Goeiedag
Ek het 'n model D 270 Musgrave met 'n K98 aksie en het 'n paar vrae, as iemand my dalk kan help:
- Eerstens wil ek weet wat die groefdraai is? Ek het 'n vermoede dit is 1 in 10, maar wil seker maak.
- Tweedens, bo op my aksie staan daar 1936. Is dit die jaar waarin my aksie vervaardig is? Ek vermoed die geweer was in die laat 80's of vroee 90's gebou.
Enige terugvoer of inligting sal waardeer word.
Ek wil ook graag meer uitvind oor Musgrave se vol geskiedenis, as iemand so 'n artikel het?
Ek heg 'n paar fotos van my geliefde Musgrave aan.
Musgrave 270 groefdraai
-
Nils
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Sun Jun 30, 2013 10:33 pm
Musgrave 270 groefdraai
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.270; 9mm; .303; 12 Boor
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3612
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Musgrave 270 groefdraai
Meet hom. Skoonmaak stok met stywe borsel. Maak merk en stoot hom deur en meet hoe ver vir 1 omwenteling.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Musgrave 270 groefdraai
Nills
Ek sien jy's in Bloem. Vat hom Gerrie Coetzee toe, hul behoort jou te kan help met die geskiedenis en alles wat jy wil weet. My 270 lyk nes joune, van recoil pad tot die 4X40 Tasco.(ek kan verkeerd kyk). Ek het wel nog nie my geweer se draai bepaal nie. Die link kan jou dalk ook bhietjie meer inligting gee.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... era#p32290
Groete
Ek sien jy's in Bloem. Vat hom Gerrie Coetzee toe, hul behoort jou te kan help met die geskiedenis en alles wat jy wil weet. My 270 lyk nes joune, van recoil pad tot die 4X40 Tasco.(ek kan verkeerd kyk). Ek het wel nog nie my geweer se draai bepaal nie. Die link kan jou dalk ook bhietjie meer inligting gee.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... era#p32290
Groete
-
Nils
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Sun Jun 30, 2013 10:33 pm
Re: Musgrave 270 groefdraai
Heeltemaal reg. Dis die legendariese 4x40 tasco, maar hy waai ongelukkig binnekort vir 'n Lynx!
Groetnis
Groetnis
.270; 9mm; .303; 12 Boor
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Musgrave 270 groefdraai
Nils, jou geweer se groefdraai behoort 1:10 te wees. Dis ook die standaard vir 270 W.
Die aksie is in 1936 vervaardig, heel waarskynlik met 'n 8x57JS loop, in die duitse "karabiner" (karabyn) formaat. Die geweer was effens korter as die vorige "Gewehr 98". Soms is daar 'n 3-letter kode wat die vervaardiger aandui. Die voor-oorlogse aksies se metalurgie en verharding/tempering is goed. Teen die einde van die oorlog, was kwaliteitsbeheer nie meer so eksak nie...
Die Musgrave D98 is die "deluxe" weergawe. Dit verskil van die S98 (standaard) deur die ekstra ruitwerk, en Timney (of Thor?) sneller. Die veiligheidsknip is ook 'n 45 grade ombouing. Die L98 (light) was soortgelyk, maar met 'n 22" loop i.p.v. 24 en ligter voorlaai met "snabel".
Akkuraatheid behoort uitstekend te wees, met die regte ladings.
Geniet!
Die aksie is in 1936 vervaardig, heel waarskynlik met 'n 8x57JS loop, in die duitse "karabiner" (karabyn) formaat. Die geweer was effens korter as die vorige "Gewehr 98". Soms is daar 'n 3-letter kode wat die vervaardiger aandui. Die voor-oorlogse aksies se metalurgie en verharding/tempering is goed. Teen die einde van die oorlog, was kwaliteitsbeheer nie meer so eksak nie...
Die Musgrave D98 is die "deluxe" weergawe. Dit verskil van die S98 (standaard) deur die ekstra ruitwerk, en Timney (of Thor?) sneller. Die veiligheidsknip is ook 'n 45 grade ombouing. Die L98 (light) was soortgelyk, maar met 'n 22" loop i.p.v. 24 en ligter voorlaai met "snabel".
Akkuraatheid behoort uitstekend te wees, met die regte ladings.
Geniet!
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Musgrave 270 groefdraai
Snaaks genoeg ek't myne ook vervang met 'n Lynx.Nils wrote:Heeltemaal reg. Dis die legendariese 4x40 tasco, maar hy waai ongelukkig binnekort vir 'n Lynx!
Groetnis
-
Nils
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Sun Jun 30, 2013 10:33 pm
Re: Musgrave 270 groefdraai
Dankie vir die terugvoer. Dit is altyd lekker om te sien daar is mense wat dieselfte belangstelling en passie het vir die geskiedenis en 'n stuk Afrikana.
338LM, dit klink of jy die Mauser/Musgraves goed ken!
Ek is baie gelukkig met my Musgrave - Die ou man skiet nog mooi!!! Ek twyfel of die geweer meer as 100 skote in sy lewe geskiet het.