou boek in die hande te kry - daar is fotos in.

Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
-
Dant
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Dankie JTM...kan net in die US wees waar die branding op die produk groter as die produk self is.
Spanner jou plan maak sin...ek sal bietjie kyk of mens nie 'n prototipe op 'n windbuks of iets kan bou nie. klink redelik eenvoudig om aan mekaar te sit. mens moet net seker maar dat dit veilig is en die skoot nie per ongeluk afgedruk kan word nie. mens kan miskien self 'n pistol grip voor aanbou met 'n tweede sneller wat op so manier aan die gewone sneller vas is.
Spanner jou plan maak sin...ek sal bietjie kyk of mens nie 'n prototipe op 'n windbuks of iets kan bou nie. klink redelik eenvoudig om aan mekaar te sit. mens moet net seker maar dat dit veilig is en die skoot nie per ongeluk afgedruk kan word nie. mens kan miskien self 'n pistol grip voor aanbou met 'n tweede sneller wat op so manier aan die gewone sneller vas is.
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Die sneller was verander toe die luggeweer oorgebou is in Bullpup vormaat. Hiervoor moes die sneller voorentoe geskuif word. Dit kom basies neer op iets soortgely wat Spanner gedoen het.
http://www.airrifle.co.za/attachment.php?attachmentid=33707&d=1259501187
http://www.airrifle.co.za/attachment.php?attachmentid=33707&d=1259501187
Jannie Welman
-
Dant
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Sep 06, 2013 11:19 am
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Ja daai lyk soos 'n plan wat kan werk. sal bietjie kyk wat mens kan doen en 'n foto of twee opsit van die finale produk.
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Ja, JTM se plan is amper dieselfde. Die L shaped stukkie rod kan weggeswaai word, uit die snellerbeul uit as veligheidsmeganisme. As jy wil skiet, vat jy die gebuigde stukkieen swaai dit weer terug in plek voor die snaller, en jy kan laat waai. Maklik, vining en veilig.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: "maganise" sneller vir 'n gebreklike regterhand
Raait, ek het die boek gaan uitsnuffel en hier is 'n foto van hulle patent. Dis meer "fancy" as die een wat ek gemaak het, maar die prinsiep is dieselfde. Behoort maklik te wees om te maak en werk soos 'n droom. Ek het die foto groot gemaak om detail te wys.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.